[go: up one dir, main page]

Sassanidiese Ryk

Die Sassanidiese Ryk, ook bekend as die Derde Persiese Ryk of die Nieu-Persiese Ryk,[7] (deur sy inwoners Ērānshahr , ʾylʾnštr'; Pahlawi: 𐭠𐭩𐭥𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾyrʾnštry of 𐭠𐭩𐭫𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾylʾnštry; Moderne Persies: ایرانشهر; of Iran genoem)[8], was die laaste koninkryk van die Persiese Ryk voor die koms van Islam. Dit is na die Huis van Sassan genoem en het vanaf 224 tot 651 bestaan.[9] Die Sassanidiese Ryk het die Partiese Ryk opgevolg en is erken as een van die toonaangewende wêreldmagte langs sy naburige aartsvyand die Romeins-Bisantynse Ryk vir meer as 400 jaar.[10][11]

Ērānshahr
Sassanidiese Ryk
224–651
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Persië
Ligging of Persië
Die Sassanidiese Ryk op sy grootste onder Khusro II, ca. 620
Hoofstad Istachr[1] (224–226)
Ctesiphon (226–637)
Taal/Tale
  • Middel-Persies (amptelik)[2]
  • Middel-Aramees (lingua franca)[3]
  • Parties (administratief, tot die laat 3de eeu)
  • Grieks (administratief, tot die laat 3de eeu, en plaaslik)
  • Ander tale
Godsdiens Zoroastrisme (ook Babiloniese godsdiens, Nestorianisme, Manigeïsme, Mazdakisme, Judaïsme, Mandeïsme, Paganisme, Mitraïsme, Hindoeïsme, Boeddhisme)
Regering Monargie
Koning van konings (Sjahansja)
 - 224–241 Ardasjir I (eerste)
 - 632–651 Jazdagird III (laaste)
Historiese tydperk Laat oudheid
 - Slag van Hormozdgan 28 April 224
 - Iberiese oorlog 526–532
 - Bisantyns-Sassanidiese oorlog 602–628
 - Burgeroorlog[4] 628–632
 - Islamitiese verowering 633–651
 - Ryk val inmekaar 651
Oppervlakte
 - 550[5][6] 3 500 000 km2
1 351 358 sq mi
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Partiese Ryk
Skitiërs
Koninkryk van Iberië
Lachmiede
Koninkryk Aksum
Rasjidoen-kalifaat
Geanimeerde kaart van die Sassanidiese Ryk se uitbreiding
Sassanidiese seehandelsroetes

Die Sassanidiese Ryk is na die ineenstorting van die Partiese Ryk en die neerlaag van die laaste Arsasidiese koning Artabanus V deur Ardasjir I gestig. Op sy grootste uitbreiding het dit die hele Iran, Irak, die oostelike Arabië (Bahrein, Katar, Koeweit, Oman, die Verenigde Arabiese Emirate), die Levant (Sirië, Palestina, Libanon, Israel, Jordanië), die Kaukasus (Armenië, Georgië, Azerbeidjan, Dagestan), Egipte, groot dele van Turkye, baie van Sentraal-Asië (Turkmenistan, Oesbekistan, Tadjikistan), Jemen, Afghanistan en Pakistan beheer. Volgens oorlewering was die vlag van die Sassanidiese Ryk die Derafsj Kawiani.[12]

Die Sassanidiese Ryk tydens die laat Oudheid word beskou as een van Iran se belangrikste en invloedrykste historiese tydperke en die laaste groot Irannese ryk voor die Islamitiese verowering van Persië en die Islamisering van Iran.[13] Op baie maniere word die Sassanidiese tydperk as die hoogtepunt van die antieke Persiese kultuur beskou. Die Sassanidiese kulturele invloedsfeer streek ver buite dié ryk se territoriale grense, tot in Wes-Europa,[14] Afrika,[15] China en Indië.[16] Dit het 'n belangrike rol in die vorming van beide Europese en Asiatiese Middeleeuse kuns gespel.[17] Baie van wat later as Islamitiese kultuur in kuns, argitektuur, musiek en ander onderwerpe bekend sou word is van die Sassanidiese Ryk deur die hele Islamitiese wêreld versprei.[18]

Verwysings

wysig
  1. "CTESIPHON – Encyclopaedia Iranica" (in Engels). Iranicaonline.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 2 Februarie 2019.
  2. (en) Encyclopedia of the Peoples of Africa and the Middle East, Vol.1, Ed. Jamie Stokes, (Infobase Publishing, 2009), 601.
  3. (en) Chyet, Michael L. (1997). Afsaruddin, Asma; Krotkoff, Georg; Zahniser, A. H. Mathias (reds.). Humanism, Culture, and Language in the Near East: Studies in Honor of Georg Krotkoff. Eisenbrauns. p. 284. ISBN 978-1-57506-020-0.
  4. (en) Parvaneh Pourshariati, Decline and Fall of the Sasanian Empire: The Sasanian-Parthian Confederacy and the Arab Conquest of Iran, I.B. Tauris, 2008. (bl. 4)
  5. (en) Turchin, Peter; Adams, Jonathan M.; Hall, Thomas D (Desember 2006). "East-West Orientation of Historical Empires". Journal of World-Systems Research. 12 (2): 223. ISSN 1076-156X. Besoek op 11 September 2016.
  6. (en) Taagepera, Rein (1979). "Size and Duration of Empires: Growth-Decline Curves, 600 B.C. to 600 A.D." Social Science History. 3 (3/4): 122. doi:10.2307/1170959. Besoek op 11 September 2016.
  7. (en) Fattah, Hala Mundhir (2009). A Brief History Of Iraq. Infobase Publishing. p. 49. ISBN 978-0-8160-5767-2.
  8. (en) MacKenzie, D. N. (2005), A Concise Pahlavi Dictionary, London & New York: Routledge Curzon, p. 120, ISBN 0-19-713559-5 
  9. (en) "A Brief History". Culture of Iran. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2001. Besoek op 11 September 2009.
  10. (en) Norman A. Stillman The Jews of Arab Lands bl. 22 Jewish Publication Society, 1979 ISBN 0827611552
  11. (en) International Congress of Byzantine Studies Proceedings of the 21st International Congress of Byzantine Studies, London, 21–26 Augustus 2006, Volumes 1-3 bl. 29. Ashgate Pub Co, 30 September 2006 ISBN 075465740X
  12. (en) Khaleghi-Motlagh, Derafš-e Kāvīān
  13. (en) Hourani, bl. 87.
  14. (en) Will Durant, Age of Faith, (Simon and Schuster, 1950), 150.
  15. "Transoxiana 04: Sasanians in Africa" (in Engels). Transoxiana.com.ar. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 16 Desember 2013.
  16. Sarfaraz, bl. 329–330
  17. "Iransaga: The art of Sassanians" (in Engels). Artarena.force9.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2019. Besoek op 16 Desember 2013.
  18. (fa) Abdolhossein Zarinkoob: Ruzgaran: tarikh-i Iran az aghz ta saqut saltnat Pahlvi, bl. 305

Eksterne skakels

wysig