[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Tokoferielasetaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Tokoferielasetaat 
IUSTC-naam [(2R)-2,5,7,8-Tetrametiel-2-[(4R,8R)-4,8,12-trimetieltridekiel]chroman-6-yl] asetaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule C4H9O3N1
Molêre massa 472.743 g/mol
CAS-nommer 58-95-7  
Voorkoms Olierige vloeistof
Fasegedrag
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Tokoferielasetaat, ook bekend as vitamien E asetaat, is 'n algemene vitamienaanvulling met die molekulêre formule C31H52O3 (vir die "α" vorm). Dit is die ester van asynsuur en tokoferol (vitamien E). Dit word dikwels gebruik in dermatologiese produkte soos velrome. Tokoferielasetaat word nie geoksideer nie, en kan deur die vel dring om die lewende selle te bereik, waar sowat 5% na vrye tokoferol omgeskakel word, en 'n voordelige antioksidantwerking het.[1]

Tokoferielasetaat word gebruik as 'n alternatief vir tokoferol self, want die fenoliese hidroksielgroep word deur die asetaat geblokkeer, wat 'n produk lewer wat minder suureienskappe het, asook 'n langer raklewe. Die asetaat word waarskynlik stadig gehidroliseer sodra dit in die vel geabsorbeer word, om tokoferol te verskaf wat 'n rol speel om die vel te beskerm teen die son se ultraviolet strale.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Linus Pauling Institute Research Report: All About E
  2. Beijersbergen van Henegouwen G, Junginger H, de Vries H (1995). "Hydrolysis of RRR-alpha-tocopheryl acetate (vitamin E acetate) in the skin and its UV protecting activity (an in vivo study with the rat)". J Photochem Photobiol B. 29 (1): 45–51. doi:10.1016/1011-1344(95)90251-1. PMID 7472802.