[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Swabiese Duits

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Swabiese Duits
Schwäbisch
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland

Vlag van Oostenryk Oostenryk

Totale sprekers: 820 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Opperduits
    Alemanniese Duits
     Swabiese Duits 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: gsw 
Die Westelike Opperduitse taalgebied met Elsasser Duits in die Ooste van Frankryk ██ Swabiese Duits (25) ██ Nederalemanniese Duits (26) ██ Elsasser Duits (27) ██ Hoogalemanniese Duits (28) ██ Hoogste-Alemanniese Duits (29) ██ Noord-Beiers (30) ██ Sentraal-Beiers (31) ██ Suid-Beiers (32)

Swabies (Duits: Schwäbisch) is een van die Alemanniese dialekte van Hoogduits, wat in die Swabestreek gepraat word. Swabe dek 'n groot deel van Duitsland se suidwestelike Bundesland (deelstaat) Baden-Württemberg (insluitend die hoofstad Stuttgart en 'n landelike gebied wat bekend staan as die Swabiese Alb) en die suidweste van die Bundesland Beiere.

Die dialek wissel van 'n 'standaard' Swabies wat in Stuttgart gepraat word tot effens anders en 'dikker' vorme wat in kleiner dorpies in die platteland aangetref word. Ouer mens kan baie keer bepaal van watter dorpie iemand af kom deur na hulle aksent te luister.

Swabies is soos ander Alemanniese dialekte moeilik verstaanbaar vir sprekers van Standaardduits. Dit bevat woordeskat wat geheel en al van Standaardduits verskil (b.v.. Standaardduits Marmelade is Gsälz in Swabies).

In 2009 is die woord Muggeseggele, ’n Swabiese idioom wat die skrotum van ’n huisvlieg beteken, in ’n lesersopname deur die Stuttgarter Nachrichten, Stuttgart se grootste koerant, aangewys as "die mooiste Swabiese woord".[1] Dit word op ’n ironiese manier gebruik om ’n klein maateenheid aan te dui en word as geskik beskou om voor kinders te gebruik.

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Taalkundig

[wysig | wysig bron]

Eienskappe (in vergelyking met Standaardduits) sluit in:

  • Die Middel-Hoogduitse monoftonge î en û het [e͡i] en [o͡u] geword, nie [a͡ɪ] en [a͡ʊ] nie.
  • die "-et" agtervoegsel vir werkwoorde in die 3rd persoon meervoudsvorm
  • soos in ander Alemanniese dialekte, die uitspreek van "s" voor konsonante soos [ʃ] (b.v.. Fest 'fees' word uitgespreek as Fescht)
  • die verkleiningsvorm agtervoegsel "-le" (baie vinnig uitgespreek, b.v. Haus kan Häusle word, Bisschen kan Bissle word) en "-la" vir meervoud (b.v. Spätzle word Spätzla)

Klank

[wysig | wysig bron]

Die Swabiese dialek word met 'n unieke melodie gepraat wat ook teenwoordig is wanneer Swabiese sprekers Standaardduits praat.

Variasie

[wysig | wysig bron]

Die Swabiese dialek bestaan uit talle sub-dialekte waarvan elkeen sys eie variasies het. Hierdie sub-dialekte kan gekategoriseer word volgens die verskil in die vorm van die verlede deelwoord 'sein' (om te wees) na gwä en gsi. Die Gsi groepe is nader aan die ander Alemanniese dialekte soos Switserse Duits.

Drie Swabiese variante kan onderskei word van Wes na Oos in Swabe:

Wes-Swabies (Weschtschwäbisch) Sentraal-Swabies (Mittelschwäbisch) Oos-Swabies (Oschtschwäbisch)
bròad, noa broid, noi broed/braed, …
raod, Sai raod/rood, Sai/See ròad, Sea
Schlòòf Schlòòf Schlaof

Daar is nie 'n beduidende verskil tussen die Swabiese Duits wat deur Katolieke en Protestante sprekers gepraat word nie.

Swabiese dialek skrywers

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Schönstes schwäbisches Wort, Großer Vorsprung für Schwabens kleinste Einheit Geargiveer 27 September 2013 op Wayback Machine, Jan Sellner 09.03.2009, Stuttgarter Nachrichten

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]