[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Paalspring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Atleet beoefen paalspring

Paalspring is 'n skouspelagtige kompetisie-item waaraan gereeld deelgeneem word tydens atletiekbyeenkomste. Dit is sedert 1896 'n Olimpiese dissipline vir mans en sedert 2000 ook vir vroue. Dit is ook deel van die tienkamp vir mans.

Reëls

[wysig | wysig bron]

Paalspring behels om so hoog as moontlik oor 'n dwarslat te probeer spring met 'n buigsame stok.

Hierdie dwarslat het 'n lengte van 4,5 meter en word so geplaas dat dit afval wanneer dit aangeraak word. Die beginhoogte van die dwarslat en daaropvolgende verhogings per rondte word deur die organiseerders bepaal. Atlete sal gediskwalifiseer word na drie agtereenvolgende mislukte pogings op enige hoogte. Die atleet mag bepaal hoe ver agter die toegangsboks die dwarslat geplaas moet word, tot 'n maksimum van 80 sentimeter.

'n Atleet teken 'n mislukte sprong aan wanneer die springer die lat met sy/haar lyf of enige ledemaat afgooi, maar ook wanneer die lat val omdat die paal die lat getref het. Verder faal die atleet wanneer hy spring sonder om die dwarslat oor te steek, van greep verander nadat hy afgedruk het of die dwarslat met sy hande terugplaas. As die stok breek terwyl die atleet spring, word dit nie as 'n poging beskou nie. In die geval van 'n gelykop is daar nogal deursigtige reëls om die uitslag te bepaal, sien die verduideliking vir die hoogspring.

Toerusting gebruik

[wysig | wysig bron]

Die apparaat vir paalspring bestaan uit 'n aanloopbaan wat minstens 45 meter lank en 1,22 meter breed moet wees. Aan die einde van die baan is die toegangsboks, die springstaanders waarop die dwarslat rus, en die springheuwel wat met skuimrubber gevul is.[1]

Die paal het deur die jare ontwikkeling ondergaan. Weens verbeterings in die materiaal wat gebruik is, het werkverrigting geweldig verbeter: die eerste pale was van hout gemaak, toe bamboes, toe aluminium en nou koolstof en veselglas.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (nl) KNAU Wedstrijdreglement, artikel 183
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.