[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Engels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Engelse taal)
Hierdie artikel handel oor die Engelse taal. Sien gerus Engels (dubbelsinnig) vir ander artikels met 'n soortgelyke titel.
Engels
English 
Uitspraak: [ˈɪŋɡlɪʃ]
Gepraat in: Vlag van Australië Australië
Vlag van Belize Belize
Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Burundi Burundi
Vlag van Eritrea Eritrea
Flag of eSwatini Eswatini
Vlag van Ethiopië Ethiopië
Vlag van Filippyne Filippyne
Vlag van Ghana Ghana
Vlag van Guyana Guyana
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Indië Indië
Vlag van Jamaika Jamaika
Vlag van Kameroen Kameroen
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Kenia Kenia
Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Liberië Liberië
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Maleisië Maleisië
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Nigerië Nigerië
Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Vlag van Rwanda Rwanda
Vlag van Sierra Leone Sierra Leone
Vlag van Singapoer Singapoer
Vlag van Soedan Soedan
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan
Vlag van Tanzanië Tanzanië
Vlag van Uganda Uganda
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 
Gebied: Afrika, Asië, Europa, Noord-Amerika, Oseanië
Totale sprekers: 335 miljoen (as moedertaal)[1][2]
250 miljoen (as tweede taal)[1][2]
1,8 miljard (as derde taal)[3] 
Rang: 11
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Hoog-Duits
    Engels 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of the United Nations Verenigde Nasies
Afrika-unie
Britse Statebond
Flag of Europe Europese Unie
NAVO
NAFTA
Vlag van Australië Australië
Vlag van Belize Belize
Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Burundi Burundi
Vlag van Eritrea Eritrea
Flag of eSwatini Eswatini
Vlag van Ethiopië Ethiopië
Vlag van Filippyne Filippyne
Vlag van Ghana Ghana
Vlag van Guyana Guyana
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Indië Indië
Vlag van Jamaika Jamaika
Vlag van Kameroen Kameroen
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Kenia Kenia
Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Liberië Liberië
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Maleisië Maleisië
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Nigerië Nigerië
Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Vlag van Rwanda Rwanda
Vlag van Sierra Leone Sierra Leone
Vlag van Singapoer Singapoer
Vlag van Soedan Soedan
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan
Vlag van Tanzanië Tanzanië
Vlag van Uganda Uganda
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: en
ISO 639-2: eng
ISO 639-3: eng 

   Lande waar Engels of 'n Engelse kreool 'n inheemse meerderheidstaal is

   Lande waar Engels 'n amptelike maar nie inheemse meerderheidstaal is nie

Engels (English, [ˈɪŋɡlɪʃ], ) is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Die meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.

Betekenis

[wysig | wysig bron]
EN: Engels gesimboliseer deur die taal-kode ISO 639-1

Moderne Engels, soms beskryf as die eerste wêreldwye lingua franca[4][5] is die belangrikste internasionale taal vir kommunikasie, wetenskap, lugvaart, vermaak, toerisme, radio, diplomasie en in die sakewêreld.[6] Die uitbreiding van die taal vanaf die Britse eilande tot oor die hele wêreld het saam met die groei van die Britse Ryk begin, en aan die einde van die negentiende eeu was die taal reeds wêreldwyd versprei.[7] Die taal is dominant in die Verenigde State en deur sy groeiende ekonomiese en kulturele invloed en sy magstatus sedert die Tweede Wêreldoorlog het die posisie van die taal wêreldwyd versterk.[5]

'n Goeie kennis van Engels is 'n vereiste in 'n aantal werkgebiede en beroepe soos geneeskunde en informatika; as gevolg daarvan verstaan ten minste een miljard mense die basiese beginsels van Engels. Dit is ook een van die ses amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Taalkundiges soos David Crystal erken dat een van die gevolge van die groei van Engels (nes ander wêreldwye tale) is dat die taalkundige diversiteit op baie plekke ter wêreld verlore gaan, in besondere Australasië en Noord-Amerika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Geskatte verspreiding van Oud-Noors en verwante tale in die vroeë 10de eeu:

   Oud-Wes-Noors

   Oud-Oos-Noors

   Oud-Goties

   Oud-Engels (Wes-Germaans)

   Kontinentale Wes-Germaanse tale

   Krim-Goties (Oos-Germaans)

Engels ontstaan uit vele Germaanse dialekte, wat na Groot-Brittanje gebring is deur die Angelsaksiese koloniste aan die begin van die 5de eeu, veral die Angele-Saksers en die Jute.

Die taal word sterk beïnvloed deur die Oud-Noorse taal van die Vikings. Na die Normandiese verowering van Engeland in 1066, ondervind die taal 'n sterk Franse invloed en ontwikkel van Ou Engels tot Middelengels. 'n Rede vir die verandering was die algemene gebruik van leenwoorde uit die Normandiese woordeskat en die gebruik van Normandiese spelreëls. Hedendaagse Engels ontwikkel self daaruit en gaan voort met die opneem van buitelandse leenwoorde, veral uit Latyn en Grieks. Dit verkry ook leenwoorde vanuit die Indiese tale.

Die grammatikale struktuur van Engels is nog steeds oorwegend Germaans met enkele Romaans-ontleende sinskonstruksies. Van die totale Engelse woordeskat is baie woorde (ongeveer 60%) egter vanaf Franse en Latynse herkoms. Mense verwys soms na Engels as 'n oorbruggingstaal tussen die wêreld van die Germaanse en Romaanse tale.

Met Engels word deurgaans soos volg geperiodiseer:

Moderne gebruik

[wysig | wysig bron]

Die Engelse taal is vanaf die 20ste eeu die invloedrykste taal ter wêreld. Dit is deels as gevolg van die Britse koloniale uitbreiding in die 19de eeu waardeur Engels in baie voormalige kolonies nog steeds die vernaamste (amptelike en bestuurs-) taal is, maar veral ook deur die kulturele en wetenskaplike dominerende Verenigde State.

Eerste taal

[wysig | wysig bron]

Engels is die amptelike taal van onder andere Australië, Belize, Nieu-Seeland en Nigerië en een van die amptelike tale van onder andere Kanada, Ierland en Suid-Afrika. Engels funksioneer de facto as amptelike taal van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State.

Tweede taal

[wysig | wysig bron]

Engels word deur vele mense as hul tweede taal gepraat. As mens die eerste- en tweedetaalsprekers bymekaar tel, is dit selfs die mees gebruikte taal ter wêreld. Beskou mens slegs die eerstetaalsprekers, dan word Engels nog oortref deur Mandaryns en Spaans. Die taal dien as lingua franca vir kommunikasie in wetenskap, tegnologie en in die internasionale politieke en ekonomiese arena oor die hele wêreld.

'n Inisiatief van die Universiteit van Cambridge, die University of Cambridge ESOL examination, is 'n reeks skooleksamens wat die beheersing van die Engelse taal deur nie-moedertaalsprekers toets. Wêreldwyd neem jaarliks twee miljoen mense in meer as 130 lande aan die eksamens deel.

Woordeskat

[wysig | wysig bron]
Die oorsprong van Engelse woorde

Engels het 'n baie groot woordeskat en daar kom gereeld twee woorde voor vir 'n enkele begrip: een Germaans en een Romaans (byvoorbeeld 'freedom' en 'liberty' beteken beide 'vryheid'). Die verskil in gebruik word grotendeels bepaal deur die register: die Germaanse woord by voorkeur in die daaglikse lewe en die Romaanse sinonieme in amptelike geskrewe taal. Die totale aantal woorde in die Engelse taal is 'n onderwerp van bespreking, maar volgens die Oxford Woordeboek is dit minstens 500 000.

Volgens die Shorter Oxford Dictionary is die woorde in Engels van hierdie oorsprong:

  • Frans, inklusief oud-Frans en anglo-Frans: 28,3%
  • Latyn: 28,24%
  • Andere Germaanse tale (Oudengels/Middelengels, Oudnoors en Oud-Nederlands): 25%
  • Grieks: 5,32%
  • Andere tale/onbekend: ongeveer 8%

Spelling

[wysig | wysig bron]

Engels het 'n baie diep ortografie, dit wil sê daar is weinig verband tussen uitspraak en skryfwyse. 40 klanke word op 1120 verskillende wyses geskryf. Volgens die navorser Eraldo Paulesu van die Milaanse Universiteit is dit die oorsaak dat in Engelstalige lande tweemaal soveel disleksie-diagnoses voorkom as in Italië. In Italiaans word 25 klanke op slegs 33 verskillende wyses geskryf.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, English" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
  2. 2,0 2,1 (en) The Triumph of English, The Economist, 20 Desember 2001
  3. (en) "Lecture 7: World-Wide English". EHistLing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2007. Besoek op 26 Maart 2007.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  4. (en) "Global English: gift or curse?". Besoek op 4 April 2005.
  5. 5,0 5,1 David Graddol (1997). "The Future of English?" (PDF) (in Engels). The British Council. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Junie 2014. Besoek op 15 April 2007.
  6. "The triumph of English" (in Engels). The Economist. 20 Desember 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 26 Maart 2007.
  7. "Lecture 7: World-Wide English" (in Engels). eHistLing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2019. Besoek op 26 Maart 2007.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
  • The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
  • A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable (London, 2002)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Engels
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†)