Vrymesselary in Suid-Afrika
Die Vrymesselary het kort na die middel van die 18de eeu ‘n maatskaplike en ekonomiese rol in Suid-Afrika begin speel.
Teen die einde van die 20ste eeu het die ledetal begin kwyn. Messelary in Suid Afrika is besig om 'n herlewing te beleef en Losies is besig om weer te groei.
Vrymesselary was in Nederland en veral in die destydse Nederlands-Indië baie gewild. Meeste van die hoogste amptenare van die VOC was lede. Dus was daar onder die passasiers op die VOC-skepe wat Kaapstad aangedoen het altyd baie Vrymesselaars. In April 1772 is die Losie De Goede Hoop in Kaapstad gestig volgens ‘n magsbrief van die Nasionale Groot Losie in Den Haag. ‘n Tweede losie, Losie De Goede Trouw, is reeds in 1800 gestig.
Na die Britse oorname van die Kaap word in 1811 die British Lodge begin. Die Skotte stig die Lodge Southern Cross in 1860 en die Iere die Lodge St. Patrick in 1882. Hierna versprei die organisasie vinnig en veral onder die afstammelinge van die Britse Setlaars oor die hele land, die destydse Suidwes-Afrika en Rhodesië. Losies is in die meeste en selfs afgeleë dorpe geopen. Teen die middel van die 20ste eeu was daar ‘n 500 losies met ‘n ledetal van om en by die 20 000. In die losies is die Engelse kulturele identiteit en waardes versterk, sosiale netwerke opgebou en sakebande gesmee. Op 22 April 1961 het die losies wat geval het onder die Nederlandse Groot Losie hul bande met Nederland verbreek en ‘n eie Suid-Afrikaanse groot losie opgerig.
Die Suid-Afrikaanse regering het die geheimhouding van die ledelys gewantrou en onderduimse politieke bemoeiing en beïnvloeding vermoed. ‘n Regterlike kommissie se ondersoek in 1964 het die agterdog uit die weg geruim. Sedert die vroeë 1960’s het die NG Kerk hul lidmate verbied om Vrymesselaars te wees.
Na Republiekwording in 1961 het die emosionele bande van die Engelssprekende deel van die bevolking met Engeland begin verswak. Teen die einde van die 20ste eeu het die ledetal van baie losies so afgeneem dat hulle hul deure moes sluit.
Vooraanstaande lede
[wysig | wysig bron]- C.J. Langenhoven
- Charles Cowen (Londen, 1828 – Brighton, 1914), Suid-Afrikaanse joernalis, digter, sakeman, stigter van die Britse losie in Johannesburg
- Jacob Abraham de Mist
- David Pieter Faure (12 November 1842 – 17 Augustus 1916), Unitariese predikant, skrywer, joernalis, van 1895 tot 1907 Grootmeester van Losie De Goede Hoop
- Anton Anreith, lid van Losie De Goede Hoop
- John Truter, volg De Mist op as Adjunk-Grootmeester 1826 tot 1833 van Losie De Goede Hoop en is ook Provinsiale Grootmeester van die Engelse losies
- M.W. Pretorius President van Suid Afrika (1866–1871) - Oorlede Potchefstroom (19 Mei 1901)
- Jan Brand
- F.W. Reitz
- Johann Conradie Gie (Zürich, 22 Maart 1727 – Kaapstad, 23 Julie 1793), Suid-Afrikaanse stamvader van die Gie-familie, stigter van die Losie De Goede Hoop
- Abraham de Smidt (Nederland, 1755 – Kaapstad, 1809), stamvader van die De Smidt-familie in Suid-Afrika
- Louis Thibault
- Herman Schutte (Bremen, 25 Desember 1761 – Kaapstad, 25 Oktober 1844), Bou-aannemer en Argitek
- P.J. Blignaut
- Louis Botha
- Ernest Oppenheimer
- Harry Oppenheimer
- Piet Retief
- Cecil John Rhodes
- Ben Viljoen
- C.R. Swart
- M.T. Steyn
- J.J. Venter
- Danie Theron
- Piet Joubert
- Willem Johannes Leyds
- S.G. Vilonel, Boere-kommandant
- P.J. Wessels, Boere-kommandant
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Smith, Charles: SA Vrymesselaars vier 250 j. In: Die Burger, 17 Junie 2022
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 5. Kaapstad: Nasou, 1972. ISBN 0-625-00321-7