[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Aleksandr Borodin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aleksandr Borodin
Agtergrondinligting
GeboortenaamAlexander Porfirjejitsj Borodin
Gebore(1833-11-12)12 November 1833
Sint Petersburg, Russiese Keiserryk
Sterf27 Februarie 1887 (op 53)
Sint Petersburg, Russiese Keiserryk
GenresOpera, simfonie, klassieke musiek en romantiek
Beroep(e)Komponis, chemikus, pianis, fluitis, tjellis en dokter
InstrumenteKlavier, fluit en tjello

Aleksandr Borodin (Russies: Алекса́ндр Порфи́рьевич Бороди́н, [ɐlʲɪkˈsandr pɐrˈfʲi rʲjɪvʲɪtɕ bərɐˈdʲin], ; 12 November 183327 Februarie 1887), een van die belangrikste Russiese komponiste van die 19de eeu, is in Sint Petersburg gebore. Hy het as skoolseun klavier, fluit en tjello leer speel en ook gekomponeer. Van 1850 af het hy in die chemie gestudeer en sy doktorsgraad het hy in 1859 behaal.

Na verdere studie in Europa het hy in 1864 hoogleraar in chemie aan die Medies-snykundige Akademie in Sint Petersburg geword. Uit hierdie tyd dateer sy eerste belangrike komposisie, die Eerste Simfonie in E-mol-majeur. In 1869 het Borodin aan sy Tweede Simfonie in B-mol en aan sy opera Prins Igor begin werk.

Hy het ook 'n aantal kunsliedere, strykkwartette, die Derde Simfonie in A-Mineur (onvoltooid) en die atmosferiese toondig In die steppe van Sentraal-Asië geskryf. Borodin se opbrengs is vanweë sy primêre bedrywighede as mediese wetenskaplike gering, maar die gehalte van sy musiek – met 'n sterk liriese inhoud en 'n kleurvolle orkestrasie – is besonder hoog.

Saam met Balakiref, Moessorgski, Cui en Rimski-Korsakof was hy deel van die Russiese nasionale skool wat as "die Vyf" bekend gestaan het. Borodin is op 15 Februarie 1887 tydens 'n bal in Sint Petersburg oorlede. Na sy dood is sy meesterlike opera Prins Igor deur Rimski-Korsakof voltooi.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aleksandr Borodin.
  • (en) "Aleksandr Borodin". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 September 2019.