Assegaai (boom)
Voorkoms
Assegaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Cornales |
Familie: | Curtisiaceae |
Genus: | Curtisia |
Spesie: | C. dentata
|
Binomiale naam | |
Curtisia dentata | |
Sinonieme | |
|
Die assegaai (Curtisia dentata) is 'n mediumgroot boom wat in bergwoude van Afrika groei.[1] Dit is redelik skaars tussen Kaapstad en die Soutpansberg, maar meer volop in die oostelike hooglande van Zimbabwe tot by die Gorongosaberg, asook Eswatini en Mosambiek.
Hierdie boom is die enigste spesie van die genus Curtisia. Die dentata ("getand") in die Latynse naam verwys na die kenmerkende tande op die blare van die assegaai. Die hout van die boom is in vroeër jare gebruik in die konstruksie van ossewaens.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Wit bessies
-
Blare met kenmerkende tande
-
'n Mediumgroot assegaaiboom in Kaapstad
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "iSpot: South African Tree Common Names". Besoek op 19 Mei 2017.[dooie skakel]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Assegaai (boom).