Coryphaenidae
Coryphaenidae | |
---|---|
Coryphaena hippurus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Coryphaenidae
|
Genus | |
Sien teks. |
Die Dorades (Coryphaenidae) is 'n familie van visse wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is slegs een genus met twee spesies wat hoort tot dié familie en een van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor; die familie is dus 'n Monotipiese takson.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die lyf is plat en lank. Die volwasse visse het benerige knop op die voorkop wat die kop 'n steil profiel gee. Die lyf is bedek met klein skubbe. Die dorsale vin is lank, vanaf die voorkop tot by die stert. Die anale vin is ook lank, ongeveer die helfte van die dosale vin se lengte en die stert vin is gevurk. Dorades is ware pelagiese vis, hulle kom voor in die oop oseaan sowel as die naby die kus.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Coryphaena
- Coryphaena equiselis - Pompano-dorade
- Coryphaena hippurus - Dorade
Die spesie Coryphaena equiselis kom nie aan die Suid-Afrikaanse kus voor nie maar mag wel gevind word aan die grense van Suider-Afrika dit wil sê noord van Namibië en Mosambiek.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7