[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Tondo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Fra Angelico en Fra Filippo Lippi, Aanbidding van die Magiërs, omstreeks 1440/1460, National Gallery of Art

'n Tondo (meervoud: tondi of tondos) is 'n Renaissanceterm vir 'n sirkelvormige kunswerk in die vorm van 'n skildery of beeldhouwerk. Die woord is afkomstig van die Italiaanse woord rotondo en beteken "rond". Die term word gewoonlik nie gebruik vir klein ronde skilderwerke nie, maar slegs dié met 'n deursnee van meer as 60 cm, wat derhalwe ronde miniatuurportrette uitsluit – vir beeldhouwerk is die drempel veel laer.

'n Sirkelvormige of ovaal reliëfbeeldhouwerk staan bekend as 'n rondel.[1] Die sinoniem, rondo,[2] verwys gewoonlik na 'n musiekvorm.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Tondi dateer uit die Griekse oudheid. Sirkelvormige skilderye in die middel van geverfde vase uit hierdie tydperk staan bekend as tondi, en die binnekant van die breë lae wynbeker, bekend as 'n kylix, is ook geskik vir sirkelvormig-omraamde skilderye.[3] Alhoewel die vroegste Renaissance of laat-Goties geskilderde tondo (Boergondies van oorsprong) afkomstig is van Champmol ('n Pietà deur Jean Malouel uit 1400–1415, tans in die Louvre), was die tondo in die mode in die 15de-eeuse Florence en het dit as 'n klassieke vorm herleef, veral in argitektuur. Dit kon ook ontwikkel het uit die kleiner desco da parto. Die desco da parto deur Masaccio uit omstreeks 1423 is moontlik een van die eerstes wat van lineêre perspektief gebruik gemaak het, nog 'n kenmerk van die Renaissance. Donatello het ook gebruik gemaak van lineêre perspektief vir sy tondi (van pleister) wat omstreeks 1435–1440 geskep is vir die Sagrestia Vecchia by die Sint-Lourensbasiliek (Basilica di San Lorenzo) wat ontwerp is deur Brunelleschi, en een van die mees prominente geboue van die vroeë Renaissance is. Vir Brunelleschi se Ospedale degli Innocenti (Hospitaal van die Onskuldige Kinders) (1421–24) het Andrea della Robbia geglasuurde terracotta-suigelinge in tondos gemaak. Andrea en Luca della Robbia het geglasuurde terracotta tondi geskep wat dikwels in 'n krans van vrugte en blare geraam is, en deur 'n gepleisterde muur omsluit word. Filippo Lippi se Bartolini-tondo (1452–1453) is een van die vroegste voorbeelde van sulke skilderye.

In skilderkuns het Botticelli baie voorbeelde hiervan geskep, beide Madonnas en verhalende tonele,[4] en Michelangelo het die sirkelvormige tondo gebruik vir verskeie skilder- en beeldhouwerk, insluitend die Doni-tondo in die Uffizi. Raphael het ook gebruik gemaak van die tondo-vorm.

In die sestiende eeu is die istoriato skilderstyl (dit is gebruik om maiolica-eetware te versier) op groot sirkelvormige eetware aangebring.

Sedertdien is dit minder algemeen. In Ford Madox Brown se skildery, The Last of England, dra die skeepsreling, wat om die figure krom, daartoe by om die werk te omsluit binne die tondo-vorm.

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Wyke, Terry; Cocks, Harry (2004). Public Sculpture of Greater Manchester. Universiteit van Liverpool. p. 434. ISBN 978-0-85323-567-5. roundel: circular or oval frame within which a relief sculpture may be situated
  2. Artlex.com Geargiveer 24 April 2005 op Wayback Machine.
  3. E. F. van der Grinten, On the Composition of the Medallions in the Interiors of Greek Black- and Red-Figured Kylixes. Amsterdam 1966
  4. Byvoorbeeld Die aanbidding van die konings, 'n tondo uit omstreeks 1470-5 in die National Gallery in Londen.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Roberta J. M. Olson, The Florentine Tondo, Oxford 2000.
  • Moritz Hauptmann, Der Tondo: Ursprung, Bedeutung und Geschichte des italienischen Rundbildes in Relief und Malerei, Frankfurt am Main 1936.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]