[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Auto de fe: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k robot Bygevoeg: br:Auto de fé
Image:Pedro Berruguete - Saint Dominic Presiding over an Auto-da-fe (1475).jpg
Lyn 1: Lyn 1:
[[Beeld:Inquisition2.jpg|right|thumb|250px|Die [[Spaanse Inkwisisie]], geverf deur [[Pedro Berruguete]] in [[1475]]: "[[Sint Dominic]] oorsien 'n ''auto de fe''." (olie op hout, 154x92cm, [[Prado Museum]], [[Madrid]])]]
[[Beeld:Pedro Berruguete - Saint Dominic Presiding over an Auto-da-fe (1475).jpg|thumb|250px|Die [[Spaanse Inkwisisie]], geverf deur [[Pedro Berruguete]] in [[1475]]: "[[Sint Dominic]] oorsien 'n ''auto de fe''." (olie op hout, 154x92cm, [[Prado Museum]], [[Madrid]])]]
Die '''''auto de fe''''' ([[Middeleeue|Middeleeuse]] [[Spaanse taal|Spaans]] vir "geloofsaksie") was 'n ritueel van publieke [[boetedoening]] of beskaming van veroordeelde [[kettery|ketters]] en [[apostaat|apostate]] wat plaasgevind het nadat die [[Spaanse Inkwisisie]] hul straf besluit het. Strawwe vir die veroordeeldes het gestrek van die dra van 'n spesiale kenmerkende boetedoeningsmantel of "sanbenito", deur ander boetes of gevangenisstrawwe, tot die uiterste straf van om "ontspan" te word, oftewel om na die [[sekulêr]]e arm oorgegee te word.
Die '''''auto de fe''''' ([[Middeleeue|Middeleeuse]] [[Spaanse taal|Spaans]] vir "geloofsaksie") was 'n ritueel van publieke [[boetedoening]] of beskaming van veroordeelde [[kettery|ketters]] en [[apostaat|apostate]] wat plaasgevind het nadat die [[Spaanse Inkwisisie]] hul straf besluit het. Strawwe vir die veroordeeldes het gestrek van die dra van 'n spesiale kenmerkende boetedoeningsmantel of "sanbenito", deur ander boetes of gevangenisstrawwe, tot die uiterste straf van om "ontspan" te word, oftewel om na die [[sekulêr]]e arm oorgegee te word.



Wysiging soos op 11:49, 2 Mei 2007

Die Spaanse Inkwisisie, geverf deur Pedro Berruguete in 1475: "Sint Dominic oorsien 'n auto de fe." (olie op hout, 154x92cm, Prado Museum, Madrid)

Die auto de fe (Middeleeuse Spaans vir "geloofsaksie") was 'n ritueel van publieke boetedoening of beskaming van veroordeelde ketters en apostate wat plaasgevind het nadat die Spaanse Inkwisisie hul straf besluit het. Strawwe vir die veroordeeldes het gestrek van die dra van 'n spesiale kenmerkende boetedoeningsmantel of "sanbenito", deur ander boetes of gevangenisstrawwe, tot die uiterste straf van om "ontspan" te word, oftewel om na die sekulêre arm oorgegee te word.

Dit was die sekulêre staat wat doodsvonnisse voltrek het, wat gewoonlik opgelê is in gevalle waar herhaalde kettery voorgekom het ná 'n eerste oortreding. Gevangenes in hierdie kategorie wat hardkoppig gebly het is lewendig verbrand, behalwe indien hulle versoen is met die kerk, in welke geval hulle verwurg is op die brandstapel voordat díé aan die brand gesteek is.

Autos de fe was in publieke pleine of wandelpleine gevier, het vir verskeie ure aangehou en is bygewoon deur kerklike en burgerlike owerhede.

In Lissabon was die Rossioplein die plek vir verbranding gewees.

Die eerste auto de fe het in Seville, Spanje, in 1481 gebeur, toe ses mans en vroue tereggestel is. Die Inkwisisie het slegs beperkte mag in Portugal geniet, en het net vier jaar gehou, met slegs een auto da fe in Porto. Autos de fe het ook in Mexiko, Brasilië en Peru voorgekom, en is opgeteken deur moderne geskiedkundiges van die Conquistadors. Die laaste teregstelling deur die Spaanse Inkwisisie was van 'n skoolhoof, Cayetano Ripoll, op 26 Julie 1826. Sy verhoor het nagenoeg twee jaar geneem, en hy is aangekla daarvan dat hy 'n deïs was. Hy is verwurg op die galg nadat hy die woorde "Ek sterf versoene met God en met die mens" opgesê het. Dit was die laaste auto de fe.

Verwysings

  • Kamen, Henry (1999). The Spanish Inquisition: A Historical Revision. Yale University Press. ISBN 0300078803
This revised edition of his 1965 original contributes to the understanding of the Spanish Inquisition in its local context.
  • Lea, Henry Charles (1906–1907). A History of the Inquisition of Spain (4 volumes). New York and London.
  • Whitechapel, Simon (2003). Flesh Inferno: Atrocities of Torquemada and the Spanish Inquisition. Creation Books. ISBN 1840681055