[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Zerzura-oase

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Zerzura was ‘n langvergete en raaiselagtige oase in ‘n afgeleë deel van die Sahara in Egipte.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Zerzura bestaan uit drie omarambas genaamd Talh, Abd el Melik en Hamra op 24° noorderbreedte en tussen 25° en 25° 30ˈ oosterlengte. Dit is net noordwes van die Gilf Kebir-plato en amper waar Egipte aan Libië en die Soedan grens.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Vroeg in 20ste eeu was daar nog groot dele van die Sahara grotendeels onbekend weens moeilike bereikbaarheid, die aanhoudende verskuiwende sandduine en die gebrek aan water. In die oasisdorpies soos Dakhla, Farafra en Baharia het die inwoners aan mekaar verhale vertel van verlore oases en dorpe met fabelagtige rykdomme. Die bekendste storie het gegaan oor die legendariese oase Zerzura. Waarskynlik was dit gebaseer op ‘n manuskrip in Arabies getiteld “Zerzura – oase van die klein voëltjies” uit die 13de eeu waarin beweer is dat daar in Zerzura groot skatte te vind is. “Die boek van die verborge pêrels” uit die 15de eeu beskryf Zerzura weer as ‘n dorp met witgekalkte huise en ook groot weelde.

Soektogte

[wysig | wysig bron]

Die Egipte-kenner John Wilkinson het in 1835 verslag gelewer van sy gesprek met ‘n Arabier wat die oase teengekom het op soek na ‘n verlore kameel. Volgens hom was daar palmbome, fonteine en murasies. In 1909 het Harding King en in 1915 John Bell tevergeefs na die verlore oase gesoek. Sedertdien was daar groot vordering in die tegnologie en kon ligte motorvoertuie in die woestynsand gebruik word en vliegtuie om die terrein uit die lug te bestudeer. Lazlo Almasy, ‘n Hongaarse ontdekker en avonturier, raak betrokke en luister na alle gerugte en legendes en bestudeer alle kaarte en historiese geskrifte en kom tot die slotsom dat die verlore oase in die omgewing van die Gilf Kebir-plato moet wees. In 1932 vlieg Almasy en ‘n geselskap oor die gebied en volg dit later op met ‘n tog oor die duine na die drie omarambas. Geen teken van bouvalle van ‘n moontlik verlore stad is gevind nie. Dit en die verhale van rykdommme blyk blook fantasie te wees. Akasiebome toon dat daar nou slegs ondergrondse water is. Rotsgravures wat meer as 5500 jaar oud is, is die enigste bewyse van vroeëre menslike bewoning.

Organisasies

[wysig | wysig bron]

Deelnemers aan die soektog oor die jare heen het gereeld byeengekom en het bekend geword as die Zerzura-klub. Ook die Royal Georgraphical Society het hom beywer vir die soektogte.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Gilliam, Ron: The quest for Zerzura. historynet.com/the-quest-for-zerzura.htm
  • Green, Lawrence G.: These wonders to behold. Kaapstad: Howard Timmins, 1959.
  • Scot, Harold: Zerzura – the lost oasis of the Libyan desert. www.harold-scot.com