Olimpiese Somerspele 2000
Spele van die XXVIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies bo Beijing, Berlyn, Istanboel en Manchester.
Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1956 in Melbourne die tweede wat in Australië asook in die Suidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeres Nikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede van Savage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens die Olimpiese Somerspele 1996, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.
Die Paralimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Sydney is op 23 September 1993 in Monte Carlo deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2000. Ander kandidate was: Beijing, Manchester, Berlyn en Istanboel.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2000[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | |
Sydney | Australië | 30 | 30 | 37 | 45 | |
Beijing | Volksrepubliek China | 32 | 37 | 40 | 43 | |
Manchester | Verenigde Koninkryk | 11 | 13 | 11 | — | |
Berlyn | Duitsland | 9 | 9 | — | — | |
Istanboel | Turkye | 7 | — | — | — |
Sporte
[wysig | wysig bron]28 Olimpiese sportsoorte in 300 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 300 goue medaljes oorhandig.
- Atletiek (46)
- Basketbal (2)
- Bofbal (1)
- Boks (12)
- Boogskiet (4)
- Driekamp (2)
- Fietsry
- Baan (12)
- Bergfietsry (2)
- Pad (4)
- Gewigoptel (15)
- Gimnastiek
- Artistiek (14)
- Ritmies (2)
- Trampolien (2)
- Handbal (2)
- Judo (14)
- Kanovaart
- Slalom (12)
- Snel (4)
- Moderne vyfkamp (2)
- Pluimbal (5)
- Roei (14)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Sagtebal (1)
- Seilvaart (11)
- Skermsport (10)
- Skyfskiet (17)
- Sokker (2)
- Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
- Taekwondo (8)
- Tafeltennis (4)
- Tennis (4)
- Veldhokkie (2)
- Vlugbal
- Vlugbal (2)
- Strandvlugbal (2)
- Watersport
- Gesinchroniseerde swem (2)
- Sierduik (8)
- Swem (32)
- Waterpolo (2)
Stadions
[wysig | wysig bron]30 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2000 gebruik:
Olimpiese Park Sydney
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
NSW Tennis Centre | Tennis | 10 000 |
Olimpiese Stadion Sydney | seremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd) | 110 000 |
State Hockey Centre | Veldhokkie | 15 000 |
State Sports Centre | Tafeltennis, Taekwondo | 5 006 |
Sydney Bofbalstadion | Bofbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | 21 500 |
Sydney Internasionale Boogskietpark | Boogskiet | 17 500 |
Sydney Internasionale Akwatiese Sentrum | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (mans se eindstryd) | 10 000 |
Sydney Super Dome | Basketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistieke/trampolien) | 18 200 |
The Dome and Exhibition Complex | Pluimbal, Basketbal, Gimnastiek (ritmies), Handbal, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Vlugbal (binnenshuis) | 10 000 |
Binne Sydney
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Blacktown Olimpiese Park | Bofbal, Sagtebal | 3 000 (bofbal), 2 000 (sagtebal) |
Bondi Beach | Vlugbal (strand) | 10 000 |
Centennial Parklands | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Dunc Gray Velodrome | Fietsry (baan) | 3 150 |
Strate van Sydney | Atletiek (maraton) | Nie gelys nie |
Noord-Sydney | Atletiek (maraton begin) | Nie gelys nie |
Olimpiese Seiljagwedvaart Shore Base | Seilvaart | 10 000 |
Penrith Whitewater-stadion | Kanovaart (slalom) | 12 500 |
Ryde Aquatic Leisure Centre | Waterpolo (vroue se eindstryd) | 3 900 |
Sydney Convention and Exhibition Centre | Boks, Skermsport, Judo, Gewigoptel, Stoei | 7 500 (gewigoptel), 9 000 (judo & stoei), 10 000 (boks & skermsport) |
Sydney Entertainment Centre | Vlugbal (binnenshuise eindstryd) | 11 000 |
Sydney Sokkerstadion | Sokker (vroue se eindstryd) | 42 500 |
Sydney Internasionale Ruitersentrum | Ruitersport | 50 000 |
Sydney Internasionale Regatta Centre | Kanovaart (sprint), Roei | 20 000 |
Sydney Internasionale Skietbaan | Skyfskiet | 7 000 |
Sydney-opera | Driekamp | Nie gelys nie |
Western Sydney Parklands | Fietsry (bergfietsry) | 20 000 |
Buite Sydney
[wysig | wysig bron]Stadion | Ligging | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Brisbane-krieketveld | Brisbane | Sokker | 37 000 |
Canberrastadion | Canberra | Sokker | 25 011 |
Hindmarsh-stadion | Adelaide | Sokker | 20 000 |
Melbourne-krieketveld | Melbourne | Sokker | 98 000 |
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | September | Oktober | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
25 Ma |
26 Di |
27 Wo |
28 Do |
29 Vr |
30 Sa |
1 So | |
Atletiek | 2 | 2 | 6 | 9 | 7 | 6 | 5 | 8 | 1 | ||||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
Bofbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | ||||
Boogskiet | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||||||||
Driekamp | 1 | 1 | |||||||||||||||||
Fietsry | 2 | 2 | 1 | 1 | 3 | 3 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | ||||||||
Gesinchroniseerde swem | ● | ● | 1 | ● | 1 | ||||||||||||||
Gewigoptel | 1 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ● | ● | 1 | 1 | |||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | ||||||||||||
Kanovaart | ● | 2 | ● | 2 | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | |||||||||
Moderne vyfkamp | 1 | 1 | |||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 1 | 2 | |||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | |||||||||||
Ruitersport | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | |||||||
Sagtebal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 3 | 1 | ● | 2 | 2 | 3 | ||||||
Sierduik | ● | 2 | 1 | ● | 1 | ● | 3 | ● | 1 | ||||||||||
Skermsport | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 2 | |||||||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 3 | 2 | 2 | |||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | |||||||
Stoei | ● | ● | 4 | 4 | ● | ● | 4 | 4 | |||||||||||
Swem | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | |||||||||||
Taekwondo | 2 | 2 | 2 | 2 | |||||||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||
Totaal | 0 | 0 | 0 | 13 | 14 | 15 | 15 | 18 | 18 | 18 | 26 | 25 | 18 | 11 | 17 | 17 | 11 | 40 | 24 |
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||
Datum | 13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
25 Ma |
26 Di |
27 Wo |
28 Do |
29 Vr |
30 Sa |
1 So |
September | Oktober |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Albanië (5)
- Algerië (47)
- Amerikaanse Maagde-eilande (9)
- Amerikaans-Samoa (5)
- Andorra (5)
- Angola (30)
- Antigua en Barbuda (3)
- Argentinië (143)
- Armenië (25)
- Aruba (5)
- Australië (632)
- Azerbeidjan (29)
- Bahamas (25)
- Bahrein (4)
- Bangladesj (4)
- Barbados (18)
- België (68)
- Belize (2)
- Benin (4)
- Bermuda (6)
- Bhoetan (2)
- Bolivië (5)
- Bosnië en Herzegowina (9)
- Botswana (7)
- Brasilië (205)
- Britse Maagde-eilande (1)
- Broenei (1)
- Bulgarye (91)
- Burkina Faso (2)
- Burundi (6)
- Chili (50)
- Colombia (44)
- Comore-eilande (2)
- Cookeilande (3)
- Costa Rica (7)
- Denemarke (97)
- Djiboeti (2)
- Dominica (4)
- Dominikaanse Republiek (13)
- Duitsland (422)
- Ecuador (10)
- Egipte (89)
- Ekwatoriaal-Guinee (4)
- El Salvador (8)
- Eritrea (3)
- Estland (33)
- Ethiopië (26)
- Fidji (7)
- Filippyne (21)
- Finland (70)
- Frankryk (336)
- Gaboen (5)
- Gambië (2)
- Georgië (36)
- Ghana (22)
- Grenada (3)
- Griekeland (140)
- Guam (7)
- Guatemala (15)
- Guinee (6)
- Guinee-Bissau (3)
- Guyana (4)
- Haïti (5)
- Honduras (20)
- Hongarye (178)
- Hongkong (31)
- Ierland (64)
- Indië (65)
- Indonesië (47)
- Irak (4)
- Iran (35)
- Israel (39)
- Italië (361)
- Ivoorkus (14)
- Jamaika (48)
- Japan (266)
- Jemen (2)
- Joego-Slawië (111)
- Jordanië (8)
- Kaaimanseilande (3)
- Kaap Verde (2)
- Kambodja (4)
- Kameroen (34)
- Kanada (294)
- Kasakstan (130)
- Katar (17)
- Kenia (56)
- Kirgisië (18)
- Koeweit (29)
- Demokratiese Republiek die Kongo (3)
- Kongo (4)
- Kroasië (88)
- Kuba (229)
- Laos (3)
- Lesotho (6)
- Letland (45)
- Libanon (6)
- Liberië (8)
- Libië (3)
- Liechtenstein (2)
- Litaue (61)
- Luxemburg (7)
- Madagaskar (11)
- Malawi (2)
- Maledive (4)
- Maleisië (40)
- Mali (5)
- Malta (7)
- Marokko (55)
- Masedonië (8)
- Mauritanië (2)
- Mauritius (20)
- Meksiko (78)
- Mianmar (7)
- Gefedereerde State van Mikronesië (5)
- Moldowa (34)
- Monaco (4)
- Mongolië (20)
- Mosambiek (5)
- Namibië (12)
- Nauru (2)
- Nederland (243)
- Nederlands-Antille (7)
- Nepal (5)
- Nicaragua (6)
- Nieu-Seeland (151)
- Niger (4)
- Nigerië (83)
- Noord-Korea (31)
- Noorweë (95)
- Oekraïne (230)
- Oesbekistan (70)
- Oman (6)
- Oostenryk (92)
- Pakistan (26)
- Palau (5)
- Palestynse Owerheid (2)
- Panama (6)
- Papoea-Nieu-Guinee (5)
- Paraguay (5)
- Peru (21)
- Pole (187)
- Portugal (62)
- Puerto Rico (29)
- Roemenië (145)
- Rusland (435)
- Rwanda (5)
- Salomonseilande (2)
- Samoa (5)
- San Marino (4)
- Saoedi-Arabië (77)
- São Tomé en Príncipe (2)
- Senegal (26)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (3)
- Seychelle (9)
- Sierra Leone (3)
- Singapoer (14)
- Siprus (22)
- Sirië (8)
- Republiek China (74)
- Slowakye (114)
- Slowenië (74)
- Soedan (3)
- Somalië (2)
- Spanje (326)
- Sri Lanka (18)
- St. Kitts en Nevis (2)
- St. Lucia (5)
- St. Vincent en die Grenadine (4)
- Suid-Afrika (127)
- Suid-Korea (281)
- Suriname (4)
- Swaziland (6)
- Swede (149)
- Switserland (105)
- Tadjikistan (4)
- Tanzanië (4)
- Thailand (52)
- Togo (3)
- Tonga (3)
- Trinidad en Tobago (19)
- Tsjad (2)
- Tsjeggië (119)
- Tunisië (47)
- Turkmenistan (8)
- Turkye (57)
- Uganda (13)
- Uruguay (14)
- Vanuatu (3)
- Venezuela (50)
- Verenigde Arabiese Emirate (4)
- Verenigde Koninkryk (332)
- Verenigde State (586)
- Viëtnam (7)
- Volksrepubliek China (271)
- Belarus (139)
- Ysland (18)
- Zambië (8)
- Zimbabwe (16)
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Suid-Afrika wen twee silwer en drie brons medaljes:
- Hestrie Cloete wen 'n silwer medalje met hoogspring.
- Terence Parkin wen silwer met die hoogspring vir dames.
- Penny Heyns wen 'n brons medalje in die 100 m borsslag.
- Llewellyn Herbert web brons in die 400 meter hekkies vir mans.
- Frantz Kruger wen brons in diskusgooi vir mans.
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 586 | 37 | 24 | 32 | 93 |
2 | Rusland (RUS) | 435 | 32 | 28 | 29 | 89 |
3 | Volksrepubliek China (CHN) | 271 | 28 | 16 | 14 | 58 |
4 | Australië (AUS) | 632 | 16 | 25 | 17 | 58 |
5 | Duitsland (GER) | 422 | 13 | 17 | 26 | 56 |
6 | Frankryk (FRA) | 336 | 13 | 14 | 11 | 38 |
7 | Italië (ITA) | 361 | 13 | 8 | 13 | 34 |
8 | Nederland (NED) | 243 | 12 | 9 | 4 | 25 |
9 | Kuba (CUB) | 229 | 11 | 11 | 7 | 29 |
10 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 332 | 11 | 10 | 7 | 28 |
55 | Suid-Afrika (RSA) | 127 | 0 | 2 | 3 | 5 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2000. |
- (en) Sydney 2000 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Olympics 1984 to 2000
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |