Tacuinum Sanitatis
Die Tacuinum (somtyds Taccuinum) Sanitatis is 'n middel eeuse handboek oor gesondheid, gebaseer op die Taqwim al‑sihha تقويم الصحة ("Tafels van Gesondheid"), 'n elfde-eeuse Arabiese mediese verhandeling deur Ibn Butlan van Bagdad; dit bestaan in verskillende Latynse weergawes, waar die manuskripte uitbundig geïllustreer is. Alhoewel die voordele en skadelike eienskappe van kosse en plante in die fynste besonderhede beskryf word, is dit veel meer as slegs 'n kruieboek. Dit stel ses essensiële elemente voor vir welvaart:
- voldoende kos en drank in matigheid,
- vars lug,
- verwisseling van aktiwiteit en rus,
- verwisseling van slaap en waaksaamheid,
- afskeisels en uitskeidings van vog en finaal
- die invloed van siels- of gemoedstoestand.
Volgens die boek is siektes die uitslag van wanbalanse van hierdie elemente, daarom is 'n gesonde lewe 'n lewe in harmonie.
Die verhandeling vertaal in Latyn in middel-dertien-eeuse Palermo, waar dit 'n Italies-Normandiese tradisie voort dra as een van die hoof plekke van vreedsame inter-kulturele kontak tussen die Islamitiese en Europese wêrelde.
Die Tacuinum was baie populêr in Wes-Europa in die Laat Middeleeue; 'n indikasie van die gewildheid is die gebruik van die woord taccuino in moderne Italiaans om te bedoel enige soort sak handboek, gids of notaboek.
In byvoeging tot sy belangrikheid vir sy studie van middeleeuse medisyne, is die Tacuinum ook van belang in die studie van boerdery en kook; byvoorbeeld, die vroegste herkenbare beeld van 'n wortel — 'n moderne plant; word daarin gevind.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is oorspronklik vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel, en:Tacuinum sanitatis.
- Voorbeelde van 2 manuskripte (Italië, 14de eeu; Venice, 1490) Geargiveer 24 September 2008 op Wayback Machine
- Voorbeelde van 4 manuskripte (Parisinum, Vindobonense, Casanatense, Rothomagense: almal van die laat 14de en 15de eeue. Geargiveer 24 September 2008 op Wayback Machine
- Inleidende geskrif en 'n paar illustrasies Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- Tacuinum Sanitatis beskryf
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tacuina sanitatis. |
Middeleeue | |
---|---|
Argitektuur | Kuns | Kookkuns | Demografie | Letterkunde | Digkuns | Medisyne | Musiek | Filosofie | Wetenskap | Tegnologie | Oorlogvoering |