[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Vloot van die Volksbevrydingsleër

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die huidige (2014) bevelvoerder van die Chinese Vloot: Admiraal Wu Shengli.

Die Vloot van die Volksbevrydingsleër (afgekort as "PLAN" van die Engelse naam People's Liberation Army Navy) is die seemag van die Volksrepubliek China.

Ontstaan

[wysig | wysig bron]

Vloot van die Volksbevrydingsleër word kort na die Chinese Burgeroorlog met behulp van die Sowjetunie gestig, maar bly gedurende die volgende dekades relatief klein en swak omrede die militêre sterkte van die grondmagte baie belangriker geag word. Die Vloot was dan ook beperk tot die kuswaters en riviere. In die jare negentig begin China egter flink te investeer in sy Vloot, waar dit in die 21e eeu uitbrei tot die grootste in Asië.

Grootte

[wysig | wysig bron]

Die Chinese Vloot het ongeveer 255 000 manskappe, waaronder 10 000 mariniers en 26 000 personeellede in die vlootlugmag. Per tonnemaat is dit naas die Amerikaanse Vloot die grootste seemoondheid ter wêreld. Tog het hulle – net soos die lug- en grondmag – nog 'n groot tegnologiese en taktiese agterstand op Japan en die VSA. Ondanks die enorme numeriese oorwig is die Chinese en die Japannese Vlote volgens kenners in 2014 ongeveer ewe sterk.[1]

Met die aanwesigheid van groter skepe in die nabygeleë seë wil die land sy militêre mag toon aan lande waarmee hul in dispuut is, soos Taiwan en Japan, en die Verenigde State, wie se vlote sterk aanwesig is in die streek. Boonop het China gegroei tot 'n ekonomiese reus, en moet hy dus sy handels- en energiebevoorradingsroetes beskerm.

In 1975 besluit Mao egter weer dat China 'n sterk Vloot moes hê teen die Sowjetvloot, wat in die ooste sterk aan die uitbrei was, en Japan, wat 'n sterk seemoondheid aan die uitbou was. In 1980 kom Deng Xiaoping aan bewind, en bevestig dat die vloot slegs 'n verdedigende funksie het en homself tot sy kuswaters moes beperk. Later speel die Vloot 'n groter rol omdat hulle China se gebiedseise op 'n aantal eilande aan die kus, veral Taiwan, moes beskerm. Daar geword weer 'n marinierskorps gestig en by die Suidseevloot ingelyf, om vir die besetting van eilande te begin oefen. Meer en meer eie skepe word gebou, waaronder die eerste Chinese kernduikboot.

'n Tipe 094I-kernduikboot onderweg in 1993.
'n Tipe 052D-torpedojaer vasgemeer by die eiland Changxing in April 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "China's navy no longer so inferior to Japan's, experts say" (in Engels). South China Morning Post. 27 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 10 Desember 2014.