Hartlaubse meeu
Voorkoms
Hartlaubse meeu | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. hartlaubii
|
Binomiale naam | |
Chroicocephalus hartlaubii Bruch, 1853
| |
Sinonieme | |
Larus hartlaubii |
Die Hartlaubse meeu (Chroicocephalus hartlaubii) is 'n seevoël wat aan die suidkus naby Kaapstad, die suidweskus en weskus van Suid-Afrika voorkom. Dit is voorheen soms as 'n subspesie van Chroicocephalus novaehollandiae beskou en, soos die geval is met baie meeue, was dit tradisioneel in die genus Larus geklassifiseer. Deesdae vorm dit egter deel van die genus Chroicocephalus.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël het 'n wit kop behalwe in die broeiseisoen wanneer dit gryserig word. Die oë is donker.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Hartlaubse meeu vang kos lange die kuslyn en broei op eilande. Dit leef van afval, dooie vis en insekte. Hulle word ook op ashope en in die Kaapse middestad aangetref.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0