[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

RER

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
RER lyne
RER Stasie Étoile
RER Stasie in 'n voorstad
In 'n trein van lyn B

Die Réseau Express Régional (RER) is letterlik 'n snelstreeksnetwerk. Die woord word gebruik vir die streeksvervoerstelsel wat die middestad met die voorstede verbind en is een deel van die openbare vervoerdienste wat bv. in Parys deur die vervoermaatskappy RATP (Régie Autonome des Transports Parisiens) verskaf word. Omdat die Paryse Metro (moltrein) nie ver in die voorstede deurdring en die voorstadtreine op stasies net buite die middestad eindig, was dit nodig om 'n vinniger vervoermiddel vanuit die stadsentrum na die voorstede te ontwikkel. Die voorstadstreine van die Paryse RER beskik oor vyf lyne wat tussen 05h30 en 00h30 ry. In die stad fungeer die RER as 'n snelmetro: die afstande tussen die stasies is veel groter as by 'n gewone moltrein. Die tonnels van die RER lê dieper as die tonnels van die moltrein. In 2006 het die RER 451 miljoen passasiers op die RER RATP netwerk vervoer.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]