FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974
Fußball-Weltmeisterschaft 1974 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Wes-Duitsland |
Datums | 13 Junie – 7 Julie |
Spanne | 16 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 9 (in 9 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Wes-Duitsland (2 titels) |
Tweede plek | Nederland |
Derde plek | Pole |
Vierde plek | Brasilië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 38 |
Doele | 97 (2.55 per wedstryd) |
Bywoning | 1 865 762 (49 099 per wedstryd) |
Meeste punte | Grzegorz Lato (7 doele)[1] |
Beste speler | Johan Cruijff |
← 1970 1978 → |
Die tiende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 1974; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 13 Junie tot 7 Julie 1974 in Wes-Duitsland (BRD) aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Wes-Duitsland aangebied is en die sesde in Europa. Ná die Olimpiese Somerspele 1972 in München was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 die tweede groot sportkompetisie in Wes-Duitsland.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Nederland met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Wes-Duitsland het daarmee die eerste land geword wat die nuwe FIFA Wêreldbekertrofee verower het, nadat die Jules Rimet-trofee tydens die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 permanent aan die driemalige kampioen Brasilië oorhandig is. Wes-Duitsland was ook die vierde gasheer ná Uruguay in 1930, Italië in 1934 en Engeland in 1966 wat die toernooi gewen het. Pole het in die derde en die verdedigende kampioen Brasilië in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Australië, Haïti, Oos-Duitsland (DDR) en Zaïre (nou die Demokratiese Republiek die Kongo) het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Dit was die enigste verskyning van die Oos-Duitse nasionale sokkerspan by ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi. Oos- en Wes-Duitsland was volgens loting in dieselfde groep en die Oos-Duitsers kon tydens dié toernooi as enigste span daarin slaag om die gasheer en latere kampioen Wes-Duitsland te klop. Albei Duitse nasionale sokkerspanne het van die eerste na die tweede rondte deurgedring, maar die DDR is sonder oorwinnings uitgeskakel, terwyl die BRD al sy drie wedstryde gewen en tot die eindstryd deurgedring het.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Wes-Duitsland is op 6 Julie 1966 in Londen, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 in Engeland, deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974. Die enigste ander kandidaatland was Spanje, maar nadat dié land die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 toegewys is, het Spanje voor die stemming hulself onttrek. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 aan Argentinië toegewys.[2]
Reeds drie maande vroeër, op 16 April 1966, is die Beierse hoofstad München as gasheer vir die Olimpiese Somerspele 1972 aangewys. Die jaar 1966 was sodoende ’n deurbraak in die Wes-Duitse sportdiplomatie, aangesien 21 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die Nasionaal-Sosialistiese heerskap ’n Duitse staat weer as waardig beskou is om twee van die vernaamste internasionale sportkompetisies aan te bied.[3]
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die gasheer Wes-Duitsland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, twee vir CONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en OFC (Oseanië), asook tussen UEFA en CONMEBOL beslis.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 6de | 1 | 1966 | Naaswenner (1930) |
Australië | 1ste | 1 | – | Debuut |
Brasilië | 10de | 10 | 1970 | Kampioen (1958, 1962, 1970) |
Bulgarye | 4de | 4 | 1970 | Groepfase (1962, 1966, 1970) |
Chili | 5de | 1 | 1966 | Derde plek (1962) |
Haïti | 1ste | 1 | – | Debuut |
Italië | 8ste | 4 | 1970 | Kampioen (1934, 1938) |
Joego-Slawië | 6de | 1 | 1962 | Vierde plek (1930, 1962) |
Nederland | 3de | 1 | 1938 | Agtste eindrondte (1934, 1938) |
Oos-Duitsland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Pole | 2de | 1 | 1938 | Agtste eindrondte (1938) |
Skotland | 3de | 1 | 1958 | Groepfase (1954, 1958) |
Swede | 6de | 2 | 1970 | Naaswenner (1958) |
Uruguay | 7de | 4 | 1970 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 8ste | 6 | 1970 | Kampioen (1954) |
Zaïre | 1ste | 1 | – | Debuut |
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
München | Wes-Berlyn | Hamburg | Dortmund |
---|---|---|---|
Olympiastadion | Olympiastadion | Volksparkstadion | Westfalenstadion |
48°10′23.4″N 11°32′47.5″O / 48.173167°N 11.546528°O | 52°30′52.7″N 13°14′22.6″O / 52.514639°N 13.239611°O | 53°35′13.8″N 9°53′55.1″O / 53.587167°N 9.898639°O | 51°29′33.6″N 7°27′6.4″O / 51.492667°N 7.451778°O |
Kapasiteit: 80 000 | Kapasiteit: 86 000 | Kapasiteit: 62 000 | Kapasiteit: 54 000 |
Düsseldorf |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 (Wes-Duitsland en Wes-Berlyn) | ||
Rheinstadion | |||
51°15′37″N 6°44′3″O / 51.26028°N 6.73417°O | |||
Kapasiteit: 67 000 | |||
Gelsenkirchen | Frankfurt am Main | Hannover | Stuttgart |
Parkstadion | Waldstadion | Niedersachsenstadion | Neckarstadion |
51°33′33.3″N 7°4′3.5″O / 51.559250°N 7.067639°O | 50°4′6.8″N 8°38′43.5″O / 50.068556°N 8.645417°O | 52°21′36.1″N 9°43′52.4″O / 52.360028°N 9.731222°O | 48°47′32″N 9°13′55″O / 48.79222°N 9.23194°O |
Kapasiteit: 72 000 | Kapasiteit: 61 000 | Kapasiteit: 65 000 | Kapasiteit: 71 000 |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is oor 25 dae tussen 16 verskillende nasies oor 38 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Junie 1974 op die Waldstadion in Frankfurt am Main met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Brasilië en Joego-Slawië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Olympiastadion in München op 7 Julie met die eindstryd tussen Nederland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[5]
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Tweede rondte
[wysig | wysig bron]Die tweede rondte het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner van die klein finale deur ’n strafskopkompetisie bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag binne enkele dae herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n strafskopkompetisie beslis word.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die tweede rondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende eindstryd. Die loting is op 5 Januarie 1974 in die Große Sendesaal des Hessischen Rundfunks in Frankfurt am Main gehou.
Eerste rondte
[wysig | wysig bron]16 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van albei groepe in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
Groep 1
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Oos-Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 1 | +3 | 5 |
Wes-Duitsland | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 1 | +3 | 4 |
Chili | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 2 | –1 | 2 |
Australië | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 5 | –5 | 1 |
14 Junie 1974 16:00 | ||||
Wes-Duitsland | 1–0 | Chili | Olympiastadion, Wes-Berlyn Toeskouers: 83 168 Skeidsregter: Doğan Babacan (Turkye) | |
Breitner 18' | Verslag |
14 Junie 1974 19:30 | ||||
Oos-Duitsland | 2–0 | Australië | Volksparkstadion, Hamburg Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Youssou N'Diaye (Senegal) | |
Curran 58' (e.d.) Streich 72' |
Verslag |
18 Junie 1974 16:00 | ||||
Australië | 0–3 | Wes-Duitsland | Volksparkstadion, Hamburg Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Mahmoud Mustafa Kamel (Egipte) | |
Verslag | 12' Overath 34' Cullmann 53' Müller |
18 Junie 1974 19:30 | ||||
Chili | 1–1 | Oos-Duitsland | Olympiastadion, Wes-Berlyn Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Aurelio Angonese (Italië) | |
Ahumada 69' | Verslag | 55' Hoffmann |
22 Junie 1974 16:00 | ||||
Australië | 0–0 | Chili | Olympiastadion, Wes-Berlyn Toeskouers: 14 681 Skeidsregter: Jafar Namdar (Iran) | |
Verslag |
22 Junie 1974 19:30 | ||||
Oos-Duitsland | 1–0 | Wes-Duitsland | Volksparkstadion, Hamburg Toeskouers: 60 350 Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay) | |
Sparwasser 77' | Verslag |
Groep 2
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Joego-Slawië | 3 | 1 | 2 | 0 | 10 | 1 | +9 | 4 |
Brasilië | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 0 | +3 | 4 |
Skotland | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 1 | +2 | 4 |
Zaïre | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 14 | –14 | 0 |
13 Junie 1974 17:00 | ||||
Brasilië | 0–0 | Joego-Slawië | Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 62 000 Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland) | |
Verslag |
14 Junie 1974 19:30 | ||||
Zaïre | 0–2 | Skotland | Westfalenstadion, Dortmund Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Gerhard Schulenburg (Wes-Duitsland) | |
Verslag | 26' Lorimer 34' Jordan |
18 Junie 1974 19:30 | ||||
Joego-Slawië | 9–0 | Zaïre | Parkstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Omar Delgado Gómez (Colombia) | |
Bajević 8', 30', 81' Džajić 14' Šurjak 18' Katalinski 22' Bogićević 35' Oblak 61' Petković 65' |
Verslag |
18 Junie 1974 19:30 | ||||
Skotland | 0–0 | Brasilië | Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Arie van Gemert (Nederland) | |
Verslag |
22 Junie 1974 16:00 | ||||
Skotland | 1–1 | Joego-Slawië | Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: Alfonso González Archundia (Meksiko) | |
Jordan 88' | Verslag | 81' Karasi |
22 Junie 1974 16:00 | ||||
Zaïre | 0–3 | Brasilië | Parkstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Nicolae Rainea (Roemenië) | |
Verslag | 12' Jairzinho 66' Rivelino 79' Valdomiro |
Groep 3
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nederland | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 1 | +5 | 5 |
Swede | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 0 | +3 | 4 |
Bulgarye | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 5 | –3 | 2 |
Uruguay | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 6 | –5 | 1 |
15 Junie 1974 16:00 | ||||
Uruguay | 0–2 | Nederland | Niedersachsenstadion, Hannover Toeskouers: 53 700 Skeidsregter: Károly Palotai (Hongarye) | |
Verslag | 7', 86' Rep |
15 Junie 1974 16:00 | ||||
Swede | 0–0 | Bulgarye | Rheinstadion, Düsseldorf Toeskouers: 22 500 Skeidsregter: Edison Perez Nunez (Peru) | |
Verslag |
19 Junie 1974 19:30 | ||||
Uruguay | 1–1 | Bulgarye | Niedersachsenstadion, Hannover Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland) | |
Pavoni 87' | Verslag | 75' Bonef |
19 Junie 1974 19:30 | ||||
Nederland | 0–0 | Swede | Westfalenstadion, Dortmund Toeskouers: 53 700 Skeidsregter: Werner Winsemann (Kanada) | |
Verslag |
23 Junie 1974 16:00 | ||||
Nederland | 4–1 | Bulgarye | Westfalenstadion, Dortmund Toeskouers: 52 100 Skeidsregter: Tony Boskovic (Australië) | |
Neeskens 5' (straf), 44' (straf) Rep 71' de Jong 88' |
Verslag | 78' (e.d.) Krol |
23 Junie 1974 16:00 | ||||
Swede | 3–0 | Uruguay | Rheinstadion, Düsseldorf Toeskouers: 27 100 Skeidsregter: Erich Linemayr (Oostenryk) | |
Edström 46', 77' Sandberg 74' |
Verslag |
Groep 4
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pole | 3 | 3 | 0 | 0 | 12 | 3 | +9 | 6 |
Argentinië | 3 | 1 | 1 | 1 | 7 | 5 | +2 | 3 |
Italië | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 4 | +1 | 3 |
Haïti | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 14 | –12 | 0 |
15 Junie 1974 18:00 | ||||
Italië | 3–1 | Haïti | Olympiastadion, München Toeskouers: 51 100 Skeidsregter: Vicente Llobregat (Venezuela) | |
Rivera 52' Benetti 64' Anastasi 78' |
Verslag | 46' Sanon |
15 Junie 1974 18:00 | ||||
Pole | 3–2 | Argentinië | Neckarstadion, Stuttgart Toeskouers: 31 500 Skeidsregter: Clive Thomas (Wallis) | |
Lato 7', 62' Szarmach 8' |
Verslag | 60' Heredia 66' Babington |
19 Junie 1974 19:30 | ||||
Argentinië | 1–1 | Italië | Neckarstadion, Stuttgart Toeskouers: 68 900 Skeidsregter: Pavel Kazakof (Sowjetunie) | |
Houseman 20' | Verslag | 35' (e.d.) Perfumo |
19 Junie 1974 19:30 | ||||
Haïti | 0–7 | Pole | Olympiastadion, München Toeskouers: 23 400 Skeidsregter: Govindasamy Suppiah (Singapoer) | |
Verslag | 17', 87' Lato 18' Deyna 30', 34', 50' Szarmach 31' Gorgoń |
23 Junie 1974 16:00 | ||||
Argentinië | 4–1 | Haïti | Olympiastadion, München Toeskouers: 24 000 Skeidsregter: Pablo Sánchez Ibáñez (Spanje) | |
Yazalde 15', 68' Houseman 18' Ayala 55' |
Verslag | 63' Sanon |
23 Junie 1974 16:00 | ||||
Pole | 2–1 | Italië | Neckarstadion, Stuttgart Toeskouers: 68 900 Skeidsregter: Hans-Joachim Weyland (Wes-Duitsland) | |
Szarmach 38' Deyna 44' |
Verslag | 85' Capello |
Tweede rondte
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die eindstryd. |
Kwalifiseer vir die bronseindstryd. |
Uit die toernooi geskakel. |
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nederland | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 0 | +8 | 6 |
Brasilië | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 4 |
Oos-Duitsland | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 4 | –3 | 1 |
Argentinië | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
26 Junie 1974 19:30 | ||||
Nederland | 4–0 | Argentinië | Parkstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 55 348 Skeidsregter: Bob Davidson (Skotland) | |
Cruijff 11', 90' Krol 25' Rep 73' |
Verslag |
26 Junie 1974 19:30 | ||||
Brasilië | 1–0 | Oos-Duitsland | Niedersachsenstadion, Hannover Toeskouers: 58 463 Skeidsregter: Clive Thomas (Wallis) | |
Rivelino 60' | Verslag |
30 Junie 1974 16:00 | ||||
Argentinië | 1–2 | Brasilië | Niedersachsenstadion, Hannover Toeskouers: 38 000 Skeidsregter: Vital Loraux (België) | |
Brindisi 35' | Verslag | 32' Rivelino 49' Jairzinho |
30 Junie 1974 16:00 | ||||
Oos-Duitsland | 0–2 | Nederland | Parkstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 67 148 Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland) | |
Verslag | 7' Neeskens 59' Rensenbrink |
3 Julie 1974 19:30 | ||||
Argentinië | 1–1 | Oos-Duitsland | Parkstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 53 054 Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland) | |
Houseman 20' | Verslag | 14' Streich |
3 Julie 1974 19:30 | ||||
Nederland | 2–0 | Brasilië | Westfalenstadion, Dortmund Toeskouers: 52 500 Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland) | |
Neeskens 50' Cruijff 65' |
Verslag |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Duitsland | 3 | 3 | 0 | 0 | 7 | 2 | +5 | 6 |
Pole | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 2 | +1 | 4 |
Swede | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | –2 | 2 |
Joego-Slawië | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 6 | –4 | 0 |
26 Junie 1974 16:00 | ||||
Joego-Slawië | 0–2 | Wes-Duitsland | Rheinstadion, Düsseldorf Toeskouers: 66 085 Skeidsregter: Armando Marques (Brasilië) | |
Verslag | 39' Breitner 82' Müller |
26 Junie 1974 19:30 | ||||
Swede | 0–1 | Pole | Neckarstadion, Stuttgart Toeskouers: 43 755 Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay) | |
Verslag | 43' Lato |
30 Junie 1974 16:00 | ||||
Pole | 2–1 | Joego-Slawië | Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR) | |
Deyna 24' (straf) Lato 62' |
Verslag | 43' Karasi |
30 Junie 1974 19:30 | ||||
Wes-Duitsland | 4–2 | Swede | Rheinstadion, Düsseldorf Toeskouers: 66 500 Skeidsregter: Pavel Kazakof (Sowjetunie) | |
Overath 51' Bonhof 52' Grabowski 76' Hoeneß 89' (straf) |
Verslag | 24' Edström 53' Sandberg |
3 Julie 1974 16:30 | ||||
Pole | 0–1 | Wes-Duitsland | Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 62 000 Skeidsregter: Erich Linemayr (Oostenryk) | |
Verslag | 76' Müller |
3 Julie 1974 19:30 | ||||
Swede | 2–1 | Joego-Slawië | Rheinstadion, Düsseldorf Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Luis Pestarino (Argentinië) | |
Edström 29' Torstensson 85' |
Verslag | 27' Šurjak |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]6 Julie 1974 16:00 | ||||
Brasilië | 0–1 | Pole | Olympiastadion, München Toeskouers: 74 100 Skeidsregter: Aurelio Angonese (Italië) | |
Verslag | 76' Lato |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]7 Julie 1974 16:00 | ||||
Nederland | 1–2 | Wes-Duitsland | Olympiastadion, München Toeskouers: 75 200 Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland) | |
Neeskens 2' (straf) | Verslag | 25' (straf) Breitner 43' Müller |
Sokkerwêreldkampioen 1974 |
---|
Wes-Duitsland |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1974-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groepe | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Wes-Duitsland | 1/B | 7 | 6 | 0 | 1 | 13 | 4 | +9 | 12 |
2 | Nederland | 3/A | 7 | 5 | 1 | 1 | 15 | 3 | +12 | 11 |
3 | Pole | 4/B | 7 | 6 | 0 | 1 | 16 | 5 | +11 | 12 |
4 | Brasilië | 2/A | 7 | 3 | 2 | 2 | 6 | 4 | +2 | 8 |
In die tweede rondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Swede | 3/B | 6 | 2 | 2 | 2 | 7 | 6 | +1 | 6 |
6 | Oos-Duitsland | 1/A | 6 | 2 | 2 | 2 | 5 | 5 | ±0 | 6 |
7 | Joego-Slawië | 2/B | 6 | 1 | 2 | 3 | 12 | 7 | +5 | 4 |
8 | Argentinië | 4/A | 6 | 1 | 2 | 3 | 9 | 12 | −3 | 4 |
In die eerste rondte uitgeskakel | ||||||||||
9 | Skotland | 2 | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 1 | +2 | 4 |
10 | Italië | 4 | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 4 | +1 | 3 |
11 | Chili | 1 | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 2 | −1 | 2 |
12 | Bulgarye | 3 | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 5 | −3 | 2 |
13 | Uruguay | 3 | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 6 | −5 | 1 |
14 | Australië | 1 | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 5 | −5 | 1 |
15 | Haïti | 4 | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 14 | −12 | 0 |
16 | Zaïre | 2 | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 14 | −14 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2018. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (de) Dietrich Schulze-Marmeling (8 Mei 2006). "Die Geschichte der FIFA-Fußballweltmeisterschaft" (19de uitg.). Das Parlament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op 10 Februarie 2009.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974. |
- (en) fifa.com: West Germany 1974: Beckenbauer betters Cruyff
- (en) worldcup-history.com: Germany, 1974
- (en) rsssf.com: World Cup 1974