Roma
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Romani.
Roma is 'n sambreelterm vir 'n aantal etnies verwante groepe wat oorspronklik uit Indië afkomstig is en vanaf die 14de eeu in meerdere migrasiegolwe via Suidwes-Asië na Noord-Afrika en Europa, in die moderne tyd ook na die Amerikas en Australië gemigreer het.
Roma | |
---|---|
Vlag van die Roma | |
Totale bevolking: | ca. 2–12 miljoen[1][2][3][4] |
Belangrike bevolkings in: | Verenigde State ~1 miljoen[5] Brasilië 800 000[6] |
Taal: | Romani, tale van inheemse streke |
Geloofsoortuiging: | Christendom (Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Protestantisme) • Islam • Sjaktisme[47] |
Verwante etniese groepe: | Dom, Lom, Domba en ander Indo-Ariërs |
Roma word as etnies-kulturele minderheid op alle vastelande aangetref, alhoewel die meerderheid in Europa en hier veral in Suidoos-Europese en enkele Sentraal-Europese lande asook in Spanje en Portugal leef. In Duitssprekende gebiede word na hierdie etniese groepe meestal as "Sinti en Roma" verwys. In Duitsland is die Roma 'n erkende minderheid soos Dene, Friese en Sorbe.[48]
Hul gemeenskaplike taal is Romani of Romanes, met 'n groot verskeidenheid dialekte.
Baie lede van die minderheid word sowel vanweë hulle etniese afkoms asook hulle sosiale situasie gemarginaliseer. So word ook die term Sigeuner as neerhalend ervaar.
Taal
wysigNa die taal van Roma, romaňi čhib, word internasionaal en veral in Angel-Saksiese lande meestal as Romani, in die Duitse taalgebied ook as Romanes verwys. Romani is verwant aan Sanskrit en toon ooreenkomste met Sentraal- en Noordwes-Indiese tale. Volgens die ontstaansgeskiedenis van die basiese woordeskat en die grammatikale stelsel, maar ook volgens sy fonologie is Romani 'n Nieu-Indo-Ariese en dus Indo-Europese taal wat sedert meer as 800 jaar onafhanklik van die Indiese tale ontwikkel het, waarvan sedert minstens 700 jaar in Europa.
Godsdiens
wysigElemente uit verskillende periodes van die godsdienstige lewe in Indië en Ou-Persië kom nog steeds in die huidige religieuse voorstellings en geloofspraktyke van Roma voor.
Die geloof van Roma korrespondeer in 'n groot mate met die omgewende meerderheidsgodsdiens. So is die meeste Lowara-Roma Rooms-Katolieke en leef in tradisioneel Katolieke lande soos Oostenryk en Hongarye. Duitse Roma is eweneens merendeels Rooms-Katolieke, selfs in oorwegend Protestantse landsdele. In Oos-Europa is daar Ortodokse Kalderasj en Goerbet in Noord-Masedonië en Serwië asook Islamitiese Arlije in Noord-Masedonië, Albanië en Turkye. In Bulgarye is 39,2 persent van die Roma-bevolking Moslems.[49]
Die meeste van hierdie Islamitiese Roma praat die taal van hul Turkse geloofsbroeders - hulle is 'n belangrike faktor van Islam in Bulgarye. Opvallend by Bulgaarse Roma is hulle sinkretistiese tendense - dit wil sê daar kan 'n vermenging van Christelike en Islamitiese geloofspraktyke aangewys word.
In die afgelope dekades het ook vrye Christelike kerke, veral uit die Pinksterbeweging, sendingwerk in Roma-gemeenskappe gedoen.
Rooms-Katolieke Roma vereer die Swart Sara as hulle beskermheilige. In die Suid-Franse kusdorp Saintes-Maries-de-la-Mer in Camargue vind jaarliks 'n groot vergadering van Roma-gesinne ter ere van dié beskermheilige plaas. Hierdie byeenkoms staan tradisioneel as "Sigeuner-pelgrimstog" bekend en het lankal 'n toeristetrekpleister geword.
Musiek
wysigMusiek is diep gewortel in die Roma-kultuur en speel dus 'n belangrike rol in die alledaagse lewe van Roma. So staan musikale opvoerings gewoonlik ook tydens feeste sentraal. Van oudsher het baie Roma as professionele musikante in hul lewensonderhoud voorsien en elemente uit die omgewende meerderheidskultuur met hul eie musikale tradisies vermeng. Hieruit het 'n groot verskeidenheid plaaslike musiekstyle en instrumentasies voortgespruit.
In Spanje, veral die suidelike gewes Andalusië, het die Kalé of Gitanos groot invloed op die ontwikkeling van die plaaslike flamenco-dans uitgeoefen. Roma-musikante soos Manitas de Plata het danksy hul flamenco-musiek internasionaal bekendheid verwerf. Die Franse Sinto Django Reinhardt het as jazz-musikant sukses behaal.
Die sigeuners (Roma) is die troebadoers van Europa. Hulle het baie liedjies versamel met hul nomadiese leefstyl. Veral in Hongarye is hulle uiters vaardig op die viool. Hier staan hulle bekend as Tziganes. Tziganimusiek het oor die hele wêreld beroemd geword. Baie van die pragtige Hongaarse volkwysies, wat later komponiste soos Liszt, Brahms en Bartok sou inspireer, het behoue gebly omdat die Tziganes dit gespeel en gesing het.
Die lied Djelem, djelem is in 1971 tot volkslied van alle Roma verklaar.[50]
Verwysings
wysig- ↑ Lewis, M. Paul, red. (2009). "Ethnologue: Languages of the World" (online) (in Engels) (16th uitg.). Dallas, Texas: Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "EU demands action to tackle Roma poverty". BBC News (in Engels). 8 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020.
- ↑ "The Roma" (in Engels). Nationalia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Rom". Encyclopædia Britannica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ Webley, Kayla (13 Oktober 2010). "Hounded in Europe, Roma in the U.S. Keep a Low Profile". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Falta de políticas públicas para ciganos é desafio para o governo" (in Portugees). R7. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ 7,00 7,01 7,02 7,03 7,04 7,05 7,06 7,07 7,08 7,09 7,10 7,11 7,12 7,13 7,14 7,15 7,16 7,17 7,18 7,19 "Recent Migration of Roma in Europe, A study by Mr. Claude Cahn and Professor Elspeth Guild" (in Engels). OVSE. 10 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Türkiye'deki Kürtlerin sayısı!" (in Turks). 6 Junie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2016. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Türkiye'deki Çingene nüfusu tam bilinmiyor. 2, hatta 5 milyon gibi rakamlar dolaşıyor Çingenelerin arasında". Hurriyet (in Turks). 8 Mei 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2017. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Society for Threatened Peoples" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "The Situation of Roma in Spain" (PDF) (in Engels). Open Society Institute. 2002. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2009. Besoek op 15 September 2010.
- ↑ "Diagnóstico social de la comunidad gitana en España" (PDF) (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Rezultate" (in Roemeens). Institutul Naţional de Statistică. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (en) "World Bank and the Roma". Wêreldbank. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Rezultatele finale ale Recensământului din 2011 - Tab8. Populaţia stabilă după etnie – judeţe, municipii, oraşe, comune" (XLS) (in Roemeens). National Institute of Statistics. 5 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2013.
- ↑ "RECENSĂMÂNT 2011. Două treimi dintre romi se declară români. 700.000, 2.000.000, 3.000.000 ... câţi romi trăiesc în România?" (in Roemeens). 19 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Situation of Roma in France at crisis proportions – report" (in Frans). EurActiv Network. 7 Desember 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Report by the European Roma Rights Centre" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2017.
- ↑ "Full Report by the European Roma Rights Centre" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 10 April 2010.
- ↑ Bernard Gorce (22 Julie 2010). "Roms, gens du voyage, deux réalités différentes" (in Frans). La Croix. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Население по местоживеене, възраст и етническа група". Bulgarian National Statistical Institute (in Bulgaars). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (en) European Commission (4 April 2014). "Roma Integration – 2014 Commission Assessment: Questions and Answers". Persberig. http://europa.eu/rapid/press-release_MEMO-14-249_en.htm. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Hungarian Central Statistical Office Census Data 2011" (PDF) (in Hongaars). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ Michael Kimmelman (6 Februarie 2008). "In Hungary, Roma Get Art Show, Not a Hug" (in Engels). The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2009. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Greece NGO". Geek Helsinki Monitor (in Engels). LV: Minelres. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "[[Ethnologue]]" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
{{cite web}}
: URL–wikilink conflict (hulp) - ↑ "National Composition of Population and Citizenship" (Excel) (in Engels). Perepis2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2017. Besoek op 16 September 2010.
- ↑ (sr) "Национална Припадност Припаднос" (PDF). Stat. 29 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Skinhead violence targeting Roma in Yugoslavia". ERRC (in Engels). 15 Mei 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2019. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (it) "Giornata Internazionale dei rom e sinti: presentato il Rapporto Annuale 2014 (PDF)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Februarie 2017. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Regionale Dynamik – Roma in Deutschland" (in Duits). Berlin-Institut für Bevölkerung und Entwicklung. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (sk) "Population and Housing Census. Resident population by nationality" (PDF). Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 Julie 2007.
- ↑ "Na Slovensku žije viac ako 400-tisíc Rómov, populačný boom sa nepotvrdil". SME (in Slowaaks). SITA. 25 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "The 2002-census reported 53,879 Roma and 3,843 'Egyptians'" (in Engels). Republic of Macedonia, State Statistical Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2010. Besoek op 17 September 2010.
- ↑ "Minoritet – Sametingen. Information about minorities in Sweden" (in Sweeds). IMCMS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (uk) "National composition of population, 2001 census". State statistics committee. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Sčítání lidu, domů a bytů". czso.cz (in cz). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ "Současná romská komunita v Evropě" (in cz). romove.radio.cz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ 39,0 39,1 "Roma /Gypsies: A European Minority" (PDF) (in Engels). Minority Rights Group International. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (en) "Historical Dictionary of the Gypsies (Romanies)".
- ↑ "POPULATION BY ETHNICITY – DETAILED CLASSIFICATION, 2011 CENSUS" (in Engels). Croatian Bureau of Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Poland – Gypsies". Country studies (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Albanian census 2011". instat.gov.al (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (XLS) op 16 Oktober 2017. Besoek op 7 Desember 2015.
- ↑ (en) "Roma in Canada fact sheet" (PDF). home.cogeco.ca. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Junie 2007.
- ↑ (en) Statistics Canada. "2011 National Household Survey: Data tables". Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ "Romi – kako iz labirinta stereotipov?" (in Sloweens). RTV Slovenija. 5 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (en) Gall, Timothy L, red. (1998). Worldmark Encyclopedia of Culture & Daily Life. Vol. 4. Europe. Cleveland, OH: Eastword. pp. 316, 318.
- ↑ "Nationale Minderheiten" (in Duits). Bundesministerium des Innern. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2017. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (de) Inge Seiwert. "Feiern und Fasten bei Christen und Muslimen in Bulgarien". Verein Museum europäischer Kulturen. Besoek op 8 Mei 2016.
- ↑ (en) "Romani Nationalism, Flag and Anthem". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2012. Besoek op 8 Mei 2016.
Bron
wysig- KENNIS, vol 6, 1980, bl. 1070, ISBN 0 7981 0828 2
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roma.