Hopefield
Hopefield | |
---|---|
NG kerk Hopefield | |
Koördinate: 33°03′56″S 18°21′03″O / 33.06556°S 18.35083°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Saldanhabaai |
Stigting | 1844 |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,41 km2 (12,51 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 460 |
• Digtheid | 199/km2 (520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 81.5% |
• Swart mense | 2.6% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 94.2% |
• Engels | 3.5% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 7355 |
Skakelkode | 022 |
Hopefield is 'n dorp in die Saldanhabaai munisipaliteit 37 km oos van Vredenburg op die hoofpad na Malmesbury met 'n bevolking van sowat 6 500 inwoners. Hopefield is die grootste dorp in die Sandveld.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp het in Desember 1851 ontstaan toe die NG Kerk 'n nuwe gemeente (Zouterivier) op die plaas Langekuil gestig het.[2] Die eerste woonerwe is in 1852 uitgemeet deur twee beamptes van Kaapstad: majoor Hope en mnr. Field en die dorp is na hulle vernoem. Die spoorlyn vanaf Kaapstad het die dorp in 1903 bereik.
'n Munisipaliteit is in 1914 gestig.[3]
Die dorp lê weerskante van die Soutrivier. Die NG gemeente is meer as 160 jaar oud.
Wapens
[wysig | wysig bron]Munisipaliteit (1) — Tot en met 1970 was Hopefield se munisipale wapen 'n anker op 'n skild binne 'n skildsoom.
Munisipaliteit (2) — 'n Verbeterde wapen is in 1970 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n blou dwarsbalk belaai met 'n skedel van 'n voorhistoriese dier van goud en vergesel in die skildhoof van twee gousblomme van rooi en in die skildvoet van 'n sespuntige ster van blou. Die helmteken was 'n goue koringgerf en die wapenspreuk "Spes anchora tuta".[4] Die wapen is waarskynlik deur dr Cornelis Pama ontwerp.
Omgewing en distrik
[wysig | wysig bron]Die plaaslike hoërskool trek leerders van omliggende dorpe en ook van verder weg danksy sy koshuise, streng dissipline en hoë standaarde. Die distrik is 1 300 km2 groot en is bekend vir sy fynbos en veldblomme in die lente. Die ekonomie is op graan, skaapboerdery en heuning gegrond.
Fossiel perseel
[wysig | wysig bron]Elandsfontein is 'n plaas 20 km suidwes van Hopefield waar argeologiese fondse van internasionale belang gemaak is. Die eerste uitgrawings is in 1953 deur dr Roland Singer gemaak.
Algemeen
[wysig | wysig bron]Hopefield is die geboortedorp van die bekende geneesheer en minister van gesondheid dr. Karl Bremer en die tuisdorp van Saldanhabaai se eerste burgemeester, me. Johanna Stoffels.
'n Tussenverkiesing op Hopefield op 23 Mei 2007, wat gevolg het op die bedanking van Johanna Stoffels as lid van die African National Congress en speaker van Saldanhabaai se munisipale raad, het meegebring dat die gesamentlike opposisie die raad se beheer by die ANC oorgeneem het, toe Stoffels as onafhanklike kandidaat teen die ANC-kandidaat gewen het met 1 285 stemme teenoor 985. Daar was 15 bedorwe stembriefies.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hopefield". Sensus 2011.
- ↑ NG Kerk Hopefield. URL besoek op 26 Junie 2016.
- ↑ Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek (1983).
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hopefield op Saldanhabaai se webwerf Geargiveer 1 Junie 2007 op Wayback Machine
- Toerisme-inligting Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- Meer oor Johanna Stoffels Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine