9 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
9 Maart is die 68ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (69ste in skrikkeljare). Daar volg nog 297 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1051 – Frederik van Lotaringe (Pous Stefanus IX (X)) word kanselier van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1253 – Pous Innocentius IV verklaar Peter van Verona, martelaar, heilig.
- 1489 – Pous Innocentius VIII stel 8 nuwe kardinale aan, waarvan twee familie van hom is en een van die familielede is slegs dertien jaar oud.
- 1489 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word kardinaal-diaken van Santa Maria in Domnica.
- 1513 – Pous Leo X volg Pous Julius II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1530 – Pous Clemens VII stel nog vyf nuwe kardinale aan.
- 1573 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Pistoia.
- 1668 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word nuntius in Wene.
- 1816 – Die Slagtersnek rebelle word gehang.
- 1839 – Die Koekoorlog kom tot 'n einde.
- 1916 – Generaal Pancho Villa lei 1500 Meksikane in 'n aanval oor die VSA-grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspedisie deur die VSA-leër.
- 1932 – Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.
- 1959 – Die wêreld se topverkoper-pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop.
- 2005 – 'n Aardbewing van 5.3 op die Richterskaal tref Stilfontein se Hartebeestfonteingoudmyn.
- 2011 – Die ruimtependeltuig Discovery maak sy finale landing na 39 vlugte.
- 2025 – Eindstryd van die negende Kampioenetrofee in Pakistan.
Geboortes
- 1454 – Amerigo Vespucci, Italiaanse ontdekkingsreisiger († 1512).
- 1838 – Albert Zinn, NG-predikant († 1866).
- 1890 – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat († 1986).
- 1902 – Will Geer, Amerikaanse akteur († 1978).
- 1910 – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg († 1970).
- 1921 – Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal († 2013).
- 1934 – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het († 1968).
- 1942 – John Cale, Walliese musikant en multi-instrumentalis.
- 1943 − Bobby Fischer, Amerikaanse skaakspeler († 2008).
- 1943 – Piet Welgemoed, voormalige professor in vervoerekonomie, Suid-Afrikaanse sakeman en NP-politikus.
- 1944 – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam († 2019).
- 1951 − Helen Zille, Demokratiese Alliansie-politikus.
- 1954 − Robert Gerard Sands, lid van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA) wat aan 'n hongerstaking gesterf het († 1981).
- 1962 – Richard Quest, Engelse joernalis en verslaggewer van CNN International in Londen.
Sterftes
- 1851 – Hans Christian Oersted, Deense fisikus (* 1777).
- 1888 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1797).
- 1948 – Edgar de Wahl, skepper van die kunsmatige taal Interlingue (* 1867).
- 1966 – George Burns, Amerikaanse akteur (* 1896).
- 1987 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfspeler (* 1917).
- 1992 – Menachem Begin, Israelse premier (* 1913).
- 1994 – Charles Bukowski, Duits-Amerikaanse digter, romanskrywer en kortverhaalskrywer (* 1920).
- 1995 – Edward Bernays, Amerikaanse teoretikus, beskou as 'n pionier op die gebied van openbare betrekkinge en propaganda. (* 1891).
- 2013 – Doc Immelman, avontuurverhaalskrywer (* 1928).
- 2021 – James Levine, Amerikaanse dirigent en pianis (* 1943).
- 2023 – Robert Blake, Amerikaanse akteur (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Baron Blissdag in Belize
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 Maart. |