[go: up one dir, main page]

Caledonrivier

rivier

Die Caledonrivier (Sotho: Mohokare) is 'n rivier in Suid-Afrika. Dit vorm die grens tussen die Vrystaat en Lesotho.

Caledonrivier
Stroomgebied Lesotho, Suid-Afrika
Oorsprong Malutiberge (Witsieshoek)
Sytak -links Mopelispruit
Sytak -regs Meulspruit
Monding Oranjerivier (Gariepdam)
Lengte 480 km
Oorsprong-hoogte 2 100 m
Monding-hoogte 1 267 m
Koördinate: 30°31′21″S 26°4′21″O / 30.52250°S 26.07250°O / -30.52250; 26.07250
Die Caledonrivier op die grens van Suid-Afrika en Lesotho

Stroomgebied

wysig

Die rivier ontspring in Sentraal- Suid-Afrika in die Malutiberge naby Witsieshoek en die Monantsapas op die Lesotho-grens. Dit vloei suidweswaarts, eers langs Ficksburg en dan langs Maseru verby en is die grens met Lesotho tot by Wepener. Net suidwes van Wepener is die Welbedachtdam. Die rivier vloei verder suidwes en gaan onder die N6 nasionale pad deur tussen Smithfield en Rouxville. Net voor die rivier weswaarts in die Gariepdam invloei (naby Bethulie) lê die Tussen-die-Riviere Wildreservaat tussen die Caledon se suidelike oewer en die Oranjerivier. Dit het voorheen bekendgestaan as die Wilhelminarivier. [1][2]

Afmetings

wysig

Die rivier is 507 km lank, waarvan 290 km die grens tussen Lesotho en die Vrystaat vorm. Sy opvanggebied is 21 500 km² waarvan 6 750 km² in Lesotho geleë is.

Sytakke

wysig

Die bekendste sytakke is die Klein-Caledonrivier (wat naby Bethlehem ontspring), Phuthiatsanarivier (wat suid van Maseru in Lesotho ontspring), Leeurivier, en die Slykspruit.

Besproeiing

wysig

Weens die afwesigheid van geskikte landbougrond naby die rivier is die ontwikkeling van besproeiingsprojekte blemmer.

Kolonel Robert Jacob Gordon het die rivier in 1777 besoek. Aanvanklik was die rivier as die Prinses Wilhelminarivier (Wilhelmina van Nederland) bekend, maar in 1809 het kol. Richard Collins (* 1774 - † 1813), die kommisssaris van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie, dit na die Kaapse goewerneur van die tyd vernoem.

Oorsprong

wysig

Damme

wysig

Damme in die rivier:

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig