2 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
2 Januarie is die tweede dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 363 dae in die res van die jaar (364 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 366 – Die Allemanne kruis die bevrore Rynrivier in groot getalle om die Romeinse Ryk in te val.
- 533 – Mercurius word Pous Johannes II, die eerste pous wat ’n nuwe naam aanneem ná sy inwyding.
- 1492 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) vier die verowering van Grenada met ’n stiergeveg in Rome.
- 1666 – Daar word begin met die bou van die Kasteel die Goeie Hoop.
- 1757 – Die Verenigde Koninkryk neem Kalkutta, in Indië in.
- 1788 – Georgia word die 4de deelstaat van die Verenigde State.
- 1793 – Rusland en Pruise skei Pole in twee.
- 1870 – Konstruksie van die Brooklyn-brug in New York begin.
- 1871 – Amadeus I word die koning van Spanje.
- 1921 – Die eerste radio-uitsending van godsdienstige aard vind plaas vanuit Pittsburgh, Pennsilvanië.
- 1929 – Kanada en die Verenigde State beraam saam ’n plan om die Niagara-watervalle te bewaar.
- 1935 – Die hofsaak van Bruno Hauptmann, aangekla van die moord op Charles Lindbergh Junior, die babaseun van die vlieënier Charles Lindbergh, begin.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Manila word deur Japannese magte ingeneem.
- 1949 – Luis Muñoz Marín word die eerste demokraties-verkose goewerneur van Puerto Rico.
- 1955 – Die president van Panama, Jose Antonio Remon sterf in ’n sluipmoordaanval.
- 1967 – Ronald Reagan word ingehuldig as goewerneur van Kalifornië.
- 1981 – Peter Sutcliffe, die Yorkshire Ripper, word arresteer.
- 1991 – Sharon Pratt Dixon word ingehuldig as burgemeester van Washington, DC, die eerste swart vrou om ’n stad van sulke grootte en belang te lei.
- 1998 – Rusland begin om nuwe roebels te versprei, om inflasie teë te werk en sakevertroue te herstel.
- 2016 – Nimr al-Nimr, Saoedi-Arabiese Sjiïtiese sjeik word saam met 44 ander ter dood veroordeelde Saoedies tereggestel.
Geboortes
wysig- 1642 – Mehmet IV, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1693).
- 1822 – Rudolf Clausius, Duitse fisikus en wiskundige († 1888).
- 1851 – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer († 1934).
- 1851 – Charles Eugène Bertrand, Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog († 1917).
- 1885 – Boy Morkel, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein († 1955).
- 1886 – Florence Lawrence, Kanadese aktrise († 1938).
- 1892 – Artur Rodziński, Poolse dirigent van opera en simfoniemusiek († 1958).
- 1920 – Isaac Asimov, Amerikaanse skrywer en professor in biochemie († 1992).
- 1940 – Louise Smit, Suid-Afrikaanse skrywer van kinderboeke en kindertelevisieprogramme.
- 1966 – Siobhan Finneran, Britse aktrise.
- 1967 – Francois Pienaar, Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1968 – Cuba Gooding Jr., Amerikaanse akteur.
- 1970 – Fanie Viljoen, Afrikaanse skrywer en kunstenaar.
- 1975 – Dax Shepard, Amerikaanse akteur.
- 1982 – Ricky Januarie, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
wysig- 1950 – Emil Jannings, 'n Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het (* 1884).
- 1966 – Chris van Niekerk, kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid en senator (* 1876).
- 1995 – Mohamed Siad Barre, Somaliese politikus en staatsman, president van Somalië (* 1919).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Die negende dag van Kersfees, gevier in sommige Westerse Christelike lande.
- Skotland - Die tweede dag van die Hogmanay-vakansiedag.
- Feesdag van Pous Silvester I in die Ortodokse Kerk ( 31 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk.)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 January. |