Delos
Die eiland Delos (Grieks: Δήλος, uitgespraak ðilos), is effens afgeleë in die midde van die byna sirkelvormige kring van eilande, genaamd die Kyklade, naby Mykonos, en is een van die mees belangrike mitologiese, historiese en argeologiese lokale in Griekeland. Die uitgrawings van die eiland tel onder die mees ekstensiewe van die Middellandse See gebied. Die voortgesette werk vind plaas onder leiding van die Franse Skool te Athene en vele van die artefakte wat gevind is, word uitgestal by die Argeologiese Museum van Delos en die Nasionale Argeologiese Museum van Athene.
Delos was die ligging van 'n heiligdom vir 'n millennium voor Olympiese Griekse mitologie dit geteken het as die geboorteplek van Apollo en Artemis. Vanaf die Heilige Hawe, toon die horison twee koniese hoogtes, wat aanduidend was van landmerke wat elders toegewy is aan 'n godin: een daarvan steeds met 'n voor-Griekse naam, Berg Kynthos,[1] wat beskik oor 'n hoogte wat aan Dionisus toegewy is.
Na dit as 'n kultussentrum gevestig is, was Delos van 'n belang wat die natuurlike hulpbronne daarvan nooit sou kon verwesentlik nie. In hierdie trant het Leto van Homerus, soekend na 'n geboorteplek vir Apollo, die eiland aangespreek:
- Delos, as jy gewillig sou wees om die tuiste van my seun Phoebus Apollo te wees, en 'n ryk tempel vir hom berei --; want geen ander sal jou aanraak nie, soos jy sal opmerk: en ek dink jy sal nooit ryk wees aan osse of skape nie, nòg wingerde dra, nòg beskik oor welige plantegroei. Maar as jy oor die tempel van vêr-skietende Apollo beskik, sal alle mense hekatombes na jou bring en hier saamtrek, en ononderbroke geur van ryke offerhande sal immer oprys, en jy sal dié wat jou bewoon voed uit die hand van vreemdelinge; want waarlik is jou eie grond nie ryk nie.
- —Homerus Lofsang aan Deliese Apollo