[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

The Turn of the Screw

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
The Turn of the Screw

SkrywerHenry James
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
TaalEngels
GenrePage Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
UitgewerThe Macmillan Company (New York Stad)
William Heinemann (Londen)
UitgegeeOktober 1898

The Turn of the Screw is 'n 1898 riller-novelle deur Henry James wat eerste in tydskrifvorm verskyn het in Collier's Weekly magazine (27 Januarie – 16 April 1898). In Oktober 1898 het dit verskyn in The Two Magics, 'n boek wat in New York Stad deur Macmillan en in Londen deur Heinemann gepubliseer is. Die werk, wat as beide gotiese fiksie en as 'n spookverhaal geklassifiseer kan word, fokus op 'n goewernante wat vir twee kinders op 'n afgeleë landgoed sorg, en oortuig daarvan word dat die plek spook.

In die eeu wat gevolg het op die publikasie daarvan, het The Turn of the Screw 'n hoeksteen teks vir akademici geword, wat die Nuwe Kritiek beweging aanhang. Die novelle is al op talle maniere geïnterpreteer, welke dikwels wederkerig uitsluitend was. Baie kritici het probeer om die presiese aard van die boosheid vas te stel wat deur die verhaal gesuggereer word. Andere het egter weer geargumenteer dat die briljantheid van die novelle, die gevolg van die werk se vermoë is om 'n intieme gevoel, of atmosfeer, van verwarring en spanning binne die leser te skep.

Die novelle is al by verskeie geleenthede aangepas vir radiodrama, rolprent, verhoogproduksies en televisie, insluitende 'n 1950 Broadway toneelstuk, en die 1961 rolprent The Innocents.

Publikasiegeskiedenis

[wysig | wysig bron]

The Turn of the Screw was eers gepubliseer in die tydskrif Collier's Weekly, met twaalf uitgawes (27 Januarie – 16 April 1898). Die titel-illustrasie deur John La Farge beeld die goewernante uit met haar arms om Miles. Die episodiese illustrasies was deur Eric Pape.[1]

In Oktober 1898 het die novelle in 'n volume verskyn met die titel "The Two Magics", saam met die kortverhaal "Covering End" , wat gepubliseer is deur Macmillan in New York, en deur Heinemann in Londen.[2]

James het The Turn of the Screw tien jaar later hersien vir sy New York-uitgawe.[3] In The Collier's Weekly Weergawe van The Turn of the Screw (2010) word die verhaal uitgebeeld in sy oorspronklike tydskrif, oftewel reeks-vorm, met 'n gedetailleerde analise van die veranderinge wat James oor die jare daaraan aangebring het. James het onder ander die kinders se ouderdomme verander. [4]

Verwerkings

[wysig | wysig bron]
James se novelle is deur Benjamin Britten verwerk vir sy gelyknamige 1954-opera, The Turn of the Screw (links, 1968). Dit is ook verwerk vir The Nightcomers, 'n 1972-opvolg op The Turn of the Screw, met Michael Winner as regisseur (regs, gefotografeer in 2010), met Marlon Brando in die hoofrol.

The Turn of the Screw was die onderwerp van 'n reeks verwerkings in 'n verskeidenheid van media gewees, en hierdie verwerkings is selfs al in akademiese joernale ondersoek, met die klem op die verhouding tussen Henry James en "neo-Victoriaanse kultuur".[5] Dit is verwerk vir die gelyknamige opera The Turn of the Screw deur Benjamin Britten, wat in 1954 aangebied is,[6] en die opera is reeds by verskeie geleenthede verfilm.[7] Die novelle is deur Luigi Zaninelli verwerk vir ballet (1980),[8] en ook deur Will Tucket vir die Koninklike Balletgeselskap in 1999.[9] Harold Pinter het die toneelstuk, "The Innocents" (1950), 'n Broadwayteaterstuk wat 'n verwerking is van The Turn of the Screw, geregisseer, asook[10] 'n gevolglike gelyknamige verhoogstuk wat verwerk is deur Rebecca Lenkiewicz, en in Januarie 2013 opgevoer is as 'n mede-produksie saam met Hammer Film Productions by die Almeida Teater in Londen.[11]

Uitgawes

[wysig | wysig bron]
'n 1898-illustrasie deur John La Farge in die oorspronklike Collier's Weekly-tydskrif

Pre-millennium

  • The Turn of the Screw: Authoritative Text, Contexts, Criticism, geredigeer deur Robert Kimbrough (New York: W.W. Norton & Company, 1966) [geen ISBN].
  • The Tales of Henry James, geredigeer deur Edward Wagenknecht (New York: Frederick Ungar Publishing Co. 1984) ISBN 0-8044-2957-X.
  • The Aspern Papers en The Turn of the Screw, met 'n inleiding en notas deur Anthony Curtis (Harmondsworth: Penguin, 1986) ISBN 9780141439907. (Sluit uittreksels van die New Yorkse Voorwoord tot beide novelles in. Sluit egter nie 'n lys van voorgestelde verdere leeswerk in nie).
  • The Turn of the Screw: Authoritative Text, Contexts, Criticism, geredigeer deur Deborah Esch en Jonathan Warren (New York: W.W. Norton & Company, 1999) ISBN 0-393-95904-X. (Bied 'n seleksie van kritiek, insluitende 'n uittreksel van Edmund Wilson se studie van die novelle).

Post-millennium

  • The Turn of the Screw and Other Stories, geredigeer deur T.J. Lustig (Oxford: Oxford University Press, 2008) ISBN 978-0-199-53617-7.
  • The Collier's Weekly Version of The Turn of the Screw, geredigeer deur Peter G. Beidler (Seattle: Coffeetown Press, 2010) ISBN 978-1-60381-018-0.
  • The Turn of the Screw and Other Stories, geredigeer deur Kimberly Reed (Peterborough, Ontario: Broadview Press, 2010) ISBN 978-1-770-48255-5.
  • The Turn of the Screw, geredigeer deur David Bromwich (New York: Penguin Classics, 2011) ISBN 978-0-141-44135-1.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Orr 2009, p. 23.
  2. James, Henry (1996). Complete Stories, 1892–1898. New York: Library of America. p. 941. ISBN 978-1-883011-09-3.
  3. Orr 2009, p. 24.
  4. Henry James. Beidler, Peter G. (red.). The Collier's Weekly Version of The Turn of the Screw. Coffeehouse Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2018. Besoek op 3 Julie 2019.
  5. name="Dinter">Dinter, Sandra (2012). "The mad child in the attic: John Harding's Florence & Giles as a neo-victorian reworking of The Turn of the Screw". Neo-Victorian Studies. 5 (1): 60–88.
  6. name="Dinter"
  7. Haralson & Johnson 2009, p. 293.
  8. name="Brown">Brown, Monika (1998). "Film Music as Sister Art: Adaptations of 'The Turn of the Screw.'". Mosaic (Winnipeg). 31 (1).
  9. Jays, David (1 Julie 2006). "Ballet – From page to stage[dooie skakel]". Financial Times. Opgespoor op 5 Januarie 2015.
  10. Baker, William (2008). Harold Pinter. A&C Black. p. 32. ISBN 978-0-8264-9970-7.
  11. Masters, Tim (23 November 2012). "Hammer takes first steps on stage in Turn of the Screw". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2020. Besoek op 13 Februarie 2013.

Werke aangehaal

[wysig | wysig bron]
  • Haralson, Eric L.; Johnson, Kendall (2009). Critical Companion to Henry James: A Literary Reference to His Life and Work. Infobase Publishing. ISBN 978-1-4381-1727-0.
  • Heilmann, Ann (2010). "The Haunting of Henry James: Jealous Ghosts, Affinities and The Others". In Arias, Rosario; Pulham, Patricia (reds.). Haunting and Spectrality in Neo-Victorian Fiction: Possessing the Past. Palgrave Macmillan. ISBN 978-0-230-24674-4.
  • Hischak, Thomas S. (2012). American Literature on Stage and Screen: 525 Works and Their Adaptations. McFarland. ISBN 978-0-7864-9279-4.
  • Orr, Leonard (2009). James' The Turn of the Screw: A Readers Guide. Londen, New York: Bloomsbury. ISBN 978-0-8264-3019-9.
  • Simon, Linda (2007). The Critical Reception of Henry James: Creating a Master. Londen: Camden House. ISBN 978-1-571-13319-9.
  • Slide, Anthony (2013). Fifty Classic British Films, 1932-1982: A Pictorial Record. Courier Corporation. ISBN 978-0-486-14851-9.
  • Tintner, Adeline R. (1998). Henry James's Legacy: The Afterlife of His Figure and Fiction. Louisiana State University Press. ISBN 978-0-807-12157-3.

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]
  • Smith, Allan Lloyd. "A Word Kept Back in "The Turn of the Screw". In Clive Bloom (ed), Creepers: British Horror and Fantasy in the Twentieth Century. London and Boulder CO: Pluto Press, 1993, pp. 47–63.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Primêre bronne

Sekondêre gesprekke

Sien ook

[wysig | wysig bron]