Apogonidae
Apogonidae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Apogonidae Günther, 1859
|
Genera | |
Sien teks |
Die Kardinaalvisse (Apogonidae) is 'n familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 22 genera met minstens 250 spesies in hierdie familie. Drie-en-vyftig van die spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie se liggaam is reghoekig en ietwat plat en het twee afsonderlike dorsale vinne. Die bek is groot en die familie het 'n volledige sylyn. Die grootte wissel van 4 – 25 cm. Die meeste spesies is naglewend en hulle vreet klein bodem ongewerweldes en soöplankton. Hierdie familie is een van die min seevisse waar orale inkubasie beoefen word; die mannetjie dra eiers in sy mond rond. Die meeste spesies is klein en leef in en by koraalriwwe. 'n Paar spesies leef in riviermondings en ook in varswater. Kardinaalvisse pas goed aan in akwariums.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:
- Apogon
- Apogon angustatus - Breëstreepkardinaal
- Apogon cookii - Swartband-kardinaal
- Apogon fraenatus - Stekelwang-kardinaal
- Apogon kallopterus - Stekelkop-kardinaal
- Apogon nigrofasciatus - Swartstreep-kardinaal
- Apogon semiornatus - Drieband-kardinaal
- Apogon taeniophorus - Negestreep-kardinaal
- Cheilodipterus artus - Wolfkardinaal
- Cheilodipterus macrodon - Tierkardinaal
- Cheilodipterus quinquelineatus - Skerptand-kardinaal
- Ostorhinchus
- Ostorhinchus apogonoides - Korttand-kardinaal
- Ostorhinchus cyanosoma - Gouestreep-kardinaal
- Ostorhinchus flagelliferus - Sweep-kardinaal
- Taeniamia fucata - Rooibalk-kardinaal
- Taeniamia mozambiquensis - Mosambiekse kardinaal
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7