Kopernikium
| ||||||||||||||||||||||
Algemeen | ||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | kopernikium, Cn, 112 | |||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | oorgangsmetaal, ook beskou as ’n hoofgroepmetaal | |||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 12, 7, d | |||||||||||||||||||||
Atoommassa | (285) g/mol | |||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | voorspel;[1] [Rn] 5f14 6d10 7s2 | |||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | voorspel; 2, 8, 18, 32, 32, 18, 2 | |||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 54084-26-3 | |||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | ||||||||||||||||||||||
Toestand | voorspel;[2] gas | |||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | voorspel; 23,7 g/cm³ | |||||||||||||||||||||
Kookpunt | 357 K (84 °C) | |||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | ||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | voorspel;[1][3]2, (1), 0 | |||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 1 154,9 kJ/mol | |||||||||||||||||||||
2de: 2 170,0 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||
3de: 3 164,7 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||
Geskiedenis | ||||||||||||||||||||||
Ontdek | 1996 | |||||||||||||||||||||
Ontdek deur | Sentrum vir Swaarioonnavorsing, Darmstadt, Duitsland | |||||||||||||||||||||
Genoem na | Nicolaas Copernicus | |||||||||||||||||||||
Datum van naam | 19 Februarie 2010 | |||||||||||||||||||||
Vorige naam | ununbium (Uub) | |||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | ||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Kopernikium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 112 en simbool Cn. Dit kom nie in die natuur voor nie en kan net in ’n laboratorium vervaardig word. Die stabielste bekende isotoop, kopernikium-285, het ’n halfleeftyd van sowat 29 sekondes. Dit is in 1996 deur die Sentrum vir Swaarioonnavorsing naby Darmstadt, Duitsland, sinteties vervaardig en genoem na die sterrekundige Nicolaas Copernicus.
Op die periodieke tabel lê kopernikium in die d-blok, in groep 12 en periode 7. Tydens reaksies met goud het dit gewys[4] dit is ’n hoogs vlugtige metaal, en dit is dus moontlik ’n gas by ’n standaardtemperatuur en -druk.
Daar word gereken kopernikium het verskeie eienskappe wat verskil van dié van sy ligter homoloë, sink, kadmium en kwik. Vanweë relativistiese effekte kan dit selfs sy 6d-elektrone afstaan in plaas van sy 7s-elektrone. Daar is ook bereken kopernikium het moontlik ’n oksidasietoestand van +4, terwyl kwik dit net in een verbinding het (wat betwis word) en sink en kadmium dit glad nie het nie. Daar is ook voorspel dit sal moeiliker wees om kopernikium te oksideer vanuit sy neutrale toestand as die ander elemente in groep 12.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media. ISBN 1-4020-3555-1.
- ↑ Soverna S 2004, 'Indication for a gaseous element 112,' Geargiveer 29 Maart 2007 op Wayback Machine in U. Grundinger (red.), GSI Scientific Report 2003, GSI Report 2004-1, p. 187, ISSN 0174-0814
- ↑ H. W. Gäggeler (2007). "Gas Phase Chemistry of Superheavy Elements" (PDF). Paul Scherrer Institute. pp. 26–28. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Februarie 2012. Besoek op 31 Desember 2021.
- ↑ Eichler, R.; et al. (2007). "Chemical Characterization of Element 112". Nature. 447 (7140): 72–75. Bibcode:2007Natur.447...72E. doi:10.1038/nature05761. PMID 17476264.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Kopernikium by The Periodic Table of Videos (Universiteit van Nottingham)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kopernikium.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir kopernikium.
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |