Majorka
Majorka Inheemse naam: Mallorca | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Majorka | |
Geografie | |
Ligging | Spanje, Baleariese Eilande, Middellandse See |
Koördinate | 39°37′N 2°59′O / 39.617°N 2.983°O |
Argipel | Baleariese Eilande |
Totale eilande | 5 |
Hoofeilande | Baleariese Eilande |
Oppervlakte | 3 640,11 vk. km |
Hoogste punt | Puig Major 1 445 m |
Administrasie | |
Spanje | |
Outonome gewes | Baleariese Eilande
|
Hoofstad | Palma de Mallorca |
Grootste stad | Palma de Mallorca (404 681)
|
Demografie | |
Bevolking | 869 067
|
Bevolkingsgroepe | Spanjaarde, Katalane |
Grootste van die Baleariese Eilande |
Majorka (Katalaans: Mallorca [məˈʎɔrkə]; Spaans: Mallorca [maˈʎorka]; vanaf Latyn: Insula Maior "groter eiland", later Maiorica "die groter een", in vergelyking met Menorca "die kleiner een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 160 km van die ooskus van Spanje en het 'n oppervlakte van 3 640,11 km². Die hoofstad en grootste stad is Palma de Mallorca, sowel van die eiland as van die provinsie Baleariese Eilande.
Geografie
[wysig | wysig bron]Daar is twee bergreekse aan weerskante van die eiland, parallel met mekaar, wat van suidwes na noordoos strek. Tussen die bergreekse is 'n vrugbare vlakte.
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Die ekonomie bestaan uit vissery en boerdery. Die eiland is ook bekend vir sy muskadel- en montana-wyne.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 15, Bladsy 284.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Majorka.
- (en) Toerisme-inligting oor Majorka op Wikivoyage
- (ca) (es) Amptelike webwerf