Pseudochromidae
Pseudochromidae | |
---|---|
Manonichthys splendens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Pseudochromidae
|
Subfamilies | |
Anisochrominae |
Die Spikkelrûe (Pseudochromidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit vier sub-families:
- Pseudochrominae
- Congrogadinae - Die subfamilie was eers geklassifiseer as 'n onafhanklike familie.
- Anisochrominae - een genus en vier spesies.
- Pseudoplesiopinae - vyf genera en twintig spesies.
Sub-familie: Pseudochrominae
[wysig | wysig bron]Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die sub-familie bestaan uit sewe genera en tagtig spesies waarvan sewe aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf is lank met 'n lang dorsale vin en die stertvin is bolrond. Die grootte wissel van 3 - 12 cm.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die sub-familie bly in koraal- en rots riwwe tot op dieptes van 30 cm. Die genus Pseudochromis lê 'n sak eiers in 'n leë gat of onder 'n oorhang wat deur die mannetjie opgepas word.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Pseudochromis
- Pseudochromis aldabraensis
- Pseudochromis dutoiti - Dutoiti
- Pseudochromis kristinae
- Pseudochromis melas - Donkerspikkelrug
- Pseudochromis natalensis - Natalse spikkelrug
Sub-familie: Congrogadinae
[wysig | wysig bron]Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die subfamilie bestaan uit agt genera en twee en twintig spesies waarvan vyf aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf, dorsale-en analevinne is lank. Die pektorale vinne is kort en die bekken vinne is klein en ontbreek by party spesies. Die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die grootte wissel van 5 – 50 cm.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:
- Halidesmus
- Halidesmus scapularis - Slangetjie
- Halimuraena
- Halimuraena shakai
- Natalichthys
- Natalichthys leptus
- Natalichthys ori
- Natalichthys sam
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7