Twintig20
Voorkoms
Twintig20 (afgekort T20) is 'n vorm van krieket waar twee spanne elk 20 boulbeurte kry om vinnig soveel lopies moontlik te slaan. Dit is 'n relatief nuwe vorm van krieket en 'n wedstryd neem gewoonlik nie langer as drie ure nie. Twintig20 is in 2003 in Engeland bekendgestel. Die doel van die korter formaat is om krieket aantrekliker vir televisiekykers te maak.
Sedert 2005 word Twintig20-wedstryde in internasionale verband gespeel (T20I). Sedert 2007 word daar ook in die T20I-wêreldbeker aangebied, sedert 2009 ook vir vroue. Die mees onlangse T20I-wêreldbeker 2024 is in die Verenigde State en Wes-Indië aangebied en deur Indië gewen.
Plaaslik
[wysig | wysig bron]Dit is 'n lys van die huidige Twenty20-binnelandse kompetisies in verskeie van die voorste krieketlande.
Nasie | Plaaslike kompetisie | Aantal spanne |
---|---|---|
Afghanistan | Afghanistan Premierliga, Shpageeza Krieketliga | 5, 6 |
Australië | Big Bash League | 8 |
Bangladesj | Bangladesj Premierliga | 8 |
Engeland | T20 Blast | 18 |
Hongkong | Hongkong T20 Blitz | 5 |
Ierland | Inter-provinsiale trofee | 4 |
Indië | Indiese Premierliga, Saurashtra Premierliga, Syed Mushtaq Ali-trofee | 10, 5, 38 |
Kanada | Globale T20 Kanada | 6 |
Nederland | Nederlandse Twintig20-beker | 16 |
Nieu-Seeland | Super Smash | 6 |
Nepal | Everest Premierliga, Dhangadhi Premierliga, Pokhara Premierliga | 6, 6, 6 |
Pakistan | Pakistanse Superliga, Nasionale T20-beker Kashmir Premierliga | 6, 6, 8 |
Skotland | Murgitroyd Twintig20, Regional Pro Series | 4, 3 |
Sri Lanka | Sri Lanka Premierliga, Premier Twintig20 | 6, 24 |
Suid-Afrika | Mzansi Superliga, CSA Provinsiale T20 Cup, SA20 | 6, 15, 6 |
Verenigde State | Major League Cricket | 6 |
Wes-Indië | Karibbiese Premierliga | 6 |
Zimbabwe | Stanbic Bank 20 Series | 4 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Twintig20.
- (en) "Twenty20 cricket". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 November 2022.