Wildeleeubekkie
Voorkoms
Wildeleeubekkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Scrophulariaceae |
Genus: | Nemesia |
Spesie: | N. strumosa
|
Binomiale naam | |
Nemesia strumosa Benth., (1836)
| |
Sinonieme | |
|
Die wildeleeubekkie (Nemesia strumosa) is 'n klein, eenjarige blomplant wat in die lente blom. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Hopefield tot by Melkbosstrand voor.
Die plant dra tweelippige blomme in 'n verskeidenheid van kleure aan regop stingels. Die plant vertoon baie mooi in tuine, rotstuine en plantbakke. Die plant verkies vol son en matige water.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikispecies het meer inligting verwant aan Wildeleeubekkie