[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Gebruikerbespreking:JMK

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief
Deel 1 Deel 2 Deel 3
Hoe word 'n argief aangelê?

Translation request

[wysig bron]

Hello.

Can you translate and upload the article en:List of mammals of Azerbaijan in Afrikaans Wikipedia? Or is there a specific translation request page in Afrikaans Wikipedia where I can add it?

Yours sincerely Karalainza (kontak) 18:22, 27 April 2020 (UTC)[antwoord]

That is not a small job as we do not have ready made Afrikaans names for all those animals, but it is a good project to consider, thanks. I don't believe there is anybody on Afrikaans wikipedia who can immediately execute it, but given time, yes, good idea. JMK (kontak) 11:47, 28 April 2020 (UTC)[antwoord]

Valse vriende

[wysig bron]

Goeie dag, waarvoor hierdie wysiging? Is daardie terme nie valse vriende nie? – K175 (skil 'n appeltjie) 16:52, 19 Augustus 2020 (UTC)[antwoord]

Het nie gedink dat hulle voorbeelde daarvan is nie. "Dutch" is bv. 'n valse vriend van wat? Van Duits? Ons het ook "Nederduits" en "Diets" in Afrikaans, wat albei Nederlands (of iets in dier voege) beteken, en dit beteken nie dat enige van die twee, of drie, valse vriende is nie. Hulle is eerder sinonieme, of verwante begrippe. En "Germany" is 'n valse vriend van Germanië? Ek voel hulle is effektief dieselde woord vir nouverwante onderwerpe. Wie se Germanië is in elk geval ter sprake, dié van die Romeine of dié van Hitler, of dalk nog iemand anders se idee daarvan? Sal versigtig wees om valse vriende toe te pas waar landsgrense of volksgroepe van toepassing is, want dis subjektiewe onderwerpe. JMK (kontak) 18:28, 19 Augustus 2020 (UTC)[antwoord]

Ontkiemingskompetisie is oop

[wysig bron]

Hi JMK, die Wikipedia:Ontkiemingskompetisie/2020 is nou oop. Sal bly wees indien jy ook deelneem! Groete, -- Aliwal2012 07:14, 23 Desember 2020 (UTC)[antwoord]

Ek sien ek het in my TV onderhoud verkeerdelik na bogenoemde as SAS President Steyn verwys. Ouderdom... Groete! Oesjaar (kontak) 05:38, 4 Maart 2022 (UTC)[antwoord]

Ja, ek wou sien wat die offisier toe wel genoem word. In ieder geval, goeie inligting wat jy aan die publiek gegee het. En wat die teks betref, skuif ek maar die werkwoorde nader aan die einde van die sinne, soos die taalkundiges dit graag wil hê. JMK (kontak) 07:30, 4 Maart 2022 (UTC)[antwoord]
Dankie, ek lankal al agtergekom wanneer ek vertaal dat die Engelse grammatika my beïnvloed. Groete! Oesjaar (kontak) 11:55, 4 Maart 2022 (UTC)[antwoord]

Die vygies!

[wysig bron]

Dankie vir hulp die afgelope paar jaar! Sien vygies op Plants of the World Online. Ek gaan hulle lys van genera (geslagte) oordra na ons artikel oor vygies. Laasgenoemde is jare agter... Enige beswaar? Groete! Oesjaar (kontak) 14:16, 26 Julie 2022 (UTC)[antwoord]

Dit lyk reg, ons moet hulle net siteer. Ek het 'n paar fotos by die botaniese tuin geneem van een van die Beesvygies, Ruschia maxima, wat nuttig mag wees om daardie spesie of genus te beskryf.
Ek dink nie die individuele Ruschia-spesies het Afrikaanse name nie, miskien moet mens maar begin by Beesvygie/s, genus Ruschia. JMK (kontak) 14:26, 26 Julie 2022 (UTC)[antwoord]
Ruschia is geskep, ek het die vierkantige hakies vergeet! Miskien beter so! Geniet! Oesjaar (kontak) 18:39, 26 Julie 2022 (UTC)[antwoord]
Dankie! Sien nou hoekom hulle nie individuele volksname het nie, daar is net te veel. JMK (kontak) 07:42, 27 Julie 2022 (UTC)[antwoord]
En almal lyk amper dieselfde! Oesjaar (kontak) 07:43, 27 Julie 2022 (UTC)[antwoord]

Language switching

[wysig bron]

Hello! When you pinged me about the issue with the order of the language links, I was not at work. But I'm back now.

Thanks for pointing at this problem. Personally, I'm not the subject matter expert but I know something based on what my colleagues have already posted.

Our team (Web) has only moved the language switcher from the sidebar to a separate menu. So we've only changed the location to increase the discoverability of any language(s). How the language switching works exactly (how relevant languages are suggested to a user) is within the area of the Language team. And what I know from them is this (this is a quote from this discussion):

  1. The language selector uses different clues to figure out which are the recommended languages. For example, top priority is based on the previous selections. That is, a user that frequently reads in French, Japanese and Igbo would get those always in their suggestions for pages available in those languages. Similarly, the browser languages are considered next if it was not possible to fill the suggestions with the previous criteria. Additional criteria can be considered in cases where it is hard to fill the suggestions because of the languages in which content is available (something which will vary significantly from page to page).
  2. Some of the criteria based on location or relation to content may need some polishing in some cases (data is based on CLDR [perhaps this is about Extension:CLDR? - SG] and can be improved). In any case, as mentioned above, for a user that speaks and uses a given set of languages, in practical terms the suggestions are going to surface those (even if some of the additional suggestions are sub-optimal at times). In contrast, with the classical approach of a flat list, a speaker of a language with low Wikipedia coverage would have to scan long lists of languages to find whether the content is available in theirs (which may not be in mosts cases), and they would have to do that every single time without the system making it easier after the first try.
  3. More detail about the criteria for suggested languages is described here. We also have some mockups of a more expanded feature.

Does this help you understand our thought process and how the software works? Please let me know what you think and if you have additional questions. Thanks, SGrabarczuk (WMF) (kontak) 22:38, 23 Januarie 2023 (UTC)[antwoord]

As usual you miss the whole point completely and it is a waste of time to communicate with you. The PLACE where you are hiding the language links now is unacceptable, BESIDES the ridiculous way that they are organized. PUT the language links BACK in the very visible left hand column WHERE THEY WERE FOR YEARS, and DO SO FOR EVERYBODY, otherwise we have to search for language links at a different place in every language version of wikipedia. If I try to work on a wikipedia version of a language that I don't understand I CANNOT EVEN SEE WHERE THE LANGUAGE LINK BOX IS! BECAUSE I CANNOT READ THEIR LANGUAGE! AND THEY CAN'T SEE US! You are meddling with things that worked perfectly for decades. AND THIS IS BY FAR NOT THEY ONLY PROBLEMS WE HAVE! JMK (kontak) 17:30, 19 Augustus 2023 (UTC)[antwoord]
Thank you. I want to make sure I understand your arguments, so I'd like to ask a few questions:
  1. "We have to search for language links at a different place in every language version of wikipedia" - what versions are you referring to? Eventually, we want all the versions to have Vector 2022 as the default. Now, only several don't have it.
  2. "I cannot even see where the language link box is! because I cannot read their language" - which wikis are you referring to? The location of the language button is the same regardless of the language, unless the old skin is the default.
"Things that worked perfectly for decades" - I don't remember now, but I think I might have shared the link to the page about the new language switching. In the section User testing, you'll find information that with the previous skin, (1) people weren't necessarily aware that interwiki links existed and they used other search engines instead (2) it took more time for people to switch between languages. Of course you may disagree as you have grown accustomed to the previous skin, but to the team, these findings meant that the old Vector did not work perfectly.
Last but not least, I'd like to add that the changes and projects the Foundation works on are not based on arbitrary choices of one individual, but on our annual plans (see the latest one). You are welcome to take a look at the next project of the Web team (it's a draft right now, the name may be temporary) as well as take part in the next annual planning. I hope that in less than a month, we'll officially invite communities to work on "Accessibility for reading" together. By taking part in the next annual planning, you'll be able to tell us what problems we should work on.
Thanks, SGrabarczuk (WMF) (kontak) 08:47, 21 Augustus 2023 (UTC)[antwoord]
The above answer in itself does not help either, but I am preparing some screen grabs which I'll post here. Of course I'll just waste my time again. JMK (kontak) 08:51, 21 Augustus 2023 (UTC)[antwoord]
Sorry for barching in, just bring back the previous skin. The current one is a disaster. Typical Wikipedia, a solution looking for a problem! My experience: 13200 articles later. Regards! Oesjaar (kontak) 08:53, 21 Augustus 2023 (UTC)[antwoord]

Vygieveld

[wysig bron]

@JMK:, ek vertrou jy het 'n goeie kersfees geniet! Een van my doelwitte vir 2024 is om jou in persoon te ontmoet! In elk geval, daar is 'n klompie spesies wat in die vygieveld groei, wat deel van die Knersvlakte is. Kan jy dalk help om iets oor die vygieveld te skep, jy doen altyd goeie navorsing! Groete! Oesjaar (kontak) 16:37, 26 Desember 2023 (UTC)[antwoord]

My modem is deur die midsomer-donderweer uitgeslaan, en wag al 'n wyle dat 'n sekere bekende kommunikasie-mpy weer modems in voorraad kry, sodat ek weer aanlyn kan werk. Intussen het ek in die Magaliesberg mooi fotos van Streptocarpus vandeleurii gekry, en het klankopnames gemaak wat ook nuttig mag wees. Streptocarpus en Impatiens is terloops twee interessante inheemse genera van die Afromontane boshabitat waaraan ons kan aandag gee. Ek vertaal ook teks uit Engelstalige natuurgidse van 1901-1923 waarvan die kopiereg seker al verval het, sodat ek net die verwysing kan byvoeg en nie oor plagiaat hoef te bekommer nie (?). Sal dit begin oplaai sodra ek weer aanlyn is. Sal 'n ogie gooi oor die vygieveld en knersvlakte sodra ek weer toegang het. JMK (kontak) 12:20, 9 Januarie 2024 (UTC)[antwoord]

Vlokia atra vs Vlokia ater

[wysig bron]

Gebruiker:JMK, na aanleiding van die verskil tussen die twee name het ek 'n e-pos na KEW gestuuur. Hier is hulle antwoord:

Dear Deon, Yes, the genus is feminine, ater is the masculine form.

atra(f), ater(m), atrum(n)

Best wishes

Wat beteken dit? Groete! Oesjaar (kontak) 18:55, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Latyn het drie geslagte vir selfstandige naamwoorde, en 'n byvoeglike naamwoord (soos bv. "ater"=swart, d.i. manlik swart) moet daarby pas. f=vroulik, m=manlik, en n=ongeslagtelik (neutrum). Die genus en spesie moet van dieselde geslag wees. As 'n genus verander kan dit gebeur dat die nuwe genusnaam nie van dieselde geslag as die vorige genusnaam is nie. Dit sal dan veroorsaak dat die geslag van die spesienaam dienooreenkomstig moet verander. "Vlokia" is vroulik, en hulle sê effektief dat die spesienaam dan "atra" (d.i. vroulike swart), eerder as "ater" (d.i. manlike swart) moet wees. Die korrekte spesienaam is dus "V. atra". JMK (kontak) 19:13, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Dan is Sanbi verkeerd. Groete! Oesjaar (kontak) 19:23, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ja dit lyk of Sanbi en die andertalige wikipedias op 'n streep verkeerd is, en miskien sonder dat die genus verander het. Kew het dit reg, en wikispecies het dit ook reg. Vlokia montana lyk vir my ook reg, as ek na die uitgang kyk. JMK (kontak) 19:45, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]
Ek sien op Wikispecies die naam: Rafaël Herman Anna Govaerts. Dit is met hom wat ek gepraat het by KEW. Groete! Oesjaar (kontak) 20:11, 7 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Bruintreksprinkaan

[wysig bron]

Dankie vir jou werk met die Kortsprietsprinkaan. Enige kans vir bogenoemde, dit word op skool behandel? Groete! Oesjaar (kontak) 19:35, 2 April 2024 (UTC)[antwoord]

Ja, binnekort. JMK (kontak) 19:39, 2 April 2024 (UTC)[antwoord]
Moenie vergeet nie... Groete! Oesjaar (kontak) 18:10, 20 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Grammatika van Lingua Franca Nova

[wysig bron]

Hi, how are you? I am sorry for bothering you with this but I would like to ask you whether your could possibly help me revising this article? I am not a native speaker of Afrikaans so I am not sure whether it is entirely correct. Thanks. --Jon Gua (kontak) 06:00, 22 April 2024 (UTC)[antwoord]

Tranformasie vs Transform

[wysig bron]

Ja meneer! Ek onthou nog my dae in Pretoria Technikon besig met opleiding as Tegnoloog en hoe ons gespartel het met die wiskunde en Laplace transformasies! Voel soos gister! Jy verwys na bronne, watter is dit? Ek is nuuskierig. Groete! Oesjaar (kontak) 18:13, 20 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Ek het die verwysings vir bg. nou ingevul by Taalgebruik, soek vir "transform". Een boek is meer antiek as die ander. Het die verspreidingskaarte vir die twee sprinkaanspesies onlangs geteken, moet hulle nog oplaai en dan volg die artikel. JMK (kontak) 19:01, 20 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Nuwe voorstelle vir voorbladartikels

[wysig bron]

Goeienaand JMK,

Daar is 'n talle nuwe voorstelle by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. Ek nooi jou om jou stem uit te bring. Groete. --  SpesBona 21:10, 22 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Dankie vir die voorstel! Ek dink ek gaan nie daarby uitkom nie. Tyd ontbreek net. JMK (kontak) 17:21, 2 September 2024 (UTC)[antwoord]

Kategorisering van visse

[wysig bron]

@JMK:, ek vertrou dit gaan goed. Ek sien jy is deesdae werksaam op die visse, dankie. Ek het, en ek neem aan jy het dit opgelet, kategorieë geskep per genus vir die plante. Die proses is nog nie naby afgehandel maar ons hou steeds aan. Die visse word hoofsaaklik in twee kategorië geplaas: beenvisse en straalvinvisse. Daar is baie minder visspesies as plantspesies, definitief nie honderde per genus soos by die Erica's nie. Ek dink ons moet slegs families skep vir die visse wat dan gekoppel word aan beenvisse en straalvinvisse ens. Jou gedagte asb? Groete! Oesjaar (kontak) 16:52, 2 September 2024 (UTC)[antwoord]

Dankie vir bostaande voorstel. Goeie gedagte, maar baie binnekort (hopelik later) gaan ek nie daarby uitkom nie. Het aan die visse begin werk omdat ek met hulle kategorieë op commons besig is, in die Suider-Afrikaanse konteks. Ek dink ek gaan eers daar probeer orde skep, en dan die ervaring wat ek daar opdoen oordra na af.wiki. Op commons het ons 'n enorm nuttige bron, wat nog grootliks in wanorde verkeer. Met die plantkundige media daar kan ek ook skaars byhou. As daar nie orde arriveer nie, gaan ons nooit eers weet wat ons daar beskikbaar het nie. Soms kom ek ook foute teë. AFM se baie nuttige artikel Valsbaai-natuurreservaat was bv. op wikidata aan die verkeerde Q-item (Valsbaaipark) gekoppel, en moes reggestel word. Etlike ander reservaat- en taksonomiese kategorieë word nog geskep. Sal dus daaroor tob en myself meer inlig oor die implementering van bogenoemde (wanneer, hoe, ens.). Die vertalings wat ek vroeër oor voëls gedoen het, uit 'n bron waarvan die kopiereg verval het, moet ook nog op af.wiki bygewerk word. Tyd ontbreek vir alles. JMK (kontak) 17:21, 2 September 2024 (UTC)[antwoord]

Die verandering van al die * caffra spesies se name.

[wysig bron]

@JMK:, jy weet seker van al caffra verwante spesie naam veranderinge? Prof. Van Wyk het vir my die amptelike dokument gestuur; as jy sou belangstel laat weet net. Groete! Oesjaar (kontak) 20:08, 4 September 2024 (UTC)[antwoord]

Nee dis nie amptelik nie. Dis net iemand se idee van amptelik. Ons moet keurig met ons bronne omgaan en sommige verwerp, anders word ons 'n slaaf vir eksterne "owerhede". Die stelsel wat deur Linnaeus in werking gestel is funksioneer sonder owerhede, maar wel met outeurs. Ek raai prof. Braam stuur dit net aan omdat jy dit aanvra. Ek het reeds op die geselshoekie gesê dat dit na my mening geïgnoreer moet word. Dit gaan 'n groot gemors wees wat uitkring en uitkring. Daar is na my mening niks verkeerd met caffra onder die son nie. En wie gaan nogal die "outeur" wees van al die spesies wat so verander word? Het nog nooit so gewerk nie, en werk steeds nie so nie. Vir die beswaardes, indien enige, kan ons na my mening 'n aanstuur maak van ...afra na caffra. JMK (kontak) 20:25, 4 September 2024 (UTC)[antwoord]