Pionierspark
Voorkoms
Pionierspark | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 22°35′28″S 17°04′04″O / 22.59111°S 17.06778°O | |
Land | Namibië |
Streek | Khomas |
Stad | Windhoek |
Kiesafdeling | Windhoek-Wes |
Skakelkodes | 61 |
Pionierspark is ’n groot suidelike voorstad van die Namibiese hoofstad Windhoek. Pionierspark word begrens deur Tauben Glen en Hochlandpark in die noorde, die Suidelike Nywerheidsgebied en die Eros-lughawe in die ooste, Academia in die suidooste, die Universiteit van Namibië se kampus in die suidweste en Pionierspark Uitbreiding 1 in die weste.
Dit is in die tweede helfte van die 20ste eeu ontwikkel.[1] Die voorstad is hoofsaaklik vir residensiële gebruik,[2] maar bevat ook die hoofkampus van die Universiteit van Namibië.[3] Ander geriewe sluit 'n begraafplaas in[4] en die Katolieke Kerk van St. Boniface, gebou in 1928, wat tot 'n nasionale monument verklaar is.[5]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jenny, Hans (1976). South West Africa: land of extremes. South West African Scientific Society. p. 90. ISBN 978-0-949995-11-7.
- ↑ Bulpin, Thomas Victor Bulpin (1970). Discovering Southern Africa. Books of Africa. p. 703. OCLC 221754351.
- ↑ Diener, Ingolf; Olivier Graefe (2001). Contemporary Namibia: the first landmarks of a post-apartheid society. Gamsberg Macmillan. p. 144. ISBN 978-99916-0-274-5.
- ↑ "Namibian Men Bury 'Mr Violence'". The Namibian. 10 Maart 2003. Besoek op 31 Oktober 2009.
- ↑ Vogt, Andreas (2004). National monuments in Namibia: an inventory of proclaimed national monuments in the Republic of Namibia. Gamsberg Macmillan. p. 150. ISBN 978-99916-0-593-7.