Elliot
Elliot | |
---|---|
'n Straat in die middedorp van Elliot | |
Koördinate: 31°20′S 27°51′O / 31.333°S 27.850°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Chris Hani |
Munisipaliteit | Sakhisizwe |
Stigting | 1885 |
Oppervlak | |
• Totaal | 28,85 km2 (11,14 vk. myl) |
Hoogte | 1 451 m (4 760 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 14 376 |
• Digtheid | 498/km2 (1 290/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 2.6% |
• Swart mense | 93.9% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 87.1% |
• Afrikaans | 4.5% |
• Engels | 4.5% |
• Gebaretaal | 1.7% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 5460 |
Poskode (posbusse) | 5460 |
Skakelkode | 045 |
Elliot (amptelik Khowa) is 'n dorp in die Noordoos-Kaap, 66 km suidwes van Maclear en 55 km (63 km per pad) suidoos van Barkly-Oos.[2] Dit was destyds net 9 km van die grens met die tuisland Transkei.
Die dorpie is in 1885 aangelê en word 'n munisipaliteit in 1911. Dit is genoem na sir Henry Elliot (1826 tot 1912), hooflanddros van die Transkeise gebiede van 1891 tot 1902. Die dorpie is 'n belangrike landbousentrum en skilderagtig aan die voet van die Drakensberg geleë. Die bevolking het aangegroei tot 14 376 in 2011 nadat dit slegs 6 080 was in 1980.
NG gemeente
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: NG gemeente Elliot.
Die gemeente is in 1890 deur die Ring van Burgersdorp gestig deur die toedoen van ds. W.A. Alheit, wat erg bekommerd was oor die lot van die verstrooide lede van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die grensgebied. Die dorpie het destyds uit sowat 10 huise bestaan, terwyl die plase uitgestrek en moeilik bereikbaar was.
Ds. J.C. du Plessis het van November 1891 tot November 1933 42 jaar lank hier gewerk. In sy dienstydperk is die gemeente se tweede kerkgebou midde-in die Tweede Vryheidsoorlog ingewy teen 'n koste van £2 000, 'n groot prestasie vir 'n arm gemeente te midde van groot storm en woeling. Die gebou het later as kerksaal gedien. In Mei 1932 is die huidige kerkgebou ingewy.
In 1919 was die ledetal reeds 1 100 en het die wyke Cala en Embokotwa as die NG gemeente Du Plessis afgestig. Met die ontvolking van die platteland en die apartheidsregering se tuisland-konsolidasie het die Afrikaners in die gebied egter in so 'n mate afgeneem, dat Du Plessis later jare by Indwe ingelyf moes word. In 1912 was daar deur die kerk se toedoen reeds 15 skole in die distrik met meer as 600 (Afrikaner-)kinders.
Die omgewing is ook getref deur die ontvolking van die platteland, In 1972 was hier nog 670 volwasse lidmate, dog in 1994 net 350, in 2006 255 en in 2012 234.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Os du Randt – Springbokrugbyspeler en wenner van twee Wêreldbekers.
- Mark Andrews – Springbokrugbyspeler
Galery
[wysig | wysig bron]Openbare geboue
[wysig | wysig bron]-
Die NG gemeente Elliot se muur van herinnering is 'n replika van die kerkgebou.
-
Die replika van die kerkgebou dien as muur van herinnering.
-
'n Engelse kerkie op die dorp.
-
'n Gedenksteen teen die kerkgebou van die Gereformeerde kerkgebou.
-
Die hoeksteen van die meer as eeu oue Gereformeerde kerkgebou.
-
Die Gereformeerde kerk Elliot is by Maclear ingelyf, maar dienste word nog hier gehou.
-
Elliot het eens op 'n tyd 'n bloeiende Afrikaanse hoërskool gehad.
-
Hoërskool Elliot.
-
'n Sakegebou aan die hoofstraat.
-
Die klippe aan die ingang van die dorp uit Barkly-Oos se rigting gedenk die nedersetting se honderdjarige bestaan.
-
Die hoeksteen van die stadsaal, gelê deur die administrateur van Kaapland.
Woonhuise
[wysig | wysig bron]-
Dié gebou is nie herbou nadat 'n brand dit in puin gelê het nie.
-
'n Woonhuis op die dorp.
-
'n Woonhuis op die dorp.
-
'n Woonhuis op die dorp.
-
'n Woonhuis op die dorp.
-
'n Woonhuis op die dorp.
-
'n Woonhuis op die dorp.
Sakegeboue
[wysig | wysig bron]-
Een van 'n aantal verlate sakegeboue op die dorp.
-
'n Taamlike groot maar verlate handelsgebou.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Reisafstande vanaf Elliot
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
- Lys van Oos-Kaapse gemeentes, 2010