Jakobyn
Voorkoms
Die Jakobyne-klub, voorheen bekend as die Vereniging van die Vriende van die Konstitusie, was die bekendste en invloedrykste politieke klub in die ontwikkeling van die Franse Rewolusie.[1] Hulle is so genoem omdat die Dominikaanse Klooster waar hulle byeengekom het, kort tevore geskuif het na Rue St. Jacques (Afrikaans: Jakobus). Hulle is regdeur Frankryk verteenwoordig en hul lidmaatskap was sowat 420 000 .
Die klub het later berug geword weens hul heerskappy gekenmerk deur terreur.[2] Vandag word die term Jakobyn beskou as ’n neerhalende beskrywing van radikalisme en linkse rewolusionêre politiek.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Jacobin Club (French political history) – Britannica Online Encyclopedia" (in Engels). Britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2015. Besoek op 18 Augustus 2011.
- ↑ "Jacobins Facts, information, pictures | Encyclopedia.com-artikels oor die Jakobyne" (in Engels). Encyclopedia.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2010. Besoek op 18 Augustus 2011.
- ↑ "Jacobins Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia" (in Engels). Thefreedictionary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 18 Augustus 2011.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia