6 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
6 Maart is die 65ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (66ste in skrikkeljare). Daar volg nog 300 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1446 – Ou-Zürich-oorlog: Veldslag by Bad Ragaz. Die Switserse Bondgenootskap verslaan ´n Oostenrykse aanvalsmag van 5000 soldate.
- 1447 – Pous Nicolaas V volg Pous Eugenius IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1521 – Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
- 1559 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Perugia en Umbrië.
- 1561 – Pous Pius IV laat kardinaal Carlo Carafa en sy broer Giovanni Carafa, hertog van Paliano, teregstel weens hulle betrokkenheid by die moord op die hertog se swanger vrou.
- 1566 – Pous Pius V stel sy familielid Michele Bonelli aan as kardinaal.
- 1591 – Pous Gregorius XIV stel nog vier nuwe kardinale aan waaronder Odoardo Farnese, ab van Grottaferrata.
- 1642 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul "In eminenti" waarin die Jansenisme veroordeel word.
- 1645 – Pous Innocentius X stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI).
- 1665 – Die eerste uitgawe van die Philosophical Transactions of the Royal Society verskyn.
- 1779 – Pous Pius VI publiseer "Nuper pro" oor erflatings in Portugal.
- 1869 – Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
- 1899 – Bayer registreer Aspirien as 'n handelsmerk.
- 1957 – Ghana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1987 – 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal.
- 2006 – Die Suid-Afrikaanse rolprent Tsotsi ontvang die Oscar vir die beste buitelandse rolprent op die toekenningseremonie in Hollywood.
- 2009 – Knysna-meer, die Wildernis, Tsitsikamma en ander parke in staatsbesit smelt saam om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1340 – Jan van Gent, die 1ste Hertog van Lancaster, was ’n lid van die Huis van Plantagenêt († 1399)
- 1475 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur († 1564).
- 1619 – Cyrano de Bergerac, Franse dramaturg en soldaat († 1655)
- 1779 – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal († 1869).
- 1914 – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent († 1981).
- 1917 – Frankie Howerd, Engelse komediant, akteur († 1992).
- 1926 – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur († 2016).
- 1927 – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer († 2014).
- 1930 – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis († 2014).
- 1936 – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2017).
- 1937 – Valentina Teresjkova, lid van die Russiese Staatsdoema, ingenieur en voormalige ruimtevaarder.
- 1939 – Lina Spies, Afrikaanse literator en digter.
- 1944 – Kiri Te Kanawa, Nieu-Seelandse operasangeres.
- 1947 – Cicely van Straten, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1947 – Rob Reiner, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Chris Burger, heelagter van die WP, wat gesterf het weens 'n nekbesering opgedoen tydens 'n rugbywedstryd († 1980).
- 1941 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise († 1963).
- 1968 – Moira Kelly, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Shaquille O'Neal, Amerikaanse afgetrede basketbalspeler, akteur.
- 1984 – Leïla Bekhti, Frans-Algeriese rolprent- en televisieaktrise.
- 1987 – Bobby van Jaarsveld, Afrikaanse sanger en akteur.
- 1992 – Samuel Bankman-Fried, Amerikaanse belegger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1836 – James Bowie, Amerikaanse pionier en jagter (* 1796).
- 1930 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) (* 1854).
- 1930 – Alfred von Tirpitz, Duitse admiraal (* 1849).
- 1967 – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901).
- 1982 – Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof (* 1905).
- 1994 – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale (* 1957).
- 2001 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk (* 1920).
- 2005 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 1906).
- 2007 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929).
- 2016 – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1921).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Onafhanklikheidsdag in Ghana (1957)