Björn Borg
Björn Borg in 2014 | ||
Volle naam | Björn Rune Borg | |
---|---|---|
Land | Swede | |
Woonplek | Stockholm, Swede | |
Geboortedatum | 6 Junie 1956[1] | |
Geboorteplek | Södertälje, Swede[1] | |
Lengte | 1,80 m[1] | |
Gewig | 73 kg[1] | |
Afrigter | Lennart Bergelin (1971–1983) Ron Thatcher (1991–1993)[1] | |
Begin professioneel | 1973[1] | |
Afgetree | 4 April 1983[1][2] (terugkeer vanaf 1991 tot 1993) | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $3 655 751 (soos op 18 Julie 2023)[1] (284de van alle tye)[3] | |
Int. Tennisheldesaal | 1987 (ledeblad) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 654–140 (82,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 66[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (23 Augustus 1977)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | 3R (1974) | |
Franse Ope | W (1974, 1975, 1978, 1979, 1980, 1981) | |
Wimbledon | W (1976, 1977, 1978, 1979, 1980) | |
VSA-Ope | E (1976, 1978, 1980, 1981) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (1979, 1980) | |
WTA-kampioenskap | W (1976) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 93–89 (51,1%)[1] | |
Loopbaantitels | 4[1] | |
Hoogste rang | No. 31 (1 Maart 1976)[1] | |
Australiese Ope | 3R (1973) | |
Franse Ope | HE (1974, 1975) | |
Wimbledon | 3R (1976) | |
VSA-Ope | 3R (1975) |
Björn Borg (Sweeds: [bjœːɳ bɔrj] ; gebore 6 Junie 1956) is 'n afgetrede professionele tennisspeler van Swede. Hy was bekend vir sy ongewone en opwindende speelstyl en het verskeie rekords gebreek. Hy word as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.
Borg het Wimbledon van 1976 tot 1980 vyf keer in 'n ry gewen,[4] meer as enige speler vantevore, totdat Roger Federer hom geëwenaar het. Borg het ook ses Franse Ope-toernooie ingepalm, wat later deur Rafael Nadal oortref is. Oor sy loopbaan wen hy 11 grandslamtitels in 'n totaal van 62 toernooie.
Sedert sy aftrede het hy 'n klerereeks bedryf. Hy het twee seuns, Robin (gebore in 1985) en Leo (gebore in 2003).
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Borg is op 6 Junie 1956 in Stockholm gebore en word in Södertälje groot. Sy pa was 'n handelaar. Tennis was destyds taamlik onbekend in Stockholm en die omliggende gebiede. Borg beoefen dan ook "standaard" sportsoorte, soos yshokkie en sokker, totdat sy pa 'n tennisraket by 'n tafeltennistoernooi gewen het. Die jong Borg leer om met hierdie raket te speel en bemeester die spel op negejarige ouderdom.
Op laerskool is Borg deur Lennart Bergelin, 'n voormalige lid van die Sweedse Davisbeker-tennisspan raakgesien. Borg kon in yshokkie met beide sy linker- en regterhand speel. Hy het ook goeie voetwerk in sokker getoon. Borg was goed in sport, stewig gebou, met 'n belowende toekoms voor hom.
Op 14 wen Borg die Wimbledon-juniortitel en bereik die nommer een posisie op die ranglys vir juniors. In 1974 wen Borg sy eerste Grand Prix-toernooi, die Italiaanse Ope. In dieselfde jaar wen hy ook die Franse Ope by Roland Garros, sy eerste grandslamtitel, waarna daar nog vele sou volg.
Borg se bynaam was 'Mr. Cool', omdat hy nooit emosies op die baan gewys het nie. Daar is skertsend gevra of die man darem van vlees en bloed was, en nie dalk van ys nie. As gevolg hiervan kry hy ook ander byname, soos 'The Ice Man', 'Iceberg' en 'IceBorg'.
In 1982 beëindig Borg sy indrukwekkende tennisloopbaan op 26-jarige ouderdom. Hy was nie meer gemotiveerd om te wen nie en tennis was nie meer vir hom lekker nie.
In 1987 is hy in Internasionale Tennis se Heldesaal (Hall of Fame) vereer.
Grand Slam-rekord
[wysig | wysig bron]Die tabel toon Borg se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1973 | Nie deelgeneem nie | Rondte 4 | Kwarteindstryd | Rondte 4 |
1974 | Rondte 3 | Wenner | Rondte 3 | Rondte 2 |
1975 | Nie deelgeneem nie | Wenner | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
1976 | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Wenner | Eindstryd |
1977 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Wenner | Rondte 4 |
1978 | Nie deelgeneem nie | Wenner | Wenner | Eindstryd |
1979 | Nie deelgeneem nie | Wenner | Wenner | Kwarteindstryd |
1980 | Nie deelgeneem nie | Wenner | Wenner | Eindstryd |
1981 | Nie deelgeneem nie | Wenner | Eindstryd | Eindstryd |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 (en) "Player profile – Bjorn Borg". ATP World Tour. Besoek op 18 Julie 2023.
- ↑ (en) "Bjorn Borg:History". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2010. Besoek op 22 Mei 2015.
- ↑ (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 17 Julie 2023. Besoek op 18 Julie 2023.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Björn Borg.
- (en) Björn Borg se ATP-profiel
- (en) Björn Borg se ITF-profiel
- (en) Björn Borg in die Internet-rolprentdatabasis