9 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
9 September is die 252ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (253ste in skrikkeljare). Daar volg nog 113 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1513 – Jakobus IV van Skotland word verslaan en sterf in die Slag van Flodden Field. Dit beëindig Skotland se deelname in die Oorlog van die Liga van Cambrai.
- 1543 – Mary Stuart, slegs nege maande oud, word gekroon as Koningin van die Skotte in die sentrale Skotse stad van Stirling.
- 1739 – Stono Rebellion, die grootste slaweopstand in Groot-Brittanje se hoofland Noord-Amerikaanse kolonies voor die Amerikaanse Revolusie, begin naby Charleston, Suid-Carolina.
- 1743 – Pous Benedictus XIV stel 25 nuwe kardinale aan, waaronder Johann Theodor von Bayern, 'n biskop van Luik.
- 1791 – Washington, D.C., die hoofstad van die Verenigde State, word na President George Washington genoem.
- 1839 – John Herschel neem die eerste glasplaatfoto.
- 1850 – Kalifornië word as die 31e deelstaat van die Verenigde State toegelaat.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die skepping van die Canadian Automobile Machine Gun Brigade, die eerste ten volle gemeganiseerde eenheid in die Britse Weermag.
- 1923 – Mustafa Kemal Atatürk, die stigter van die Republiek van Turkye, stig die Republikeinse Volksparty.
- 1924 – Hanapepe-menseslagting in Kauai, Hawaii.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Japannese vlottervliegtuig laat 'n brandbom op Oregon val.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerde Magte land by Salerno en Taranto, Italië.
- 1948 – Republiekdag van Noord-Korea.
- 1956 – Elvis Presley verskyn die eerste keer op die Ed Sullivan Show.
- 1965 – Die Verenigde State Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling word gevorm.
- 1978 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 11 word lanseer.
- 1991 – Tadjikistan verkry sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 1993 – Die PLO erken Israel amptelik as 'n wettige staat.
- 2001 – Ahmed Shah Massoud, leier van die Northern Alliance, word deur twee Al-Kaïda sluipmoordenaars wat as Arabiese joernaliste vermom is, vermoor.
- 2001 – Pärnu metanoltragedie in Pärnu County, Estland.
- 2004 – 'n Bom ontplof buite die Australiese ambassade in Djakarta, 10 mense sterf.
- 2011 – Die sewende Rugbywêreldbeker begin in Nieu-Seeland.
- 2015 – Koningin Elizabeth II word die langsheersende monarg van Brittanje nadat sy die regeertyd van haar oor-oumagrootjie Koningin Victoria verbygesteek het.
- 2016 – Die regering van Noord-Korea voer sy vyfde en tot op daardie stadium grootste kernwapentoets uit. Wêreldleiers veroordeel die daad, met Suid-Korea wat dit as "maniese roekeloosheid" beskryf.
Geboortes
wysig- 214 – Aurelianus, Romeinse Keiser († 275).
- 1585 – Kardinaal de Richelieu, Franse kardinaal en staatsman († 1642).
- 1629 – Cornelis Tromp, Nederlandse admiraal († 1691).
- 1778 – Clemens Brentano, Duitse digter en romansier en een van die belangrikste verteenwoordigers van die Duitse Romantiek († 1842).
- 1840 – Gentil Theodoor Antheunis, 'n Vlaamse digter († 1907).
- 1885 – Paul Henckels, Duitse akteur († 1967).
- 1918 – Oscar Luigi Scalfaro, Italiaanse politikus, 9de president van Italië († 2012).
- 1923 – Cliff Robertson, Amerikaanse akteur († 2011).
- 1924 – Jane Greer, Amerikaanse aktrise († 2001).
- 1924 – Sylvia Miles, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1934 – Nicholas Liverpool, politikus en 6de President van Dominica († 2015).
- 1935 – Nadim Sawalha, Jordaniesgebore Engelse akteur.
- 1946 – Aleksander Doba, Poolse kajakvaarder wat veral bekend was vir sy lang reise wat oseane oorsteek († 2021).
- 1949 – Susilo Bambang Yudhoyono, 6de president van Indonesië.
- 1952 – Angela Cartwright, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1953 – Janet Fielding, Australiese akrise.
- 1960 – Hugh Grant, Engelse akteur en vervaardiger.
- 1966 – Adam Sandler, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1968 – Julia Sawalha, Engelse aktrise.
- 1971 – Eric Stonestreet, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Henry Thomas, Amerikaanse akteur en kitaarspeler.
- 1972 – Goran Višnjić, Kroaties-Amerikaanse akteur.
- 1973 – Alvin Botes, Noord-Kaapse politikus en lid van die African National Congress.
- 1974 – Vikram Batra, Indiese leëroffisier († 1999).
- 1975 – Michael Bublé, Kanadese sanger-liedjieskrywer en akteur.
- 1976 – Emma de Caunes, Franse aktrise.
- 1979 – Nikki DeLoach, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 1981 – Julie Gonzalo, Argentyns-Amerikaanse aktrise.
- 1989 – Isaac Seitlholo, Suid-Afrikaanse politikus, lid van die Nasionale Vergadering (LP) vir die DA.
Sterftes
wysig- 1087 – Koning Willem I van Engeland (* 1027).
- 1513 – Jakobus IV, koning van Skotland (* 1473).
- 1569 – Pieter Bruegel die Ouere, Vlaamse skilder (* ±1525).
- 1596 – Anna van Pole, was 'n Pools-Litause prinses (* 1523).
- 1676 – Paul Chomedey de Maisonneuve, Franse leëroffisier (* 1612).
- 1849 – Groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland, jongste van ses dogters en vier seuns van keiser Paul van Rusland (* 1798).
- 1868 – Silkaats, stigter en die eerste koning van die Ndebele (* ongeveer 1790).
- 1921 – Virginia Rappe, Amerikaanse aktrise (* 1891).
- 1976 – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier (* 1893).
- 1981 – Jacques Lacan, Franse psigoanalis (* 1901).
- 1997 – Burgess Meredith, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 2001 – Ahmad Shah Massoud, militêre bevelvoerder van die Noordelike Alliansie in Afghanistan (* 1953).
- 2003 – Edward Teller, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus, bekend as Die vader van die waterstofbom (* 1908).
- 2006 – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van TRUK (* 1922).
- 2012 – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer (* 1944).
- 2016 – James Stacy, Amerikaanse akteur (* 1936).
- 2020 – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat (* 1927).
- 2023 – Mangosuthu Buthelezi, politikus, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (* 1928).
- 2023 – Hans van Heerden Suid-Afrikaanse bariton (* 1935).
- 2024 - James Earl Jones, Amerikaanse akteur (* 1931).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 9 September. |