[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Dagbreek (koshuis)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Dagbreek vanuit die lug.
Dagbreek se eie Eiffeltoring.

Dagbreek, ook bekend as die “John Murray Huis” (vernoem na John Murray, stigter van die Teologiese Kweekskool aan die Universiteit Stellenbosch) is die grootste en die tweede oudste manskoshuis op Stellenbosch. Dit is in sentrale Stellenbosch geleë. Dagbreek het 'n huis geword vir duisende mansstudente aan die Universiteit van Stellenbosch vandat die huis se deure oopgemaak het in 1921.

Die Geskiedenis van Dagbreek

[wysig | wysig bron]

Die Huis van Roem en Faam het oor ‘n tydperk van 102 jaar in ‘n wêreld van sy eie ontwikkel. Wanneer jy by die voordeur instap en deur die voorportaal beweeg, betree jy ‘n groot vierkant wat as die Quad bekend staan. Dit vorm die kern van Dagbreek se aktiwiteite en bestaan. Die eerste ding wat jy sal opmerk, is die alombekende simbool wat in die middle van die Quad staan:

Die Eiffel

[wysig | wysig bron]

Wyd en syd word Dagbreek met die Eiffel, en die Eiffel met Dagbreek, geassosieer. Dit is ons amptelike simbool, en pryk op die Huiswapen. Hierdie simbool dien ook as ‘n naam vir die Huis se amptelike publikasies (Die Eiffel), die derde rugbyspan (Die Eiffels) en ons hoog-

aangeskrewe sêrgroep (Die Eiffelkoor). Die Eiffel het reeds lank voor die sewentigerjare vir die Huis van Roem en Faam betekenis gehad. Die oorspronklike Eiffel is deur Koos du Pisani as deel van die vlotoptog in 1954 gebou. Hierdie voorstelling van die Franse Departement, is aangewys as die beste inskrywing. Na die optog het die Eiffel ‘n ereplek in die middel van die Quad gekry.

In 1958, onder leiding van Willie Esterhuyse, destydse Primarius, is hierdie model met ‘n replika vervang. Die vorige Eiffel is in 1962 deur Roelf Hollenbach en Jan du Preez gebou. In 2004, na jare se diens op die Quad en in ons harte, is ‘n nuwe Eiffel (ontwerp en gebou deur Fanie en Abie Nel) ter viering van die oorspronklike se vyftigste herdenking, opgerig. Op die wapen van Dagbreek staan die Eiffel voor ‘n opkomende son. Die son is nie net simbolies van Dagbreek se naam nie. As simbool van lig, is dit ‘n teken van die hoop en vertroue wat Dagbrekers in mekaar en in ander het.

Die Huis

[wysig | wysig bron]

Die koshuis is gebou in die vorm van ‘n vierkant en bestaan uit 17 bewoonde seksies. Seksies 1 tot 7 vorm die Seniorhuis waar manne van hul derde jaar af kan bly. Die Juniorhuis bestaan uit Seksie 8 tot 18 (Seksie 16 is die huidige eetsaal).

Eerste- en tweede-jaars bly in die Juniorhuis in dubbelkamers. Anders as in ander koshuise, is Dagbreek in verskillende dele (of seksies) gebou met vier kamers en ‘n badkamer per vloer. Hierdie boustyl het tot gevolg gehad dat elke seksie ‘n unieke karakter en tradisies het. Die wedywering tussen seksies is ‘n kenmerk van die Huis se dag-tot-dag bestaan.

Wynand Louw is die argitek van Dagbreek. Bouwerk is in 1920 begin en in 1921 voltooi, maar die gebou het slegs Seksies 1 tot 7 ingesluit. Die inwoners en studente van Stellenbosch was destyds verstom oor die reuse drieverdiepinggebou. JD Conradie was die heel eerste inwoner en in die eerste jaar van die Huis se bestaan, was daar slegs 27 inwoners.

Aanvanklik het elke inwoner sy eie kos voorberei. Hierdie stelsel het egter glad nie goed gewerk nie, en in 1925 is begin met die aanbou van Seksies 8 tot 18. Die nuwe deel het ‘n eetsaal ingesluit, asook ‘n ontspanningsaal.

Hierdie saal, Visholpark, is vernoem na twee vorige inwoners, Visser en Hollenbach, wat die pluimbalbaan daar uitgelê het.

Ander vertrekke sluit in, onder andere, ‘n Huis-komiteekamer, gebedskamer, waskamer, poskamer, Dagbreek Klub, die Argief en ’n gimnasium vir die fiksheidsbewustes.

Meer as net Akademie...

Dagbreek bied sy inwoners verskeie geleenthede om hulself optimaal te ontwikkel en voor te berei vir die lewe daarbuite. Spansporte is baie populêr onder Dagbrekers waar beide die rugby en hokkiespanne hul ligas in 2018 onderskeidelik gewen het. Die eerste waterpolo-, skaak- en tafeltennisspan het as kampioene in 2019 geseevier. In 2022 en 2023 het die Dagbreek Eiffelkoor die Universiteit van Stellenbosch se Acapella kompetisie gewen. Die eerstespan hokkie het ook die Hauer (die hokkieliga) gewen in 2022. Behalwe vir sport en kultuur, is daar verskillende komitees, vir ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite, om te verseker dat daar ruimte is vir elkeen om homself uit te leef.

Die gebou

[wysig | wysig bron]

Dagbreek is 'n vierkantige gebou met 'n groot grasperk in die binnehof. Dit bestaan uit sewentien bewoonde seksies waarvan die meeste vier kamers en 'n badkamer op elke vloer het. Seksies een tot sewe maak die Seniorhuis uit en agt tot agtien die Juniorhuis. Seksie 16 bestaan uit 'n eetsaal en 'n sosiale saal. Hierdie boustyl wat uniek is onder die koshuise op Stellenbosch het 'n besondere effek op die lewe in die koshuis. Verskillende seksies het elkeen hul eie karakter en tradisies en kompetisies tussen die verskillende seksies is 'n daaglikse gesig.

Wynand Louw[1] was die argitek van Dagbreek. Die bouery het in 1920 begin en die eerste deel (seksies een tot sewe) is in 1921 voltooi. JD Conradie, die eerste inwoner, was een van 27 inwoners wat in die eerste jaar van die huis se bestaan inwoners was. Huislede moes aanvanklik vir hulself kos voorberei, maar die stelsel het nie goed gewerk nie en die res van die koshuis se bouwerk het in 1925 begin. Die nuwe gedeelte het 'n eetsaal sowel as 'n sosiale saal ingesluit. Ander kamers in die gebou sluit 'n TV-kamer, huiskomitee-kamer, gebedskamer, snoekerkamer, waskamer, snoepie, argief en 'n klub in. Dagbreek het ook sy eie gimnasium in die koshuis.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]