Hexrivierberge
Voorkoms
Die Hexrivierberge is in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die berge is deel van die Kaapse Plooigordel en lê noordoos/suidwes tussen Worcester en Touwsrivier. Die hoogste piek is die Matroosberg (2249 m). Die storie van Die Heks van Hexrivier loop hand aan hand met dié berge.
Bergpasse
[wysig | wysig bron]Die Hexrivierpas, wat die N1 nasionale pad oor die berg dra, en die Hexrivier-spoorwegpas is twee bekende passe wat oor die berg gaan.[1]