1513
Voorkoms
1513 |
◄ | 15de eeu | ◄16de eeu► | 17de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1508 | 1509 | 1510 | 1511 | 1512 | ◄ 1513 ► | 1514 | 1515 | 1516 | 1517 | 1518 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1513 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1513 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 9 Maart – Pous Leo X volg Pous Julius II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 18 Maart – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word aartsbiskop van Siponte Manfredonia.
- 19 Maart – Pous Leo X word gekroon in Rome.
- 27 Maart – Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer terwyl hy op soek is na die Fontein van Ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld.
- 2 April – Juan Ponce de León word die eerste Europeër om voet aan wal te sit in Florida.
- 5 April – Pous Leo X sluit aan by die Liga van Mechlin.
- 8 April – Juan Ponce de León maak aanspraak op Florida vir Spanje.
- 9 Mei – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word aartsbiskop van Florence.
- 14 September – Slag van Marignano; koning Frans I verslaan die pouslike magte.
- 23 September – Pous Leo X stel vier nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Giulio de' Medici (later Pous Clemens VII) en nog 'n familielid Innocenzo Cibo.
- 25 September – Conquistador Vasco Núñez de Balboa word die eerste Europeër om die Stille Oseaan te sien en noem dit Mar del Sur, of Suidsee.
- 9 Desember – Die Lateraanse konsilie bevestig die vrede met koning Lodewyk XII van Frankryk.
- Die Switserse Federasie word aansienlik vergroot deur toelating van die kantons Appenzell, Basel, Fribourg, Schaffhausen en Solothurn.
Geboortes
[wysig | wysig bron]Sterftes
[wysig | wysig bron]- 20 Februarie – Hans koning van Denemarke (* 1455).
- 21 Februarie – Pous Julius II, die 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 5 Desember 1443).
- 9 September – Jakobus IV, koning van Skotland (* 1473)