Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch | |
---|---|
Universiteit Stellenbosch Logo | |
Leuse: | Pectora roborant cultus recti |
Leuse in Afrikaans: | 'n Goeie opvoeding versterk die gees |
Leuse in Engels: | A sound education strengthens the spirit |
Gestig: | 1866 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | R1,5 miljard[1] |
Kanselier: | Edwin Cameron |
Vise-kanselier: | Wim de Villiers |
Rektor: | Wim de Villiers |
Personeel: | 939[2] |
Studentetal: | 27 823 |
Voorgraadse studente: | 17 970 |
Nagraadse studente: | 9 853 |
Ligging: | Stellenbosch, Wes-Kaap
33°55′48.27″S 18°51′53.01″O / 33.9300750°S 18.8647250°O |
Kampus: | 2 voorstedelike en 2 stedelike |
Kleure: | Maroen |
Bynaam: | Maties |
Gelukbringer: | Pokkel[3] |
Affiliasies: | AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU |
Webtuiste: | sun.ac.za |
Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Boland streek van die Wes-Kaap.
Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar is in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.
Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.
Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.
Wapens
[wysig | wysig bron]Die Victoria College het Stellenbosch se destydse munisipale wapen gebruik, met die bykomende wapenspreuk "Pectora roborant culturis recti". Op die vooraand van universiteitswording in 1918 is 'n nuwe wapen in gebruik geneem.[4] Dit is in 1939 by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer.[5] Die wapen kan soos volg geblasoneer word : Gevierendeel, I en IV in goud drie rooi torings; II in blou die kop van Minerva in silwer; III in blou drie gestingelde en geblaarde silwer akkers; op 'n swart binneskild 'n ope boek van silwer. Die helmteken is 'n hand wat 'n brandende fakkel vashou. Die bestaande wapenspreuk is behou.
Bekende oudstudente
[wysig | wysig bron]US-studente staan bekend as Maties.
- Edwin Cameron
- Danie Craven
- Riaan Cruywagen
- Casper de Vries
- Johan Degenaar
- Cromwell Everson
- J.B.M. Hertzog
- Elsa Joubert
- Marina Joubert
- Uys Krige
- C.J. Langenhoven
- D.F. Malan
- Beyers Naudé
- Johann Rupert
- Frederik van Zyl Slabbert
- Jan Smuts
- Sampie Terreblanche
- Andries Treurnicht
- Deon van der Walt
- Ernst van Heerden
- Dr. Hendrik Verwoerd
- John Vorster
- Heinz Winckler
Fakulteite
[wysig | wysig bron]- Agriwetenskappe
- Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Fakulteit Gesondheidswetenskappe
- Fakulteit Ingenieurswese
- Krygskunde
- Lettere en Sosiale Wetenskappe
- Natuurwetenskappe
- Opvoedkunde
- Regsgeleerdheid
- Teologie
Koshuise
[wysig | wysig bron]Manskoshuise
- Dagbreek
- Eendrag
- Helderberg
- Helshoogte
- Huis Marais
- Huis Visser
- Majuba
- Simonsberg
- Wilgenhof
Wilgenhof is die oudste universiteitskoshuis in Afrika en is in 1913 geopen
Dameskoshuise
- Erica
- Harmonie
- Heemstede
- Huis Ten Bosch
- Huis Francie van Zijl
- Irene
- Lydia
- Minerva
- Monica
- Nemesia
- Nerina
- Serruria
- Sonop
Gemengde Koshuise
- Academia
- Concordia
- Goldfields
- Hippokrates
- Kerkenberg
- Metanoia
- Meerhoff
Mans PSO's
- Pieke
- Libertas
- Oude Molen
- Vesta
Dames PSO's
- Aristea
- Equité
- Silene
- Venustia
Gemengde PSO's
- Aurora
- Osler
- Olympus
Studentegemeenskappe (klusters) Koshuise en Privaat Studente Organisasies (PSO’s) word in klusters gegroepeer om studentegemeenskappe te vorm. Vir elke kluster word ’n fasiliteit opgerig wat as ’n naaf (hub) bekend staan. Twee klusterfasiliteite is reeds opgerig, naamlik amaMaties en Wimbledon. Hier kan dagstudente, net soos koshuisstudente, etes koop, aan mentorgroepe deelneem en tyd tussen klasse by ’n goed toegeruste plek met internettoegang deurbring.[6]
Klusters op die Stellenbosch-kampus
- amaMaties
- Rubix
- Validus
- VicMeyr
- Victoria
- Wimbledon
Kluster op die Tygerberg-kampus
- Tygerberg
Hoofde
[wysig | wysig bron]Rektor | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Periode | Van | Naam | Geboortedatum | Sterfdatum | |||
1 | 1919-1925 | Cillié | Gabriël Gideon | 10 September 1870 | 1 April 1958 | ||
1925-1934 | Geen | ||||||
2 | 1934-1955 | Wilcocks | Raymond William | 23 Januarie 1892 | 16 Maart 1967 | ||
3 | 1955-1970 | Thom | Hendrik Bernardus | 31 Desember 1905 | 4 November 1983 | ||
4 | 1970-1979 | de Villiers | Jan Naude | 17 Augustus 1923 | |||
5 | 1979-1993 | de Vries | Michiel Josias | 5 Mei 1933 | 5 Julie 2002 | ||
6 | 1993-2002 | van Wyk | Andreas Hercules | 17 September 1941 | |||
7 | 2002-2007 | Brink | Chris | 31 Januarie 1951 | |||
8 | 2007-2014 | Botman | Hayman Russel | 18 Oktober 1953 | 28 Junie 2014 | ||
9 | 2014- | de Villiers | Willem Johan Simon | 26 September 1959 |
Kanselier | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Periode | Van | Naam | Geboortedatum | Sterfdatum | |||
1 | 1918-1919 | Marais | Johannes Izak | 23 Augustus 1848 | 27 Augustus 1919 | ||
2 | 1919-1931 | Vos | Pieter Jacobus Gerhard | 29 Oktober 1842 | 31 Oktober 1931 | ||
3 | 1931-1932 | de Villiers | Jacob Abraham Jeremias | 14 Desember 1868 | 16 September 1937 | ||
4 | 1932-1939 | Moorrees | Adriaan | 18 Augustus 1855 | 17 November 1938 | ||
5 | 1939-1941 | Kestell | John Daniel | 15 Desember 1854 | 9 Februarie 1941 | ||
6 | 1941-1959 | Malan | Daniël Francois | 22 Mei 1874 | 7 Februarie 1959 | ||
7 | 1959-1968 | Dönges | Theophilus Ebenhaezer | 8 Maart 1898 | 10 Januarie 1968 | ||
8 | 1968-1983 | Vorster | Balthazar Johannes | 13 Desember 1915 | 10 September 1983 | ||
9 | 1983-1983 | Thom | Hendrik Bernardus | 31 Desember 1905 | 4 November 1983 | ||
10 | 1984-1988 | Botha | Pieter Willem | 12 Januarie 1916 | 31 Oktober 2006 | ||
11 | 1988-1998 | van der Horst | Johannes Gerhardus | 19 September 1919 | 23 April 2003 | ||
12 | 1998-2008 | Botha | Elizabeth | 19 November 1930 | 16 November 2007 | ||
13 | 2008-2009 | Slabbert | Frederik Van Zyl | 2 Maart 1940 | 14 Mei 2010 | ||
14 | 2009-2019 | Rupert | Johann Peter | 1 Junie 1950 | |||
15 | 2019- | Cameron | Edwin | 15 Februarie 1953 |
Omstredenheid
[wysig | wysig bron]Afrikaans as voertaal
[wysig | wysig bron]In 2015 het 'n bestuurspan onder leiding van Wim de Villiers beslis dat "alle onderrig aan die Universiteit Stellenbosch in Engels gefassiliteer sal word" en dat "aansienlike akademiese ondersteuning volgens studente se behoeftes in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar gestel sal word".[8] In 2017 word die Universiteit se Taalbeleid, wat in 2016 hersien is, toegepas. Die hersiene beleid stel Engels as onderrigtaal op dieselfde vlak as Afrikaans en het hewige polemiek ontlok. Die US bied steeds onderrig in Afrikaans aan.[9] Die Grondwetlike Hof se beslissing in Gelyke Kanse en Andere v Voorsitter van die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch en Andere (gelewer op 10 Oktober 2019) het egter Afrikaans se toekoms as voer- en kultuurtaal aan dié staatsinstelling die nekslag toegedien.[10]
Persgesig-insident
[wysig | wysig bron]Twee damesstudente het hulself in 2016 gegrimeer om soos ruimtewesens te lyk. Die US-bestuur het op grond van foto’s geoordeel dat hulle hulle gesigte swart gesmeer het. Die twee dames is daarna uit 'n US-koshuis geskors. Die gebeure staan as die persgesig-insident of swartgesig-herrie bekend, waar dit skynbaar onverskoonbaar vir wit mense is om hulle soos swart mense te vermom.[11]
'n Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het om soos die tennis-susters Venus en Serena Williams te lyk. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Stellenbosch University Annual Report 2011 (PDF). University of Stellenbosch. p. 83. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) "Stellenbosch University Statistical Profile 2012" Geargiveer 28 Mei 2013 op Wayback Machine, Official Stellenbosch University Website, SU Consensus, Junie 2012
- ↑ (en) "Meet Pokkel the Maties mascot" Geargiveer 13 Junie 2011 op Wayback Machine, Matie News, 18 Februarie 2009
- ↑ Die nuwe wapen verskyn vir die eerste keer op die 1918-uitgawe van die kollege/universiteit se Kalender.
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2018. Besoek op 25 Julie 2017.
- ↑ "Universiteit van Stellenbosch 100 jaar". Universiteit van Stellenbosch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2018. Besoek op 9 September 2018.
- ↑ Parker, M. 2016, 'Stellenbosch and the Afrikaans racial baggage', New African, 557, p. 38, MasterFILE Premier, EBSCOhost, geraadpleeg op 10 Mei 2017.
- ↑ https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/us-taalbeleid-afrikaans-gelyk-met-engels/
- ↑ "English prevails in Stellenbosch University language battle". Daily Maverick. Besoek op 12 Mei 2021.
- ↑ Swartgesig-herrie: twee maties geskors, Maroela Media, 7 Februarie 2016
Bronne
[wysig | wysig bron]- Hermann Giliomee (13 September 2018). "Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal". LitNet. Besoek op 16 September 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Universiteit Stellenbosch. |