15 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
15 September is die 258ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (259ste in skrikkeljare). Daar volg nog 107 dae.
Gebeur
wysig- 1590 – Pous Urbanus VII volg Pous Sixtus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1644 – Pous Innocentius X volg Pous Urbanus VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1784 – Vincenzo Lunardi laat die eerste waterstofballon opstyg.
- 1835 – Charles Darwin bereik die Galápagos Eilande, waar hy begin om sy teorieë oor evolusie te ontwikkel.
- 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Die Zoeloekoning Cetshwayo kaMpande word as krygsgevangene na Kaapstad gestuur waar hy in die Kasteel die Goeie Hoop gevange gehou word.
- 1910 – Eerste Volksraadsverkiesing in Suid-Afrika na Uniewording.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Tenks word vir die eerste keer gebruik tydens die Slag van die Somme deur Brittanje.
- 1935 – Nazi-Duitsland stel die Neurenbergse Wette in wat Duitse Jode burgerskap ontneem, en neem 'n nuwe vlag met die swastika aan.
- 1945 – Die ringskommissie van Bulawayo besluit om die NG gemeente Mufulira van NG gemeente Nkana af te stig.
- 1963 – 'n Bomontploffing, waarin verskeie kinders sterf, ruk die '16th Street' Baptiste-kerk, 'n Afrika-Amerikaanse kerk in Birmingham, Alabama.
- 1966 – Brittanje laat die HMS Resolution te water, die eerste volwaardige Britse kernaangedrewe duikboot.
- 2008 – Na maratononderhandelinge gelei deur pres. Thabo Mbeki, teken die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en twee opposisieleiers, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, 'n magsdelingsooreenkoms.
Geboortes
wysig- 1254 – Marco Polo, een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westerlinge om met die syroete na China te reis († 1324).
- 1613 – François de La Rochefoucauld, Franse skrywer († 1680).
- 1789 – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer († 1851).
- 1857 – William Howard Taft, 27ste President van die Verenigde State († 1930).
- 1858 – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis († 1937).
- 1871 – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf († 1949).
- 1890 – Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster († 1976).
- 1892 – Helena Lochner, Afrikaanse skryfster († 1951).
- 1895 – Dr. Jan van Bruggen, Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent († 1948).
- 1919 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1985).
- 1933 – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis († 2014).
- 1942 – Emmerson Mnangagwa, Zimbabwiese politikus en derde president.
- 1945 – Jessye Mae Norman, Amerikaanse sopraan († 2019)
- 1946 – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder († 2024).
- 1947 – Sandra Prinsloo, Afrikaanse aktrise-regisseur.
- 1957 – Fulton Allem, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1962 – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1984 – Prins Harry, Hertog van Sussex, tweede seun van Charles III en prinses Diana.
Sterftes
wysig- 668 – Constans II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 630).
- 1859 – Isambard Kingdom Brunel, Engelse meganiese en siviele ingenieur (* 1806).
- 1914 – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Anglo-Boereoorlog (* 1847).
- 1927 – Herman Gorter, Nederlandse digter. (* 1864).
- 1975 – Antoine Abed, aartsbiskop van die Maroniet-Katolieke kerk in Tripoli, Libanon (* 1896).
- 1981 – Harold Bennett, Britse akteur (* 1899).
- 1995 – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler (* 1952).
- 2006 – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skryfster (* 1929).
- 2010 – Bettie Cilliers-Barnard, Suid-Afrikaanse skilderes (* 1914).
- 2014 – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins (* 1922).
- 2017 – Harry Dean Stanton, Amerikaanse akteur (* 1926).
- 2020 – Moussa Traoré, Malinese militaris en politikus (* 1936).
- 2020 – Wang Zhiliang, Chinese tafeltennisspeler en afrigter (* 1941).
- 2021 – Norman Bailey, Engelse operasanger (* 1933).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 15 September. |