Cheilodactylidae
Voorkoms
Cheilodactylidae | |
---|---|
Nemadactylus douglasii | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Cheilodactylidae
|
Genera | |
Cheilodactylus |
Die vingervinne en banksteenbrasse (Cheilodactylidae) is 'n visfamilie van die orde Perciformes. Daar is ses genera met minstens vyftien spesies in die familie. Vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie word 18 cm - 1 m groot. Al die lede van die familie het gevurkte sterte en die volwasse visse het dik lippe. Die meeste spesies sit op die bodem in vlak poele, ondersteun deur hulle dik bekkenvinne op soek na prooi - bodembewoners soos skaaldiere, wurms en vis. Die groter spesies is gewilde eetvis.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Cheilodactylus
- Cheilodactylus fasciatus - Rooivingers
- Cheilodactylus pixi - Balk-vingervin
- Chirodactylus
- Chirodactylus brachydactylus - Vingervin
- Chirodactylus grandis - Banksteenbras
- Chirodactylus jessicalenorum - Natalse vingervin
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7