Yster(III)chloried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Yster(III)chloried |
IUSTC-naam | Yster(III)chloried |
Chemiese formule | FeCl3 |
Molêre massa | 162,21 g/mol[1] |
CAS-nommer | 7705-08-0[1] |
Voorkoms | Grys poeier[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=593 pm; c=1923pm (heks. weergawe)[2] |
Ruimtegroep | R3[3] |
Nommer | 148 |
Strukturbericht | D0₅ |
Smeltpunt | 306 °C[4] |
Kookpunt | 312 °C [1] (sublimeer) |
Digtheid | 2,898 [g/cm3][5] |
Oplosbaarheid | 480 [g/L][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 316-450 [mg/kg][1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Yster(III)chloried is 'n sout van yster in sy +3 oksidasietoestand en soutsuur met formule FeCl3.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Watervrye yster(III)chloried kan uit die elemente vervaardig word deur 'n ysterdraad in 'n stroom van droë chloorgas te verhit. Dit vorm kristalle wat donkergroen sien in refleksie en rooi-pêrs in transmissie. Die kristalle smelt teen 306 °C maar verdamp reeds teen laer temperature. Teen 440 °C bestaan die damp uit dimere Fe2Cl6-molekules. Teen hoër temperature (~700 °C) ontbind dit in monomere en in yster(II)chloried en chloorgas.[4] Die stof is korrosief en higroskopies, maar kan watervry gemaak word met tionielchloried of deur destillasie van die aseotroop met benseen. Dit is 'n reagens wat in die organiese chemie gebruik word. Dit is 'n milde oksideermiddel en 'n milde Lewissuur. Die stof vermag koppeling van fenole, dimerisasie van ariellitium en ketoonenolate tot stand te bring. Dit word ook as katalisator in Nazarovsiklisasie en Michaeladdisies gebruik.[5]
Strukture
[wysig | wysig bron]Die verbinding kristalliseer in die romboëdriese BiI3-struktuur. (strukturbericht-klassifikasie D05).[3] Die ysteratome is omring deur 'n oktaëder van chlooratome. Die oktaëders deel rande. Chlooratome vorm brûe tussen twee ysteratome soos die suurstofatoom in water. Die oktaëders vorm lae in die a-b-vlak. In die rigting van de c-as is drie lae gestapel.[2]
In die kristalstruktuur van die vaste stof is die trivalente Fe3+ oktaëdries omring deur ses chlooratome. Maar die dimere in die gasfase bestaan uit twee tetraëders wat 'n rand deel. In die vloeistoffase is die omringing ook hoofsaaklik tetraëdries, maar die vloeistof bevat ione wat vir elektriese geleiding sorg. Ramanspektrosopie dui aan dat er waarskynlik 'n ewewig bestaan:[6]
Magnetiese eienskappe
[wysig | wysig bron]FeCl3 is paramagneties bokant 9K en is antiferromagneties teen 4K met 'n ingewikkelde heliese spinstruktuur. Die heliks draai rond die [1430]-rigting met 'n taamlik ongewone herhaalafstand van 15. Die spinstruktuur verander in 'n aangelegde magneetveld. [7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "MSDS". Fisher.
- ↑ 2,0 2,1 "FeCl3". Materials project.
- ↑ 3,0 3,1 "BiI3 (D05) Structure: AB3_hR8_148_c_f". Aflow.
- ↑ 4,0 4,1 Tarr, B.R., Booth, H.S. and Dolance, A. (1950). Anhydrous Iron(III) Chloride (Ferric Chloride). In Inorganic Syntheses. doi:10.1002/9780470132340.ch51.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 5,0 5,1 White, A.D. and Gallou, F. (2006). Iron(III) Chloride. In Encyclopedia of Reagents for Organic Synthesis. doi:10.1002/047084289X.ri054.pub2.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ G.N. Papatheodorou, G.A. Voyiatzis (1999). "Vibrational modes and structure of molten iron(III) chloride". Chemical Physics Letters. 303 (1–2): 151–156. doi:10.1016/S0009-2614(99)00213-4.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Byeongki Kang, Changsoo Kim, Euna Jo, Sangil Kwon, Soonchil Lee (2014). "Magnetic state of FeCl3 investigated by NMR". Journal of Magnetism and Magnetic Materials. 360: 1–5. doi:10.1016/j.jmmm.2014.01.051.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)