Mount Whitney
Mount Whitney | |
---|---|
Ligging | Kalifornië, Verenigde State |
Hoogte | 4 421 meter bo seevlak |
Reeks | Sierra Nevada |
Koördinate | 36°34′43″N 118°17′31″W / 36.57861°N 118.29194°W |
Bergtipe | Granietgesteente |
Rotsouderdom | Krytperiode |
Eerste bestyging | 18 Augustus 1873 |
Eerste bestyger(s) | Charles Begole, Albert Johnson, John Lucas |
Maklikste roete | Mount Whitney-staproete |
Mount Whitney is die hoogste bergpiek in die samehangende staatsgebied van die Verenigde State op 'n hoogte van 4 421 meter bo seevlak. Die piek, wat na die staatsgeoloog Josiah Whitney (1819–1896) vernoem is, maak deel uit van die Sierra Nevada-bergreeks.
Mount Whitney is op die grens tussen die Kaliforniese counties Inyo en Tulare geleë, 136,2 kilometer wes-noordwes van die laagste punt in Noord-Amerika, Badwater in die Nasionale Death Valley-park (86 m benede seevlak). Sy westelike helling is binne die grense van die Nasionale Sequoia-park geleë, terwyl die bergspits die einde van die John Muir-staproete vorm wat vanaf Happy Isles in die Yosemite-vallei oor 'n afstand van 341 km na Mount Whitney loop. Die oostelike helling maak deel uit van die Nasionale Inyo-bosgebied in Inyo County.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mount Whitney.