[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Vaishnavisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vishnu en sy avatars.

Vaishnavisme (van Sanskrit वैष्णव Vaiṣṇava, "wat tot Vishnu behoort") is een van die vier groot tradisies in Hindoeïsme; die ander is Shaivisme, Shaktisme en Smartisme. Dit word ook Vishnuïsme of Wisjnoeïsme genoem, en die volgelinge daarvan Vishnuïste of Wisjnoeïste; hulle beskou Vishnu as die oppergod.[1][2]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die tradisie is veral bekend vir sy avatarleerstelling, waarin Vishnu in een van baie inkarnasies vereer word. Van hulle is 10 (die Dashavatara) die gewildstes en belangrikstes: Krishna, Rama, Narayana, Vasudeva, Hari, Vithoba, Kesava, Madhava, Govinda en Jagannath.[3][4][5] Die tradisie kan teruggespoor word na die 1ste millennium n.C. as Bhagavatisme, of Krishnaïsme.[6] Latere ontwikkelings onder leiding van die heilige Ramananda het gelei tot ’n Rama-georiënteerde beweging, wat nou die grootste kloostergroep in Asië is.[7][8] Die Vaishnava-tradisie het baie sampradayas (denominasies of subskole) wat wissel van die Middeleeuse Dvaita-skool van Madhvacharya tot die Vishishtadvaita-skool van Ramanuja.[9][10] Nuwe bewegings is ook in die moderne tyd gestig, soos die Hare Krisjnas van Prabhupada.[11]

Die tradisie is bekend vir die liefdevolle verering van ’n avatar van Vishnu (dikwels Krishna) en het ’n sleutelrol gespeel in die verspreiding van die Bhakti-beweging in die 2de millennium in Suid-Asië.[12][13] Belangrike geskrifte in Vaishnavisme sluit in die Vedas, Upanishads, Bhagavad Gita, Pancaratra (Agama) en Bhagavata Purana.[14][15][16][17]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Pratapaditya Pal (1986). Indian Sculpture: Circa 500 B.C.-A.D. 700. University of California Press. pp. 24–25. ISBN 978-0-520-05991-7.
  2. Stephan Schuhmacher (1994). The Encyclopedia of Eastern Philosophy and Religion: Buddhism, Hinduism, Taoism, Zen. Shambhala. p. 397. ISBN 978-0-87773-980-7.
  3. Matchett 2001, pp. 3-9.
  4. Anna King 2005, pp. 32–33.
  5. Avinash Patra 2011, pp. 12–16, 25.
  6. G. Widengren (1997). Historia Religionum: Handbook for the History of Religions - Religions of the Present. Boston: Brill Academic Publishers. p. 270. ISBN 90-04-02598-7.
  7. Selva Raj en William Harman (2007), Dealing with Deities: The Ritual Vow in South Asia, State University of New York Press, ISBN 978-0791467084, ble. 165-166
  8. James G Lochtefeld (2002), The Illustrated Encyclopedia of Hinduism: N-Z, Rosen Publishing, ISBN 978-0823931804, ble. 553-554
  9. Beck 2012, pp. 76-77.
  10. Jeaneane D. Fowler 2002, pp. 288-304, 340–350.
  11. Flood 1996, pp. 124-125.
  12. John Stratton Hawley (2015). A Storm of Songs. Harvard University Press. pp. 10–12, 33–34. ISBN 978-0-674-18746-7.
  13. James G Lochtefeld (2002), The Illustrated Encyclopedia of Hinduism: N-Z, Rosen Publishing, ISBN 978-0823931804, pages 731-733
  14. Flood 1996, p. 121-122.
  15. F Otto Schrader (1973). Introduction to the Pāñcarātra and the Ahirbudhnya Saṃhitā. Adyar Library and Research Centre. pp. 2–21. ISBN 978-0-8356-7277-1.
  16. Klaus Klostermaier (2007), A Survey of Hinduism: Third Edition, State University of New York Press, ISBN 978-0791470824, ble. 46-52, 76-77
  17. Johnson, Todd M; Grim, Brian J (2013). The World's Religions in Figures: An Introduction to International Religious Demography. John Wiley & Sons. p. 400. ISBN 9781118323038.

Nog bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]