Stanford
Stanford | |
---|---|
Die ingang na Stanford | |
Koördinate: 34°26′30″S 19°27′20″O / 34.44167°S 19.45556°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Overstrand |
Stigting | 1856[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,92 km2 (1,51 vk. myl) |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 4 797 |
• Digtheid | 1 224/km2 (3 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 60.3% |
• Swart mense | 29.1% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 65.8% |
• Xhosa | 25.3% |
• Engels | 6.7% |
• Ander | 2.2% |
Poskode (strate) | 7210 |
Poskode (posbusse) | 7210 |
Skakelkode | 028 |
Stanford is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is reeds op 1865 op die plaas Kleinrivier uitgelê. Die plaas het behoort aan kaptein (later Sir) Robert Stanford.
Die R43-provinsiale pad gaan deur Stanford en die buurdorpe is Gansbaai en Hermanus.
Stanford spog ook met 'n mikrobrouery waar vyf soorte bier gebrou word.
Die Salmonsdam-natuurreservaat is naby Stanford. Die natuurreservaat is genoem na kapt. Salmond van die HMS Birkenhead.
Die plaaslike, eklektiese NG kerkgebou is ontwerp deur die argitek Wynand Louw.
Wapen
[wysig | wysig bron]Stanford se munisipale raad het in 1989 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In swart, drie silwer klimmende leeus, rooi genael en getong; op 'n silwer skildhoof 'n aronskelk en 'n protea met skuinsgekruiste stingels, alles van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n bokkop, en die wapenspreuk "Deus adjuvat nos".[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
- Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 29 Februarie 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Stanford". Sensus 2011.
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.