Tradouwpas
Tradouwpas | |
Ligging | Tussen Swellendam en Barrydale |
---|---|
Maksimumhelling | 1:10 |
Hoogte | 351 m |
Lengte | 12 km |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1869 |
Voltooi in | 1873 |
Verbou | 1979 |
Pad | R324 |
Die Tradouwpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap op die R324-streekroete deur die Langeberge. Die pas verbind Swellendam op die N2 via Suurbraak met Barrydale op die R62 in die Klein Karoo. Die pas is 12km lank, bereik 'n hoogte van 351m bo seevlak en 'n maksimumhelling van 1:10.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die pas is gebou deur Thomas Bain. Die projek het in 1869 begin en die pas is oopgestel vir verkeer op 27 Oktober 1873 deur sir Henry Barkly. Die pas is Southeyspas genoem om 'n vorige Swellendamse landdros te vereer, maar die naam was nie gewild nie. Aan die noordelike kant van die pas het die pad in 1875, 1902 en 1906 weggespoel. Daarna is die betrokke stukkie pad 18m hoër herbou. In 1979 is 13km van die pas herbou volgens moderne standaarde. Die naam Tradouw is afgelei van 'n Khoi-woord met die betekenis van "vroue se pad".
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J.: Op Pad in Suid-Afrika. Jeppestown: Ball, 2010. ISBN 978-1-86842-149-7
- Ross, Graham: The romance of Cape mountain passes. Kaapstad: Sunbird, 2011. ISBN 978-1-920289-51-5
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 10. Kaapstad: Nasou, 1974. ISBN 0-625-00326-8
- Whitehead, Marion: Passes and poorts