Paul Dirac
Paul Dirac | |
---|---|
Dirac, gefotografeer in 1933 | |
Gebore | Paul Adrien Maurice Dirac 8 Augustus 1902 Bristol, Engeland |
Sterf | 20 Oktober 1984 (op 82) Tallahassee, Florida, Verenigde State |
Nasionaliteit | Switsers (1902–19) Brits (1919–84) |
Alma mater |
|
Bekend vir | Lys
|
Eggenoot | Margit Wigner (2 Januarie 1937) |
Paul Adrien Maurice Dirac[1] (Engelse fonetiese uitspraak:|d|ɪ|ˈ|r|æ|k; 8 Augustus 1902 – 20 Oktober 1984) was 'n Engelse teoretiese fisikus wat beskou word as een van die belangrikste fisici van die 20ste eeu.[2]
Dirac het fundamentele bydrae gemaak tot die vroeë ontwikkeling van beide kwantummeganika en kwantum elektrodinamika. Van sy ontdekkings sluit die Dirac-vergelyking in, wat die gedrag van fermione beskryf, en die bestaan van antimaterie voorspel het. Dirac het die 1933 Nobelprys in Fisika met Erwin Schrödinger gedeel "vir die ontdekking van nuwe produktiewe vorme van atoomteorie".[3] Hy het ook beduidende bydrae gemaak tot die versoening van algemene relatiwiteit met kwantummeganika.
Dirac is deur sy vriende beskou as ongewoon in karakter. In 'n brief uit 1926 aan Paul Ehrenfest het Albert Einstein hom as volg oor Dirac uitgelaat, "Ek het probleme met Dirac. Hierdie balansering op die duiselingwekkende pad tussen genialiteit en waansin is aaklig." In 'n ander brief aangaande die Compton-effek het hy geskryf, "Ek verstaan Dirac geheel en al nie "[4]
Hy was die Lucasian Professor of Mathematics aan die Universiteit van Cambridge asook 'n lid van die Sentrum vir Teoretiese Studies aan die Universiteit van Miami. Hy het die laaste dekade van sy lewe spandeer aan die Florida-staat Universiteit.
Publikasies
[wysig | wysig bron]- The Principles of Quantum Mechanics (1930): Hierdie boek verskaf 'n opsomming van die idees van kwantummeganika deur gebruikmaking van die moderne formalisme wat deur Dirac self ontwikkel is. Aan die einde van die boek bespreek hy ook die relativistiese teorie van die elektron (die Dirac-vergelyking), wat ook deur hom ontdek is. Die werk verwys nie na enige ander skryfsels wat op daardie stadium oor kwantummeganika beskikbaar was nie.
- Lectures on Quantum Mechanics (1966): Groot dele van hierdie boek handel met kwantummeganika in gebuigde-ruimtetyd.
- Lectures on Quantum Field Theory (1966): Hierdie boek lê die fondasies neer van kwantum-veld teorie met gebruikmaking van Hamiltonse formalisme.
- Spinors in Hilbert Space (1974): Hierdie boek; wat gebaseer is op lesings wat in 1969 gegee is aan die Universiteit van Miami, Coral Gables, Florida, VSA; handel met die basiese aspekte van spinors, beginnende met 'n werklike Hilbert-ruimte formalisme. Dirac sluit af met die profetiese woorde: "ons het boson veranderlikes wat outomaties te voorskyn kom in 'n teorie wat begin met slegs fermion veranderlikes, met dien verstande dat die aantal fermion veranderlikes oneindig is. Daar moet sulke boson veranderlikes wees wat verband hou met elektrone..."
- General Theory of Relativity (1975): Hierdie 69-bladsy werk gee 'n opsomming van Einstein se algemene relatiwiteitsteorie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Dalitz, R. H.; Peierls, R. (1986). "Paul Adrien Maurice Dirac. 8 Augustus 1902 – 20 Oktober 1984". Biographical Memoirs of Fellows of the Royal Society. 32: 137–185. doi:10.1098/rsbm.1986.0006. JSTOR 770111.
- ↑ Narasimhaiengar Mukunda, Images of Twentieth Century Physics (Bangalore: Jawaharlal Nehru Centre for Advanced Scientific Research, 2000), p. 9.
- ↑ "The Nobel Prize in Physics 1933". The Nobel Foundation. Besoek op 4 April 2013.
- ↑ Kragh, H. S., Dirac: A Scientific Biography (Cambridge: Cambridge University Press, 1990), p. 82.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Capri, Anton Z. (2007). Quips, Quotes, and Quanta: An Anecdotal History of Physics. Hackensack, New Jersey: World Scientific. ISBN 978-981-270-919-6. OCLC 214286147. Besoek op 8 Junie 2008.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Crease, Robert P.; Mann, Charles C. (1986). The Second Creation: Makers of the Revolution in Twentieth Century Physics. New York City: Macmillan Publishing. ISBN 978-0-02-521440-8. OCLC 13008048.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Gamow, George (1966). Thirty Years That Shook Physics: The Story of Quantum Theory. Garden City, New York: Doubleday. ISBN 978-0-486-24895-0. OCLC 11970045. Besoek op 8 Junie 2008.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Heisenberg, Werner (1971). Physics and Beyond: Encounters and Conversations. New York City: Harper & Row. ISBN 978-0-06-131622-7. OCLC 115992.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Kragh, Helge (1990). Dirac: A Scientific Biography. Cambridge: Cambridge University Press. p. 184. ISBN 978-0-521-38089-8. OCLC 20013981. Besoek op 8 Junie 2008.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Mehra, Jagdish (1972). "The Golden Age of Theoretical Physics: P. A. M. Dirac's Scientific Works from 1924–1933". In Wigner, Eugene Paul; Salam, Abdus (reds.). Aspects of Quantum Theory. Cambridge: University Press. pp. 17–59. ISBN 978-0-521-08600-4. OCLC 532357.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Schweber, Silvan S. (1994). QED and the men who made it: Dyson, Feynman, Schwinger, and Tomonaga. Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 978-0-691-03685-4. OCLC 28966591.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zee, A. (2010). Quantum Field Theory in a Nutshell. Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 978-1-4008-3532-4. OCLC 318585662.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Verdere leeswerk
[wysig | wysig bron]- Brown, Helen (24 Januarie 2009). "The Strangest Man: The Hidden Life of Paul Dirac by Graham Farmelo – review [print version: The man behind the maths]". The Daily Telegraph (Review). p. 20. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2009. Besoek op 11 April 2011..
- Gilder, Louisa (13 September 2009). "Quantum Leap – Review of 'The Strangest Man: The Hidden Life of Paul Dirac by Graham Farmelo'". The New York Times. Besoek op 11 April 2011. Resensie.
- Mukunda, N. (1987) "The life and work of P.A.M. Dirac", bls 260 tot 282 in Recent Developments in Theoretical Physics, World Scientific
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikiquote het aanhalings in verband met Paul Dirac |
- Gratis aanlyn toegang tot Dirac se klassieke stukke uit die 1920's uit die Koninklike genootskap se verrigtinge
- Geannoteerde bibliografie oor Paul Dirac uit die Alsos Digitale biblioteek vir Kernkwessies
- Die Paul Dirac Versameling by die Florida-staat Universiteit
- Briewe van Dirac (1932–36) en ander stukke
- Mondelinge geskiedenis-transkripsie van onderhoud met Dirac op 1 April 1962 en 6, 7, 10, & 14 Mei 1963, Amerikaanse Instituut van Fisika, Niels Bohr Biblioteek en Argiewe